Jy blaai in die argief vir 2010 November.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Ons sal lewe en ons sal sterwe.

November 25, 2010 in Sonder kategorie

n Paar blokke van my huis word n jong vrou wreed verkrag en toe vermoor, sommer hier tussen ons; kinders loop daai pad skool toe. Haar liggaam lê in die gras, daar is meswonde en bloed. By haar huis wag twee jong kinders op hul ma. Hoe verskriklik het sy geveg om te lewe, hoe hard het sy tevergeefs om hulp geroep, hoeveel van die lafaards was daar. Met tande en stukkende naels het sy geveg tot die dood. Saluut arme dapper vrou.

Slegs twee dae tevore word n kennis van my in sy huis wakker, daar is inbrekers in die huis, sy dogter het ounag dors geword en yskas toe gegaan, sy hoor iets in die voorhuis.

“Ma, is dit jy?”

Hulle antwoord wragtig. Seker gesê, “Nee dis ons”.

Sy skreeu, die pa storm kaalhand uit sy kamer, die inbrekers het rewolwers, die pa slaan, hulle skiet aanmekaar, die jong seun kom help slaan, sy vrou ook. Die pa en ma word elk twee keer raakgeskiet. Hulle hou aan veg, die inbrekers gee naderhand op en vlug.

In die hospitaal sê die ma dat die een skoot haar knieg getref het, die ander een haar voet. Gelukkig is die skoot op haar voet presies daar waar sy n lastige liddoring het. Dis skoon weg, sê sy, nou hoef sy darem nie vir n operasie te gaan om die liddoring te verwyder nie.

Ja, verstaan ons goed, hier sal ons blymoedig veg tot ons sterf.

Profile photo of ou-top

by ou-top

My hart trek met n punt.

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie tyd van die jaar wil n man op vakansie gaan, kan jy nie, soos ek vanjaar, dan droom jy maar oor dit wat was. Op vakansie by Santos Karavaanpark  daar in Mosselbaai. Vure wat laatmiddag aangesteek word, gesinne wat in karavane en tente kamp  sit buite op hul opvoustoele. Jongmense wat gaan stort en mooimaak vir vanaand se jol in die saal op Hartenbos.

En die seelug wat koel tussen tente deur waai. Musiek wat gemaak word, mense is plesierig, loop rond en almal gesels, jy ontmoet weer nuwe mense van orals deur die land. Sononder se stap op die strand, oestervretertjies met hul rooi bekke wat vir oulaas ietsie op die rotse kom aas. Moeders wat op hul kinders roep om nou klaar te speel op die strand, hulle moet kom was en eet.

Die reuke en die geluide, mense wat lag en klets, jillende kinders, vreugde en samesyn. Iewers speel iemand n banjo en nog een n trekklavier. Op die tafel in ons voortent is n bak vol perskes, mangos, druiwe en n spanspek.  Tuisgemaakte gemmerbier in kanne, koekies n n groot blik. My visstokke leun teen die windskerm, vroegoggend gaan ek probeer vir blacktail, elf of n mosselkraker, sommer hier voor langs die swemstrand waar die rotse begin.

Persente toedraai en ons krismisboompie met sy liggies word opgesit. Heelbo hang n beeldjie van n engel. Op die silwer klokkies is elke kind se naam geskryf.

Alles tervergeefs sê ou Salomo, alles tevergeefs. Maar ek verskil van hom, daardie dinge is in my kop en in my hart, ek het dit gehad en ek klou daaraan vas. Sonder dit kan ek nie meer ek wees nie.

Ek pas met graagte my eie huis en n lid van my familie se huis op hier oor Desember, want die wildehonde loop en snuffel in die nag, elke dag lees ek dit op die voorblad van ons koerant.

More haal ek en die vrou al ons ou albums uit, ons gaan hulle afstof en hier oor die feestye weer bekyk. Dan lag ons lekker saam oor die lekker tye en hoe ons almal verander het.

Nee, ou vriend, alles was nie tevergeefs nie. Ons het dit vir altyd hier in ons binneste.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die gevaarlikste werk in Afrika.

November 7, 2010 in Sonder kategorie

n Mediese dokter of spesialis wat diens moet doen by staatshospitale, dis die gevaarlikste werk in Afrika.

En dit is hoekom algemene mediese praktisyns en spesialiste, swart of wit, die land in hordes verlaat.

Nou het dit my familie ook getref, hulle gaan Kanada toe, saam met die twee ses jaar oue seuntjies wat ek geleer

en windbuks skiet het.  My wereldjie word al kleiner, ou vriende sterf, jong mense verlaat die land. Soms is ek maar,

ander kere dink ek weer,  ag wat dan hou ek maar die fort hier, tot almal weer eendag terugkom.

Ons land se mediese sorg is besig om in duie te stort. Dokters aan diens word in die nag in hul werkplek

aangeval, beroof en verkrag. Getroude meisie dokters se mans gaan saam werk toe as haar persoonlike lyfwag.

Die owerhede maak net beloftes, sommige word kwaad oor die dokters wat so klae. Die aanvalle is nie die enigste nie,

daar is nuwe vreemde kieme wat bestand is teen byna elke antibiotaka op aarde. Die dokters by die trauma afdeling

kry n bebloede man in wat poepdronk en aggressief is, hy moet vasgedruk word om n inspuiting te kry. n Naald

tref die dokter in sy arm, hy het nou vigs of hepatitis B. n Ander jong dokter sit met n longvirus wat hulle nie dood kry nie.

Nee ek blameer die dokters nie, gee pad, vat julle vrouens en kinders en loop. As dit vir julle so moeilik word hier, wat

gaan vorentoe met julle kinders gebeur, hoe gaan hulle hier leef?. Nee wat, die kool is die sous nie meer werd nie. 

Miskien word dinge vorentoe dalk beter hier,maar ek weet nie, lyk vir my dinge word al erger.

Ons oudstes sal maar hier bly, soos in Zimbabwe. n Vriend wat onlangs daar gaan kuier het se vir my jy sien geen

jongmense daar nie, net  gehawende ou mense. Arm verbitterde oumense.

Intussen jaag die soustrein voort, Zuma se seun maak miljarde rand uit een slim transaksie, nou het hy regte

bekom om steenkool te ontgin op vyf plase daar waar ek teen die Vaalrivier grootgeword het, Goeie mielieproduserendde

plase. Daai boere kan maar trek. Alle mineraalregte behoort mos nou aan die staat. Een joernalis noem dit

kruipende anneksasie. Eers n myn, dan n woongebied, dan n plakkerskamp, dan gee die boer pad. Dit is dan die tweede

gevaarlikse beroep in Afrika,  om te boer.

Maar ons is nog hier, en solank ek kan praat sal ek praat, met die ou familie Bybel oopgeslaan hier op my lessenaar, op Psalm 23. Wit en swart Christene sal stry, ons sal stry en baklei vir die waardes van ons geloof.

Nou is dit van my gemoed af en ek voel al klaar beter, miskien is daar onder my mede bloggers enkeles wat

vanoggend voel soos ek voel.

Staan sterk in die kloof en maak oop julle se bekke.