by

Drie woedes wat brand in ons land.

Augustus 6, 2011 in Sonder kategorie

Woede is n algemene ding in Afrika, belangrik ja, want ons geskiedenis wys hoe woede n land se toekoms telkens

verander het.  Ons witmense het n woede  oor wat nou met ons en ons land hier gebeur. Die swartmense het n

woede oor apartheid hulle nou nog arm en versukkel gelaat het,  al regeer hulle die land. Die kleurlinge het n woede

omdat hulle ook in die struggle was en nou geminag word, deur swatmense en sommige afrikaanse witmense ook.

Op TV luister ek na n kleurlingman wat 16 jaar in ballingskap was weens sy betrokkenheid by die struggle.

Oorsee het hulle vir hom glo gese, wat maak jy hier, jy is dan n kleurling. Nou terug in SA soek hy sy wortels op,

vra hy die kleurlingaanbiedster op TV:  Ek soek na my herkoms, wat was ons dan voor ons kleurlinge geword het?

Koi- San, toon sy eie navorsing. Hy wil weet en hy wil voel waar hy hoort en hoekom hy is soos hy is.  In sy

stem hoor ek die woede.

Woede het die manier om eers tot vergewing en versoeng te kom nadat dit uitgewoed is, uitgebaklei is. Bloed moet

eers vloei.

So maak maar reg die groot baklei le voor.

Al probleem wat ek hiermee sien is dat ons Afrikaners deesdae so onder mekaar baklei oor skuld of skiet dat

ons nie eers gaan agterkom hier kom nou n fight nie. Behalwe die wit vrou wat vanoggend in haar motor by die robot

na n geringe fout deur n swart man uitgeskel was tot by haar ouma, en die kleurling kennis wat vir my se hy bid in hul

Lutherse Kerk vir ons NG Kerk, ons Baptiste Kerke en ons APk kerke. En ek hoor woede in sy stem.

Dan plaas my buurman die cherry op die koek, deur netnou , toe ons so oor die heining n geselsie aanknoop.

” Ja, jy wou mos fokken ‘Ja’ stem, kyk waar sit ons nou. In kakstraat, man.” Ek sien die woede in sy oog.

Laat ons dan nou maar begin baklei tot almal se woede uitgewis is, die wat oorbly van ons reenboognasie

se nageslagte sal dan in vrede hier kan saambly.

7 antwoorde op Drie woedes wat brand in ons land.

  1. Ek staan ‘n volkstaat vir ons Boerevolk voor, presies om die redes. Tenminste as daai swart woede uitbars kan ons langs internasionale reels onsself verdedig en selfs oorgrens ons volksgenote beskerm.

  2. Neander het gesê op Augustus 6, 2011

    Goeie opsomming, maar jou laaste opsomming is ‘n hersenskim.

    Ek stem gedeeltelik saam met Blik, daar moet ‘n amptelike stuk grond wees vir elke groep wat vrywillig eenkant wil woon en werk. Geen dwang, vrywillig.
    Die vraag wie en waar?

  3. Ou-Top het gesê op Augustus 6, 2011

    Maar Blikkies,ons het dit mos al gedoen, n volkstaat, verdedig selfs buite landsgrense.

  4. Ou-Top het gesê op Augustus 6, 2011

    Ja, dit is maar net n hersenskim, net so ook met Orania, maar baklei gaan die klomp hier baklei.

  5. Ou-Top het gesê op Augustus 6, 2011

    Ek het bostaande maar half tong in die kies geskryf n halfuur nadat ek amper my buurman gebliksem het omdat hy op die oog af reg is en ek verkeerd was.

    Maar ek kan vir julle se, ek lees deesdae net een tydskrif en dis die Landbouweekblad. Dis positief al die pad, duisende jong seuns gaan boer en jy moet sien wat kry hulle reg. Nee, die boere gaan nog hierdie land red sonder om n skoot te skiet.

  6. Almal is altyd kwaad vir almal, smaak dit my.
    In ons huise, bure, familie, vriende.
    Kwaadwees is mode.

  7. Ou-Top het gesê op Augustus 6, 2011

    Is dit nie n eienaardgheid van ons samelewing vandag nie, Loutjie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.