by

Die wit hond maak niemand meer bang.

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

My blindgebore spierwit Labrador is nou byna drie jaar oud en algaande vind ek uit dat die voels in my tuin

nie meer bang is vir hom nie. Die geelbek-luister is so grys-swart voel met geel bek en pote. Hy het eerste met

die ding begin.

n Labrador is n gebore jagter, op my blinde hond se kerfstok is twee muise, een rot, drie duiwe en n mossie. Hy

hoor hulle naeltjies op die sement of plaveisel en bekruip hulle dan. Die laaste meter of twee spring hy en hap

verwoed rond. Almal was bang vir hom. Tot so maand gelede, toe sien ek die geelbekluister het agtergekom hy

moet net op die grond of gras bly, dan hoor my hond hom nie. Hy wei tot byna n meter van Smooky af, tot Smooky

hom ruik, dan gee hy pad. Die gewone duiwe en rooi-oog bosduif bly bang vir Smooky. Die Hoep-Hoep is glad nie

bang. Hy wei  en pik sy erdwurms uit tot Smooky byna op hom is.

Die  vinke en “red -robin” het ook hulle gedrag verander, hulle gee vinnig pad vir die ander honde, maar as Smooky

alleen is vreet hulle rustig voort. Hy moet reeds baie naby wees voor hulle padgee. Die eienaardigste is die Kuifkop

Houtkapper . Hy wag tot Smooky baie na aan hom is, dan lig hy nog sy kuif en rys sy nekvere asof hy wil baklei.

Hy hop dan nes die Hoep-Hoep bo-oor die hond en vreet aan die ander kant terwyl Smooky hier duskant op die

grond snuffel. Al hierdie voels tree heeltemaal anders op teenoor die gesonde en siende Labradors, vir hulle is 

hulle baie versigtig en bly op n groot en veilige afstand.

Gister toe kom n klein swerm van daai grys leeu-spreeus om uit Smooky se vlekvryestaal bak die krummels

hondekos te kom vreet. Smooky le daar naby in die son en slaap, hy hoor hulle bekkies se pik geluide in sy bak          

en storm ; amper een gevang ook. Toe le hy daar met sy voorpote om sy bak geklem en knor vir die blikslaers

wat hom bo uit die peulboom koggel. Met een stertveer van n leeuspreeu nog in sy bek.

Hy kan maar net sy goed wat baie na aan hom is, beskerm. Kan ook net die prooi bespring wat byna teen hom staan. 

Amper soos ek.

7 antwoorde op Die wit hond maak niemand meer bang.

  1. Dis wonderlik hoe aanpasbaar die diere is!

    Amper net soos jy?
    Dink ek smile maar liewer…. ; )

  2. As een sintuig verlore is, is die ander beter ontwikkel. Kennisse se seun het as jongeling blind geword en sy gehoor het so skerp geword, die ander kinders wou nie meer saam met hom donkerkamertjie speel nie. (Ek weet nie wat hom makeer het nie, maar hy sien vandag weer)

  3. So ‘n mooi possie die!

  4. Outop, klink my jy begin te ‘claim’ om oud te raak. ek begin worry oor jou. ek sê jou wat, as ek weer in SA kom gaan soek ons ‘n valskerm op …..

  5. abrham het gesê op Augustus 18, 2011

    ons ‘allie’ was net so liefde vol, gereeld haar kos met my peuter seuns gedeel. hulle aard nou na hul pa – hul blaf is erger as hul byt.

  6. Ou-Top het gesê op Augustus 19, 2011

    laaste op De Brug tussen n klomp blesbokke geland, dis net hoewe en asems en witpense hier om my. Sal graag weer wil spring, maar ek dink ou Peppi sal my van agter moet skop.Daar strike dit my nou, ou Peppi is ook al dood.Dan moet jy maar eesrte spring, Pruim, dan pluk jy my saam.

  7. Ek het so ‘n wit alsation!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.