by

Ek wil ook eendag na vreemde veraf plekke gaan om wilde woeste dinge te doen.

Oktober 24, 2010 in Sonder kategorie

Elke mens het seker in hom die avontuurlustige drang om eendag weg te breek en vreemde dinge

te gaan doen en te ervaar. Meeste van ons kom nooit daarby uit nie, ekself ingesluit. Dan dink ek

aan wat Shapespeare min of meer gese het.

” There is a tide in the affairs of men, taken by the flood leads on to fortune, omitted all their lives,

leads to shallow water and miseries.”

Wat sal ek op my oudag gaan doen, want ek voel ek het iets belangriks gemis. Ek ploeter hier in die

vlakwater rond en voel mislik. Sal ek in Kenia gaan werk as gids vir ryk toeriste wat natuurreservate besigtig.

Of n kaasmaker in Holland word, of gaan klas gee in die Ooste, tuinier vir iemand in Switzerland, beeswagter 

op n plaas in Texas, kroegman in Bali, kaartjies verkoop by n sirkus in Rusland.

Ek weet nie, ek dink nog, en dis so lekker om te dink, ek kan na enige plek toe gaan, as ek wil. As

ek net wil. Ek behoort op die internet te soek en ek behoort my vrou te vertel van my drang. Ek gaan wild en

woes raak van nou af.

Ja ek het haar toe vertel, sy het nou gery om vir ons n fliek te gaan uitneem by die videowinkel. Sy het  al

glo die fliek gesien, ek nog nie. Sy naam is THE BUCKET lIST.

Ek droom voort, afrigter van waterbuffels in Taiwan, om resies mee te jaag, gewilde sport daar. Die voer

van Bengaalse tiere by Luckhoff in die Vrystaat. Voelverskrikker by n perskeplaas naby Monteque in die Kaap,

trompetblaser vir walvis besigtiging in Hermanus, spoorsnyer op n Jagplaas teen die Molopo. Dinge loop wyd jong,

ek voel sommer gevaarlik vandag.

Wag hier kom sy nou met die fliek, sien dis nogal Walther Mathau en Anthony Hopkins.

Het jy al besluit waar gaan ons heen, wil sy weet. Nee, antwoord ek, maar ek vorder, is al op n kortlys.

2 antwoorde op Ek wil ook eendag na vreemde veraf plekke gaan om wilde woeste dinge te doen.

  1. Ek giggel vir die voelverskrikker speel!
    Ek het geen sulke behoeftes nie, Ou Top.
    Wonder of ek moet worry…

    Geniet die fliek, dis uitstekend.

  2. Almal moet ‘n kortlys hê. (Daai voëlverskrikker-ding klink….interessant…).)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.