by

Ek doen toe my eerste woeste wilde ding op my Bucket List.

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Die die fliek, The Bucket List, was oraait, my net meer aangespoor om op my oudag n paar wilde dinge te gaan doen. Toe ek jonk was het ons net foefieslides oor die rivier gehad, nou se dae het ons mos Supertubes. Ek het die ding al so bekyk en gesien hoe geniet die jonges hulle daar, toe gaan traai ek dit….

Buurman se seun is n paramedic en was saam ingeval iets sou skeefloop. Was effens koel, toe leen ek n rubber duikpak

by n ander snaar. Die supertube is toegebou bo, half soos n grot en ek ly n bietjie aan engte vrees. Ek wou nie daar vassit nie en het toe skelm n bietjie sunlight liquid aan die duikpak gesmeer. Dit was n fout, ek is soos n geelslang op n warm sinkplaat deur daai tonnel.

 Toe ek  onder teen n verbysterende spoed na die eindgat seil, toe hoor ek my vrou skreeu,” Hier kom hy, o my hel

vang hom, hy gaan dwarsoor die poel trek! Keer! Keer!”

Ek slaan daai water in die  poel soos n plat klippie wat jy op die dam se water gooi, ek hop so bolangs. Maar ek maak dit met

baie genade en hulp van Bo. My asem is weg, my liggaam het die ritteltits, my oe brand en my handplams is nerfaf soos ek ysterklou in die tonnel probleer vasslaan het om my spoed te breek.

Nee, ek le nie in traksie nie, maar ek is styf, my ou geraamte is los geskud, die ou paar spiertjies wat ek nog het is verrek en seer.

Nee, ek wil weer deur my bucket list gaan, daar is n paar items wat ek moet skrap. Netnou verongeluk ek myself.

5 antwoorde op Ek doen toe my eerste woeste wilde ding op my Bucket List.

  1. Dapper {-;

  2. Ou-Top het gesê op Oktober 28, 2010

    Hey, manne , ek het nog nooit in n motor gery wat oor die 200 km per uur gaan nie. Ek het n ou gekry wat my volgende week vat. Hy vra nogal.
    “Wat is Oom se limit, 220 0f 240?”

    As my ou verkalkte are dit sal hou, 240.

  3. Berwick het gesê op Oktober 28, 2010

    🙂

  4. bloukaap het gesê op Oktober 29, 2010

    mooi dink oor die ‘skrap’. jy kan mos alles vermag. of hoe dan nou ….

  5. hahahaha!
    Ek sien jou al daar afgly, Ou Top!
    Gooi die bucketlys, dan sal ons se wat ons dink jy kan…..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.