by

n Briefie in n boek.

April 3, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer n boer sy plaas verkoop omdat sy seun nie wil boer en sy dogter se man nog minder; dan hou hy

lewensreg uit op die huis en n lappie grond om daar te bly tot hy doodgaan. Die nuwe boere het nie die huis

nodig nie, want hulle bly deesdae almal in die dorp.

So sterf n vriend van my twee jaar na sy vrou. Alleen het hy daar op die plaas gebly, uit eie keuse.Dogter in Kanada

en die seun in Australia. Het die afgelope jaar dikwels hier by my aangekom as hy die dokters besoek. Verlede maand

toe n week hier gebly, want hulle moes ondersoek en toetse doen, toe opereer en drie dae daarna is hy dood.

Ek bel sy suster daar van die hospitaal, iemand anders antwoord, die suster kuier in die Kaap, sal probeer om die

nommer te kry, want haar selfoon is af. Hy pas maar net die meenthuis op, is nie familie nie.

Ek stuur SMS na die seun, maar wat se n mens?. Bel my oor jou Pa, asb. Die dogter ook. My vriend se dood was

half onverwags, self vir die dokters. My vrou tref reelings, pak sy goedjies in, ek sit in n wagkamer met n boek wat my

vriend gelees het. “Fanie se veldskooldae”, geskryf deur PJ. Schoeman. Daar val n papiertjie uit, met potlood is

daar in bewerige handskrif groot geskryf:

in my lewe gesien hoe die winde waai net waar hul wil,

nooit uitgevind vanwaar dit kom

nooit uitgevind waarheen dit gaan

hom maar net  gehoor en gevoel

altyd geweet daar is n Wind wat oor ons waai

en Hy waai net waar hy wil.

Ek hoor die een verpleegster vra my vrou,” Is dit die oorledene se broer wat daar sit?”

My vrou se, nee, net sy vriend.

In my gedagtes dink ek,  ja, my broer, deur die Groot Wind  word ons aangedryf soos tolbosse  oor die vlaktes van die lewe.

Waarom en waarheen weet ons nie.

11 antwoorde op n Briefie in n boek.

  1. ‘n vriend in nood is ‘n broer…..

  2. Neffertiti het gesê op April 3, 2011

    Mooi loop!

  3. Maankind2 het gesê op April 3, 2011

    XXX

  4. HeavyHenry het gesê op April 3, 2011

    Nice!

  5. Geitjie1 het gesê op April 3, 2011

    Gelukkig was jy daar vir hom……….klink of hy maar alleen was.

  6. Spreuke sê daar is ‘n vriend wat nader as ‘n broer is. Sulke mense is maar baie skaars vandag. Dankie vir jou omgee- dit maak ‘n verskil in die gang van die wêreld, al sien jy dit dalk nie so nie.

  7. Ou-Top het gesê op April 3, 2011

    Tyd vat vriende en familie stadigaan weg van jou, deur ouderdom, siekte, kinders se behoeftes,finansies en selfs die toestand van ons paaie.Naderhand is dit net jy,jou katel, jou bedkassie, jou brille, jou pille jou hond, jou Bybel, jou telefoon, en die windpomp daar buite.
    As jy so iemand ken, gaan kuier of gaan haal hom vir n fliek, n basaar, visvang in n dam, n troue, enigiets, gaan haal hom net vir n dag. Selfs in die stad is daar baie sulke mense.

  8. SuritaBotha het gesê op April 4, 2011

    Trane in my oe vir al die ou mense wat sonder hulle kinders moet sterf oor die omstandighede in hierdie land

  9. Ai Ou Top, gaan gaan sommer hierdie week ‘n paar draaie ry wat agterwee geraak het.

  10. bloukaap het gesê op April 4, 2011

    dagsê Outop

  11. loudavisi het gesê op April 9, 2011

    xxx

Los ’n antwoord vir monicahaddad. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.