Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die stygende pryse van vleis veroorsaak konsternasie.

April 17, 2011 in Sonder kategorie

Suid-Afrikaners is n vleisvretende spesie, dis in ons genes. Vleis is nou so duur n ou traai enigiets wat effens na vleis smaak.

My tuinjong smeek my al weke lank vir n soutigheidjie, iets soos n baber of n karp, maar verkieslik n baber want die

het geen grate nie.

Die probleem is ou Thomas kom net Woensdae tuinmaak en ek kan net Saterdae gaan visvang. Ek mag glad

nie n baber in my huis bring nie, my Engelse vrou het nie op n plaas langs die Vaalrivier grootgeword nie en Polina die huisbediende het n abnormale vrees vir enige ding wat naastenby soos n slang lyk. Maar ek en Thomas maak n plan.

Hierdie tyd van die jaar as die blare val en in die swembad waai om alle filters en pype te verstop, trek ons n blou

seil oor die swembad. As ek nou sy twee of drie babers skelm daar kan ingooi sonder dat die vroumense dit sien,

kan hy en ek hulle woensdag met my ou lang bamboes visgaffel uit haak.

Daar gaat ek en ou Piet toe Saterdag met ons platannas en erdwurms na Krugersdrift dam. Hierdie tyd van die jaar vreet

die babers kwaai, want in die winter le hulle doodstil en slaap. Ons vang vyf, wissel so van 10kg tot 16kg vir die grootste een.

Ou Thomas kan party hou. Met die terugkomslag gooi ons eers petrol in by die garage, babers leef vir baie ure uit die water en

hulle slaan stert agter op die bakkie onder die seiltjie. Die petroljoggie loer en kan sy lus nie hou nie. Ons verkoop

twee daar vir R30 elk. Ons kon alles verkoop het, maar ek het Thomas belowe.

Pietman hou my vrou binne besig met slim stories en ek skiet langs die huis verby en gooi die babers vinnig in die swembad.

Hak die blou seil versigtig toe en stap met my engelgesiggie kombuis toe. Ons haal woensdag sonder dat iemand iets

verdags opmerk. Ek wys vroegoggend vir Thomas met my vingers ek het drie vir hom. Ons moet nou net versigtig wees, as my vrou dit sien sal sy geen kind of kleinkind in daai besmette water toelaat nie, sy sal die swembad  moet leegpomp en ek sal R2,000

se water moet koop. Polina is ons grootste gevaar, sy sal die hele buurt verskrik skreeu en dit sal wemel hier van polisie en

Fauna en Flora asook Chubb Securities.

Die kombuis en strykkamer is aan die ander kant van die huis, Thomas hou bewegings in die huis dop deur n venster,

ek gooi my kar se sleutels in die swembad en probeer dit kwansuis met die “gaff” uit haak. Maar ek se jou, daai babers le

asof hulle vas aan die slaap is, maar as jy hak is hy soos blits weg. Hulle bly ook meer in die diepkant en ek verneuk my elke keer omdat die bamboes onder water lyk of hy buig, my afstand skatting is heeltemaal uit. Ons gaan nie regkom nie.

Ek bel op my selfoon na my broer se seun. Hy is een van daai soort wat elke jaar Sordwana toe gaan, gaan duik en so nou en dan n vis skiet met sy pylgeweer. Hy is by die werk, kan tussen een en twee kom. Nou moet ek net die vrouens wegkry.

Ek bel gou Dischem, ja ons rumatiekpille het al laasweek gekom Ek gee geld vir my vrou, sy gaan ons pille haal

en dis daaikant van die stad. Sy is net weg toe roep ons vir Polina, die mies het gebel, Polina moet gou by die winkel

melktert kors gaan koop, my vrou het vergeet sy moet  bak vir more se bybelstudie. Als loop mooi man, en hier kom ou Frikkie

aan op sy motorfiets.

Die twee grotes le gou op die gras, maar daai kleintjie, hy is soos n geelslang op n warm sinkplaat. Ek se

naderhand vir Thomas hy moet die twee grotes solank vorentoe vat en in n swartsak onder n struik by die voorhek

versteek. Hy nael met n bloeinde baber in elke hand om die huis, reg in Polina vas. Sy gil en slaan, Thomas kom terug om die hoek met net een baber in sy hand. Ek storm om Polina te gaan bedaar, met haar omgedopte oe staan sy skreeuend by die

hek met n baber agter haar op die paving. Terwyl ek iets sinvols aan haar probeer verduidelik kom die buurvrou aangehardloop

sy beduie dat sy klaar armed response se knoppie gedruk het. En hier kom my vrou ook nou aan. Dis chaos.

Frikkie het intussen die verdomde, blitsige baber raak geskiet en sommer in die suurlemoen boom gegooi. Ek word soos n krygsgevangene in my eie huis ingelei,  van binne hoor ek hoe Thomas koebaai skreeu en met sy babers verdwyn, ek hoor ook hoe Frikkie vir die armed response ouens se, die buurvrou is hier binne , want hier by ons is daar blykbaar huismoles.

En Polina? Ja, sy staan daar vir almal en wys na skraapmerke op haar arm waar die babers haar glo gebyt het en dat sy nou oortuig is sy gaan sterf van die gif. Sy lieg want sy is beseer toe sy teen die yster motorhek vasgehardloop het.

Die ouens van armed response het seker n bietjie oefening nodig gehad, want hulle is rondom die huis. Daar val die half lewendige klein baber toe uit die suurlemoen boom en die swart konstabel tel hom op. Hy kom staan teen die ruit van my studeerkamer waar ek onder hewige kruisverhoor is. Hy wil weet of hy hom kan kry vir aandete.

Die kaptein van armed response kom in van die swembad se kant.

”  Oom wat se bloedkolle is daar in die swembad se water? Het Oom geskiet of iets?”

n Man moet weet wanneer  dit die einde van jou pad is, en hierdie is myne. Alle oe is vraend op my gerig.

” Ja,” se ek,” daar was drie lewendige babers in die swembad, en ek het hulle geskiet.”

Vir nog n minuut is almal doodstil, toe begin hulle vir mekaar kyk, en toe begin hulle lag.

Almal, behalwe my vrou en Polina.

Ek dink ek moet onder gewapende begeleiding van die armed response kommando hier uitstap en by ou Piet n kortetjie gaan drink.

Profile photo of ou-top

by ou-top

n Briefie in n boek.

April 3, 2011 in Sonder kategorie

Wanneer n boer sy plaas verkoop omdat sy seun nie wil boer en sy dogter se man nog minder; dan hou hy

lewensreg uit op die huis en n lappie grond om daar te bly tot hy doodgaan. Die nuwe boere het nie die huis

nodig nie, want hulle bly deesdae almal in die dorp.

So sterf n vriend van my twee jaar na sy vrou. Alleen het hy daar op die plaas gebly, uit eie keuse.Dogter in Kanada

en die seun in Australia. Het die afgelope jaar dikwels hier by my aangekom as hy die dokters besoek. Verlede maand

toe n week hier gebly, want hulle moes ondersoek en toetse doen, toe opereer en drie dae daarna is hy dood.

Ek bel sy suster daar van die hospitaal, iemand anders antwoord, die suster kuier in die Kaap, sal probeer om die

nommer te kry, want haar selfoon is af. Hy pas maar net die meenthuis op, is nie familie nie.

Ek stuur SMS na die seun, maar wat se n mens?. Bel my oor jou Pa, asb. Die dogter ook. My vriend se dood was

half onverwags, self vir die dokters. My vrou tref reelings, pak sy goedjies in, ek sit in n wagkamer met n boek wat my

vriend gelees het. “Fanie se veldskooldae”, geskryf deur PJ. Schoeman. Daar val n papiertjie uit, met potlood is

daar in bewerige handskrif groot geskryf:

in my lewe gesien hoe die winde waai net waar hul wil,

nooit uitgevind vanwaar dit kom

nooit uitgevind waarheen dit gaan

hom maar net  gehoor en gevoel

altyd geweet daar is n Wind wat oor ons waai

en Hy waai net waar hy wil.

Ek hoor die een verpleegster vra my vrou,” Is dit die oorledene se broer wat daar sit?”

My vrou se, nee, net sy vriend.

In my gedagtes dink ek,  ja, my broer, deur die Groot Wind  word ons aangedryf soos tolbosse  oor die vlaktes van die lewe.

Waarom en waarheen weet ons nie.