Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

by ou-top

Die wit hond maak niemand meer bang.

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

My blindgebore spierwit Labrador is nou byna drie jaar oud en algaande vind ek uit dat die voels in my tuin

nie meer bang is vir hom nie. Die geelbek-luister is so grys-swart voel met geel bek en pote. Hy het eerste met

die ding begin.

n Labrador is n gebore jagter, op my blinde hond se kerfstok is twee muise, een rot, drie duiwe en n mossie. Hy

hoor hulle naeltjies op die sement of plaveisel en bekruip hulle dan. Die laaste meter of twee spring hy en hap

verwoed rond. Almal was bang vir hom. Tot so maand gelede, toe sien ek die geelbekluister het agtergekom hy

moet net op die grond of gras bly, dan hoor my hond hom nie. Hy wei tot byna n meter van Smooky af, tot Smooky

hom ruik, dan gee hy pad. Die gewone duiwe en rooi-oog bosduif bly bang vir Smooky. Die Hoep-Hoep is glad nie

bang. Hy wei  en pik sy erdwurms uit tot Smooky byna op hom is.

Die  vinke en “red -robin” het ook hulle gedrag verander, hulle gee vinnig pad vir die ander honde, maar as Smooky

alleen is vreet hulle rustig voort. Hy moet reeds baie naby wees voor hulle padgee. Die eienaardigste is die Kuifkop

Houtkapper . Hy wag tot Smooky baie na aan hom is, dan lig hy nog sy kuif en rys sy nekvere asof hy wil baklei.

Hy hop dan nes die Hoep-Hoep bo-oor die hond en vreet aan die ander kant terwyl Smooky hier duskant op die

grond snuffel. Al hierdie voels tree heeltemaal anders op teenoor die gesonde en siende Labradors, vir hulle is 

hulle baie versigtig en bly op n groot en veilige afstand.

Gister toe kom n klein swerm van daai grys leeu-spreeus om uit Smooky se vlekvryestaal bak die krummels

hondekos te kom vreet. Smooky le daar naby in die son en slaap, hy hoor hulle bekkies se pik geluide in sy bak          

en storm ; amper een gevang ook. Toe le hy daar met sy voorpote om sy bak geklem en knor vir die blikslaers

wat hom bo uit die peulboom koggel. Met een stertveer van n leeuspreeu nog in sy bek.

Hy kan maar net sy goed wat baie na aan hom is, beskerm. Kan ook net die prooi bespring wat byna teen hom staan. 

Amper soos ek.

by ou-top

Ek verlang die meeste na die kinders wat die verste van my is.

Augustus 14, 2011 in Sonder kategorie

Soos vanaand, ons praat altyd Sondae op Skype. Soms kry ek hulle nie in die hande nie, soos vandag.Dan

kry ek hierdie benoude en eensame gevoel in my hart. Australia is ver man, en ek het twee seuns en n

kleinseun van twee jaar oud daar. Dit gaan voorspoedig daar met hulle en ek gun hulle dit.

Maar dis ver, man, dis verskriklik ver.

Miskien word ek maar net hier op my oudag n regte klein sissie.

by ou-top

Nou kom hier oorlog.

Augustus 14, 2011 in Sonder kategorie

Ja, ek is platgeslaan, nie net oor die Bokke verloor het nie, maar oor ander dinge ook. Hoekom skreeu ander wit

Afrikaners dan vir die Australiers? Ek kyk nooit n toetswedstryd alleen by die huis nie, ek gaan na n plek waar daar

ander mense soos ek is, wat ook wil skreeu vir die Bokke.

 So doen ek dan by n nabygelee Pub&Grill wat n ou vriend vir sy dogter gekoop het. Daar is maklik n honderd mense

almal gereed vir wraak oor ons verloordery daar onder. Ons loop voor en ons juig. Toe score die Ausies en n

groep van so twintig mense juig en klap hande. Hulle is jonk en groot en hulle drink groot bottels bier. As die

Ausies weer iets goed doen, juig hulle weer en klap hande. Hulle jou vir John Smit uit, vir Matfield en vir Jean De Villiers.

Van die ander raas met hulle, dit maak hulle net meer strydlustig en hulle al skreeu harder vir die Ausies, naderhand sommer vir elke beweging. Ek het te veel blouwildebees biltong saamgevat en gaan gee vir hulle n paar handevol. Miskien sal

hulle tot hulle sinne kom.

“Dankie Oom, maar ons skreeu nog vir die Ausies.” se een van hulle. Toe n Bok teen die einde n bal laat val terwyl ons besig was om die wendrie te gaan druk, toe lag en jou hulle die Bokke uit.

Ek ruil my Windhoek Lite in vir n dubbel Olaf Berg en Coke, want ek kan nie die afrigter van die Bokke bliksem nie,

ek gaan eerder een van die landsverraairers bliksem, ek moet net eers moed kry.

As Bismarck Du Plessis en Morne Steyn nie volgende keer in die beginspan is nie, gaan ek wragtag n brief aan die koerant skryf.

En volgende keer vat ek my duur skokmasjien saam, ek gaan nie weer vir n landsverraairer biltong gee en

hy stamp aan die einde van die wedstryd n klein Bok ondersteuner bo van sy stoel af nie.

by ou-top

Die springbok en die kiewiet.

Augustus 6, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer jy onwetend te na aan n kiewiet se nes kom spring die wyfie op en vlieg en val soos n gekweste

voeltjie al verder van haar nes. As kinders op die plaas het ons en die hond haar dan gejaag en gedink ons

kan haar maklik inhaal en vang. Na n halwe kilometer het ons gewoonlik doodmoeg opgegee. Tot Pa ons vertel

het sy makeer niks en doen dit aspris om ons weg te kry van haar nes.

Nou wonder ek of Pieter van die Bokke op n plaas grootgeword het, want dit  lyk vir my die swakstes

is oorsee gestuur net om te probeer om nie te ver te verloor nie, terwyl al die sterkes in die geheim daar

in Wes Transvaal oefen dat dit bars.

Hierdie plan van die kiewiet kan dalk werk.

by ou-top

Drie woedes wat brand in ons land.

Augustus 6, 2011 in Sonder kategorie

Woede is n algemene ding in Afrika, belangrik ja, want ons geskiedenis wys hoe woede n land se toekoms telkens

verander het.  Ons witmense het n woede  oor wat nou met ons en ons land hier gebeur. Die swartmense het n

woede oor apartheid hulle nou nog arm en versukkel gelaat het,  al regeer hulle die land. Die kleurlinge het n woede

omdat hulle ook in die struggle was en nou geminag word, deur swatmense en sommige afrikaanse witmense ook.

Op TV luister ek na n kleurlingman wat 16 jaar in ballingskap was weens sy betrokkenheid by die struggle.

Oorsee het hulle vir hom glo gese, wat maak jy hier, jy is dan n kleurling. Nou terug in SA soek hy sy wortels op,

vra hy die kleurlingaanbiedster op TV:  Ek soek na my herkoms, wat was ons dan voor ons kleurlinge geword het?

Koi- San, toon sy eie navorsing. Hy wil weet en hy wil voel waar hy hoort en hoekom hy is soos hy is.  In sy

stem hoor ek die woede.

Woede het die manier om eers tot vergewing en versoeng te kom nadat dit uitgewoed is, uitgebaklei is. Bloed moet

eers vloei.

So maak maar reg die groot baklei le voor.

Al probleem wat ek hiermee sien is dat ons Afrikaners deesdae so onder mekaar baklei oor skuld of skiet dat

ons nie eers gaan agterkom hier kom nou n fight nie. Behalwe die wit vrou wat vanoggend in haar motor by die robot

na n geringe fout deur n swart man uitgeskel was tot by haar ouma, en die kleurling kennis wat vir my se hy bid in hul

Lutherse Kerk vir ons NG Kerk, ons Baptiste Kerke en ons APk kerke. En ek hoor woede in sy stem.

Dan plaas my buurman die cherry op die koek, deur netnou , toe ons so oor die heining n geselsie aanknoop.

” Ja, jy wou mos fokken ‘Ja’ stem, kyk waar sit ons nou. In kakstraat, man.” Ek sien die woede in sy oog.

Laat ons dan nou maar begin baklei tot almal se woede uitgewis is, die wat oorbly van ons reenboognasie

se nageslagte sal dan in vrede hier kan saambly.

by ou-top

Die knuppelslaner.

Augustus 1, 2011 in Sonder kategorie

n Vriend bel my, hy is moedeloos en wil net met iemand praat wat sal verstaan; kan glo nie die saak met sy vrou bespreek nie, want sy sal hom dood maak. Die  bank se rente op sy belegging was te laag en hy het n deel in n skema bele wat hom 3%

per maand betaal het, vir ses maande gereeld elke maaand, toe hou hulle op en speel bankrot.

Ek besef met n skok dat mans bo sestig nie meer kan huil oor n verlore liefde, verlore seun , slegte gesondheid of

oor die toestand van ons paaie nie. Net oor geld wat verlore geraak het kan hulle nog oor huil. Die ou is erg bedroef,

hy blameer die regering, die banke, die ekonomie en alles,  behalwe homself.

Ek vertel vir hom wat n vorige president van Amerika, ene Rooseveldt, destyds in n toespraak gese het. In Afrikaans

klink dit so.

” As jy vandag die persoon wat verantwoordelik is vir die meeste van jou probleme in hierdie lewe met n knuppel kon bliksem, dan sal jy die volgende ses maande in die hospitaal deurbring.”

Vir n paar oomblikke het hy half verward na my gestaar, toe staan hy op en se, ” Ek gaan haal vir ons elkeen n Windhoek Lite”.