by

Die gevaarlikste werk in Afrika.

November 7, 2010 in Sonder kategorie

n Mediese dokter of spesialis wat diens moet doen by staatshospitale, dis die gevaarlikste werk in Afrika.

En dit is hoekom algemene mediese praktisyns en spesialiste, swart of wit, die land in hordes verlaat.

Nou het dit my familie ook getref, hulle gaan Kanada toe, saam met die twee ses jaar oue seuntjies wat ek geleer

en windbuks skiet het.  My wereldjie word al kleiner, ou vriende sterf, jong mense verlaat die land. Soms is ek maar,

ander kere dink ek weer,  ag wat dan hou ek maar die fort hier, tot almal weer eendag terugkom.

Ons land se mediese sorg is besig om in duie te stort. Dokters aan diens word in die nag in hul werkplek

aangeval, beroof en verkrag. Getroude meisie dokters se mans gaan saam werk toe as haar persoonlike lyfwag.

Die owerhede maak net beloftes, sommige word kwaad oor die dokters wat so klae. Die aanvalle is nie die enigste nie,

daar is nuwe vreemde kieme wat bestand is teen byna elke antibiotaka op aarde. Die dokters by die trauma afdeling

kry n bebloede man in wat poepdronk en aggressief is, hy moet vasgedruk word om n inspuiting te kry. n Naald

tref die dokter in sy arm, hy het nou vigs of hepatitis B. n Ander jong dokter sit met n longvirus wat hulle nie dood kry nie.

Nee ek blameer die dokters nie, gee pad, vat julle vrouens en kinders en loop. As dit vir julle so moeilik word hier, wat

gaan vorentoe met julle kinders gebeur, hoe gaan hulle hier leef?. Nee wat, die kool is die sous nie meer werd nie. 

Miskien word dinge vorentoe dalk beter hier,maar ek weet nie, lyk vir my dinge word al erger.

Ons oudstes sal maar hier bly, soos in Zimbabwe. n Vriend wat onlangs daar gaan kuier het se vir my jy sien geen

jongmense daar nie, net  gehawende ou mense. Arm verbitterde oumense.

Intussen jaag die soustrein voort, Zuma se seun maak miljarde rand uit een slim transaksie, nou het hy regte

bekom om steenkool te ontgin op vyf plase daar waar ek teen die Vaalrivier grootgeword het, Goeie mielieproduserendde

plase. Daai boere kan maar trek. Alle mineraalregte behoort mos nou aan die staat. Een joernalis noem dit

kruipende anneksasie. Eers n myn, dan n woongebied, dan n plakkerskamp, dan gee die boer pad. Dit is dan die tweede

gevaarlikse beroep in Afrika,  om te boer.

Maar ons is nog hier, en solank ek kan praat sal ek praat, met die ou familie Bybel oopgeslaan hier op my lessenaar, op Psalm 23. Wit en swart Christene sal stry, ons sal stry en baklei vir die waardes van ons geloof.

Nou is dit van my gemoed af en ek voel al klaar beter, miskien is daar onder my mede bloggers enkeles wat

vanoggend voel soos ek voel.

Staan sterk in die kloof en maak oop julle se bekke.

6 antwoorde op Die gevaarlikste werk in Afrika.

  1. TS het gesê op November 7, 2010

    Daar is baie mense wat soos jy voel. Vir my is daar egter nie ‘n ander plek waar ek so myself kan wees as juis hier nie

  2. jannel1 het gesê op November 7, 2010

    Ek is met jou, maar ek het nie antwoorde vir ons onsekerhede nie.

  3. louisna het gesê op November 7, 2010

    Ai Top, ons voel almal hoe die soustrein in overdrive kom, maar wat kan ons daaraan doen?

  4. Ou-Top het gesê op November 7, 2010

    Vir my ook nie Tina, daarom sal ek hier donder en bliksem tot ek die dag neerslaan. En ek is nie eers n regse nie, nie eers in die middel nie, ek wil hande vat en saam bou aan n beter land as wat ons nou het.

  5. Voel gereeld so.

  6. zephur het gesê op November 12, 2010

    Ag en ons visvang plekke raak al hoe minder…by Harties vang jy ‘n drol…by Vaaldam ‘n halwe toilet

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.