by

Nou kom hier oorlog.

Augustus 14, 2011 in Sonder kategorie

Ja, ek is platgeslaan, nie net oor die Bokke verloor het nie, maar oor ander dinge ook. Hoekom skreeu ander wit

Afrikaners dan vir die Australiers? Ek kyk nooit n toetswedstryd alleen by die huis nie, ek gaan na n plek waar daar

ander mense soos ek is, wat ook wil skreeu vir die Bokke.

 So doen ek dan by n nabygelee Pub&Grill wat n ou vriend vir sy dogter gekoop het. Daar is maklik n honderd mense

almal gereed vir wraak oor ons verloordery daar onder. Ons loop voor en ons juig. Toe score die Ausies en n

groep van so twintig mense juig en klap hande. Hulle is jonk en groot en hulle drink groot bottels bier. As die

Ausies weer iets goed doen, juig hulle weer en klap hande. Hulle jou vir John Smit uit, vir Matfield en vir Jean De Villiers.

Van die ander raas met hulle, dit maak hulle net meer strydlustig en hulle al skreeu harder vir die Ausies, naderhand sommer vir elke beweging. Ek het te veel blouwildebees biltong saamgevat en gaan gee vir hulle n paar handevol. Miskien sal

hulle tot hulle sinne kom.

“Dankie Oom, maar ons skreeu nog vir die Ausies.” se een van hulle. Toe n Bok teen die einde n bal laat val terwyl ons besig was om die wendrie te gaan druk, toe lag en jou hulle die Bokke uit.

Ek ruil my Windhoek Lite in vir n dubbel Olaf Berg en Coke, want ek kan nie die afrigter van die Bokke bliksem nie,

ek gaan eerder een van die landsverraairers bliksem, ek moet net eers moed kry.

As Bismarck Du Plessis en Morne Steyn nie volgende keer in die beginspan is nie, gaan ek wragtag n brief aan die koerant skryf.

En volgende keer vat ek my duur skokmasjien saam, ek gaan nie weer vir n landsverraairer biltong gee en

hy stamp aan die einde van die wedstryd n klein Bok ondersteuner bo van sy stoel af nie.

7 antwoorde op Nou kom hier oorlog.

  1. abrham het gesê op Augustus 14, 2011

    ou top, jy gee seker nie om as ek vir die rooi bontes geskreeu het nie, ek doen dit al van ’68 af. lanklaas ‘n stukkie blou wilde bees geproe, beskryf die smaak, seblief tog ou top!

  2. Ou-Top het gesê op Augustus 14, 2011

    Nee, Abrham, om die waarheid te se ek het al n hele paar keer al vir die Rooibontes geskreeu, hier na aan die einde van n Curriecup. Nog nooit vir die Blou Bulle nie. Maar as die Bokke speel, dan vergeet ek van watter provinsie n speler is, dan is dit my land waarvoor ek skreeu.
    Blouwildebees se vleis is sag op die tong, byna soos beesvleis, nie daardie gesmoordgeit van n blaarvreter nie, daarom eet ek nie Koedoebiltong nie.
    Blaai nog soms deur Kiewietan, dan dink ek aan jou, ou vriend, jy kan dinge ver vorentoe sien kom. Dankie.

  3. Nee wat Outop, ek verstaan goed dat die Bokke hulle ondersteuning verloor, hulle speel ‘n soort Rugby wat niemand meer wil ondersteun nie. Nes soos Sumo stoei en “bull-fighting” minder aanhang kry, sal die soort dinosauris Rugby wat ons opdis ook steun verloor. Kyk in teenstelling wat die Ausies en NS met die bal maak, mens kan niemand verkwalik om dit te geniet en ondersteun nie.

  4. TS het gesê op Augustus 14, 2011

    *drukkie* moenie jou nou gaan staan en verongeluk nie.

  5. Hei – jy moenie dit te ernstig opvat nie – daai ouens trek net almal se kettings…

  6. Hou jou tog asseblieftoggie uit die geveg uit! Netnou raak die jongetjies vies vir jou en dalk…toemaar.
    ; )

  7. Ou-Top het gesê op Augustus 14, 2011

    Ja LOutjie, maar ek was maar altyd n sucker wat bereid was om te bloei vir my land. Wat ek nie gese het nie, se ek maar nou: By die tafeltjie naaste aan die deur het drie kleurlinge gesit, ek ken die een, hy werk hier by n bank waar my oortrokke rekening is. Hulle het soos ek enduit vir die Bokke geskreeu.
    Amper se ek nou: My fok… ek skaam my dood.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.