by

Ons sal lewe en ons sal sterwe.

November 25, 2010 in Sonder kategorie

n Paar blokke van my huis word n jong vrou wreed verkrag en toe vermoor, sommer hier tussen ons; kinders loop daai pad skool toe. Haar liggaam lê in die gras, daar is meswonde en bloed. By haar huis wag twee jong kinders op hul ma. Hoe verskriklik het sy geveg om te lewe, hoe hard het sy tevergeefs om hulp geroep, hoeveel van die lafaards was daar. Met tande en stukkende naels het sy geveg tot die dood. Saluut arme dapper vrou.

Slegs twee dae tevore word n kennis van my in sy huis wakker, daar is inbrekers in die huis, sy dogter het ounag dors geword en yskas toe gegaan, sy hoor iets in die voorhuis.

“Ma, is dit jy?”

Hulle antwoord wragtig. Seker gesê, “Nee dis ons”.

Sy skreeu, die pa storm kaalhand uit sy kamer, die inbrekers het rewolwers, die pa slaan, hulle skiet aanmekaar, die jong seun kom help slaan, sy vrou ook. Die pa en ma word elk twee keer raakgeskiet. Hulle hou aan veg, die inbrekers gee naderhand op en vlug.

In die hospitaal sê die ma dat die een skoot haar knieg getref het, die ander een haar voet. Gelukkig is die skoot op haar voet presies daar waar sy n lastige liddoring het. Dis skoon weg, sê sy, nou hoef sy darem nie vir n operasie te gaan om die liddoring te verwyder nie.

Ja, verstaan ons goed, hier sal ons blymoedig veg tot ons sterf.

5 antwoorde op Ons sal lewe en ons sal sterwe.

  1. zephur het gesê op November 25, 2010

    Of ons veg of ons sterf…want ophou gaan hulle nie

  2. zephur het gesê op November 25, 2010

    Hallo Ou Top ek was lanklaas hier by jou…

  3. Im with you never will i be executed ill die spitting my blood out of my mouth at my killer.

  4. !!!!!

  5. Ag dis miserable – mens kan maar net probeer om paraat te wees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.