by

“Afstand verander nie wat ek is nie”. Ware woorde Pruimtwak,

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

My twee seuns in Australia het byna met n geweer in die een hand en n visstok in die ander  hand grootgeword. Die een bly in die Noorde van Aus. en die ander ander een in die Weste van Aus. Sowat 3,500 kilometer van mekaar. Binne een maand

 bel  die oudste my en n week of twee later, die ander een.

Oudste Seun: Ons was vandag op n plaas waar hulle uitheemse diere skiet sodat die inheeemse diertjies weer kan terugkom.

                       Daar is drie baie groot boerbokke wat so wild soos koedoes is, hulle skiet mis en toe kwes hulle die een.

                       Ek vat die geweer by die amptenaar, dis nogal n Sako 270. Drie skote, toe is die gekweste ram en die ander

                       twee plat. Dis sommer hier op 150 meter Pa, hulle kannie skiet nie, en hulle kry bokkoors. Hulle soek aanmekaar

                       iets om op dooierus te vat, skiet naderhand oor die een ou wat effens buk se rug. Ek wou nog keer,

                       toe klap die skoot. Daai ou gaan nog lank doof wees.

Jongste seun: Pa ons vang Barrumundie visse in die rivier, lewendige aas aan die hoek. Ons dryf met die gety. Iets vat die aas ,maar ek voel dis nie n   Barramundie nie. Ding is hel sterk. Pluk hom uit aan die dik trace, water van die rivier is

bruin, kan nie diep sien nie. Dis n jong krokodil, hy hap en swaai sy stert. Vriend gryp sy stert vas, ek draai n tou om sy

                       bek en ons kon die hoek uithaal. Het n langer dunner bek as ons krokodille. Stuur vir Pa n foto op e-mail.

 So gaan lewe ons manne daar oorkant, afstand doen niks aan n Afrikaner seun.

4 antwoorde op “Afstand verander nie wat ek is nie”. Ware woorde Pruimtwak,

  1. Maak nie saak waar ons jong Suid Afrikaanse mans hulle bevind nie. Hulle kan hulle man staan!
    Jy kan met reg sommer baie trots wees op hulle.

  2. lisabeth het gesê op Oktober 23, 2010

    Pa en seuns.

  3. Nice!

  4. bloukaap het gesê op Oktober 25, 2010

    Dag Outop

    Vandag het ons ‘n ou vriend van my begrawe.

    Ek en Alberto was vir 11 jaar vriende. Ons seuns het saam onder elf begin rugby speel hier waar ek woon. Hy ‘n Catalan Spanjaard, en ek ‘n Afrikaner.

    Ons gesprekke was altyd oor rugby en in wese dan as gemenedeler die basis van ons vriendskap. Tog het ons ook die selfde lewenswaardes gedeel. En daaruit was die respek geskore en wedersyds. Hy as trotse Catalan, ek as Afrikaner. En of ons nou saam in Montagu, Barcelona of Jerusalem gebore was of sou ontmoet het, sou elkeen van ons steeds die selfde waardes onderskryf het.

    Nou, in hierdie geval, veronderstel ek het afstand seker ander betekenis. Maar waarookal Alberto Hernandez vandag is, vertel ek jou, sal hy die selfde siel wees.

    Groete

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.