by

Die springbok en die kiewiet.

Augustus 6, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer jy onwetend te na aan n kiewiet se nes kom spring die wyfie op en vlieg en val soos n gekweste

voeltjie al verder van haar nes. As kinders op die plaas het ons en die hond haar dan gejaag en gedink ons

kan haar maklik inhaal en vang. Na n halwe kilometer het ons gewoonlik doodmoeg opgegee. Tot Pa ons vertel

het sy makeer niks en doen dit aspris om ons weg te kry van haar nes.

Nou wonder ek of Pieter van die Bokke op n plaas grootgeword het, want dit  lyk vir my die swakstes

is oorsee gestuur net om te probeer om nie te ver te verloor nie, terwyl al die sterkes in die geheim daar

in Wes Transvaal oefen dat dit bars.

Hierdie plan van die kiewiet kan dalk werk.

5 antwoorde op Die springbok en die kiewiet.

  1. TS het gesê op Augustus 6, 2011

    mmmmm ek bly maar skepties oor die een …

  2. Trakie het gesê op Augustus 6, 2011

    :-))

  3. lora2me het gesê op Augustus 6, 2011

    Ek het vanoggend met die koerantlesery dieselfde gevoel gehad, maar ek weet darem nie of ‘n afrigter soveel skande en vernedering sal verduur om later die “regte span” in te bring nie. Ek vermoed meer dat die man met die lapa onder sy neus, soos iemand hom nou die dag genoem het, miskien maar nou “maak” asof dit heeltyd sy plan was … to save face, you know.;)

  4. Ek hoop regtig so, want as dit nie werk nie gaan die half black, all black geslaan word in die media.

  5. Ek kan jou nie vertel hoe ek hoop jy is reg oor die bokke nie …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.