by

n Nag van Aksie.

Oktober 16, 2010 in Sonder kategorie

Daar is n aanval, het reeds die polisie en sekuriteitsmense gebel, kom jy saam, my vrou wil nie hê ek moet alleen gaan nie. Ek weet dis twee uur in die nag, maar ……..

Dis die pleitdooi van n goeie vriend wat jare gelede n fabrieksgebou gekoop en verhuur het as pensioen. Goeie idee, vaste maandelikse inkomste  en n 10 % eskalasie op die huur per jaar. Maar toe verandering dinge hier en crime word n beroep vir gulsige werkloses. My vriend se gebou is in die nywerheidgebied teen die lokasie, sy goeie huurders het lankal reed uitgetrek na weeklikse inbrake en n paar rooftogte op betaaldag. Die gebou staan leeg tot my vriend uit moedeloosheid n Pakistani, n Nigerier en n Koreaan inneem as huurders teen amper verniet per maand. Hulle is almal wettig hier, het almal papiere wat dit bevestig. Hulle hou vooraad daar aan, hulle woon en slaap daar en bedags verkoop hulle die ingevoerde beursies, lyfbande, klere kepse en donkerbrille deur middel van smouse.

Daar gaan ons twee snare, haelgewere, spotlight, n wolfhond en n Jack Russel, ons gaan my vriend se huurders en sy eiendom beskerm teen poepdronk rowers en barbare. Die Nigerier is knaend op die selfoon. Hy gooi meer Franse woorde tussenin dat ek hom moeilik verstaan. Die volgende kon ek darem verstaan.

Nigerier: They hammering outside, they scream to open door. The now break window. Police must come, Bossy, you come help is. Plenty outside, gate is broken. Come Bossy, we die tonight.

Pakistani op selfoon: They want door open, they say burn. Many people outside. They kill.

Sjinees: Too much, to many, gate down, breaking door now. My wive and childeren very scared, come, you must come now with police.  We very, very scared.

Ons is net voor die sekuriteitsmense daar, maar ure voor die polisie.

Ons jaag in die jaart rond, lig met die spotlight, rowers, jong seuns, spat uitmekaar, die honde in die Nissan X Trail word mal, maar kan nie uit nie. Ek skiet met die pompaksie drie skote in die lug, lang vlamme uit die loop. Ek hoor nog skote, later vind ons uit dit was nie skote nie, die Pakistani het klappers by die stukkende ruit uitgegooi. Slim plan.

Daar is twee nat skaapvelle oor die doringdraad omheining gegooi, die sekuriteitshek by die voordeur is met koevoets uitgebreek. Die houtdeur is so te sê reeds oopgebreek. Daar lê n paar leë drankbottels rond.  Die mense binne het messe, n handbyltjie, pepersproei en die Nigerieer het die grootste panga wat ek in my lewe gesien het. Lyk amper soos n spitgraaf.

Die sekuriteitsmanne sê,” Derde een vanaand Oom, as dit effens reën op n Vrydag dan kom hulle. Ons weet al.”

Waar daar kontant en goedere is, daar sal die hiënas wees. Hulle ruik dit.

En moet nie dink hierdie was n dapper poging van ons kant af nie. Die groot rowers met die AK 47 gewere konsentreer op die banke, die supermarkte, die groot bottelstore en die geldvervoerders. Hierdie rooftogte in die nywerheidsgebiede in die nag is dronk kinders van so 8 tot 18 jaar oud. Vir hulle is dit byna n sosiale geleentheid, n outing vir die aand wat vir hulle geld in die sak kan bring. Hulle beskou dit as n beroep, n werk. Word hulle gevang is hulle as minderjariges  dadelik uit op borg onder die sorg van sy ouers.

Jare gelede het ek n boek gelees, “Waiting For The Barbarians”. Die inhoud daarvan het ek al byna vergeet maar nie die titel nie. Wonder wat het van die skrywer geword, is hy nog in SA?

6 antwoorde op n Nag van Aksie.

  1. TS het gesê op Oktober 16, 2010

    Hoop die is net ‘n storie!

  2. Maghitta het gesê op Oktober 16, 2010

    ja dit klink soos ‘n storie maar ons ondervind op die klein dorpies dat die ‘rovies’ hier geleer word om in te breek te roof en te steel en sodra hul ‘pass’ kan hul uitwyk na die groter dorpe en windhoek, dit is nogal hardseer,…
    soos TS se hoop dit is net ‘n storie want aarde waarheen is die wereld oppad

  3. Ag hel – sit so bietjie donshael in hulle holle in – dalk penetreer dit ver genoeg om hulle denke te verander.

    En Ja – waar die fok is die polisie? Vir wat betaal mens belasting?

  4. Dis erger as die grootste Shakespeare tragedie. En die ergste is dit gaan nooit regkom nie.

  5. Ou-Top het gesê op Oktober 17, 2010

    Nee Tina, ons sit agter ons witgepleisterde mure en lewe in droomwereld. Praat gerus met gewone sakemanne. OOr Radio Oranje het ons hierdie week gehoor van n ou wat in sy huis beroof is in n goeie woonbuurt. Die polisie vang twee,nog in besit van die man se bates. Hy vra dit terug by die polisie kantoor. Die antwoord van die polisie is glo: “We first have to get the persmission of the suspects to give it back to you.”

    Ja, amper sê ek, “My fok tog!”

  6. Ceara het gesê op Januarie 13, 2011

    Outop ek het baie lekker opgevang aan jou blog. Jy het hope skryftalent. Die skrywer van daardie boek “Waiting for the Barbarians” is JM Coetzee. Hy het het lank gelede Australie toe geimmigreer waar hy steeds bly. Die naam vir die boek het hy geneem van n gedig deur n beroemde Griekse digter, Cavafy.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.