by

Die knuppelslaner.

Augustus 1, 2011 in Sonder kategorie

n Vriend bel my, hy is moedeloos en wil net met iemand praat wat sal verstaan; kan glo nie die saak met sy vrou bespreek nie, want sy sal hom dood maak. Die  bank se rente op sy belegging was te laag en hy het n deel in n skema bele wat hom 3%

per maand betaal het, vir ses maande gereeld elke maaand, toe hou hulle op en speel bankrot.

Ek besef met n skok dat mans bo sestig nie meer kan huil oor n verlore liefde, verlore seun , slegte gesondheid of

oor die toestand van ons paaie nie. Net oor geld wat verlore geraak het kan hulle nog oor huil. Die ou is erg bedroef,

hy blameer die regering, die banke, die ekonomie en alles,  behalwe homself.

Ek vertel vir hom wat n vorige president van Amerika, ene Rooseveldt, destyds in n toespraak gese het. In Afrikaans

klink dit so.

” As jy vandag die persoon wat verantwoordelik is vir die meeste van jou probleme in hierdie lewe met n knuppel kon bliksem, dan sal jy die volgende ses maande in die hospitaal deurbring.”

Vir n paar oomblikke het hy half verward na my gestaar, toe staan hy op en se, ” Ek gaan haal vir ons elkeen n Windhoek Lite”.

7 antwoorde op Die knuppelslaner.

  1. TS het gesê op Augustus 1, 2011

    Eish… mense leer net nooit nie

  2. ja, sal vol bulte en knoppe anderkant uitkom

  3. Soms is ‘n light nie goed genoeg nie, soms is daar ‘n ekstra strong nodig vir al die trane…

  4. eros01 het gesê op Augustus 1, 2011

    Stem saam met Bileam.Hy het n sterk dop mampoer nodig. xR

  5. Ek is so eng en suinig as dit by beleggings kom, Ou Top. Hoop net ek doen die regte ding.

    Ek hou van Rooseveld se sêding!
    Gaan myself mismoer…:D

  6. Jip, die k*k wat jy vandag het, het jy heel waarskynlik gister self veroorsaak.

  7. bloukaap het gesê op Augustus 2, 2011

    dagsê Outop. jip ek dink ook ‘n proppie van die ysterwater gat dalk beter werk

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.