by

Ek voel jammer vir jongmense en die oues van dae.

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

Ek sien hulle elke dag, die jong mense wat opgewonde uit hul ouerhuise getrek het en nou in n woonstelletjie op die 10de vloer bly met n werkie wat nie genoeg lewer as jy hul karretjie en kleredrag as maatstaf gebruik nie. Veral die arme meisies.

En die oumensies wat in hierdie semi-aftreeooorde bly wat maar klein  meenthuisies is met n verpleegster wat die siekeboeg beman. Ingehok sit hulle daar agter hoë mure en veiligheidshekke en tee drink op hul stoepie. Tuindienste hou die kompleks se tuine in stand. Hulle moet net in veiligheid daar asemhaal, eet en slaap. Dan vat hulle soms die bussie af na die waterfront vir nog tee en “scons”,

Albei groepe durf die lewe in hierdie land manmoedig aan, maar as jy n rukkie by hulle kuier en gesels kom jy agter alles is nie pluis nie. Die meisies in die woonstelle gaan selde uit, nie eers kafee toe na ses in die aande. As hulle n “date” kry is dit soos manna uit die hemel. Gaan alles oor veiligheid en sekuriteit sien jy.

Die in die semi- aftreeoorde kan nie meer alleen gaan fliek of selfs dieretuin toe gaan nie. Dis gevaarlike plekke nou. Selfs n besoek aan die Mall word in groepies gedoen.

In die algemeen is die enkel mans baie beter af as die enkelvrouens; die ongegetroude meisies, geskeides en weduwees. In hierdie land wil ek nie een van hulle wees nie. Verseker nie. En ek haal my hoed af vir hulle.

Soms nooi ons van hierdie vriende en familie na ons huis vir rugby kyk en n braai. Hulle kuier langer as “couples”, heelwat langer en hulle bel almal die volgende dag om dankie te sê. Ek braai maar vir hulle “chuck”, wors en maak pap met sheba.

Dis maar net iets wat ek deesdae in ons samelewing opmerk, en ek het nog drie seuns wat ongetroud is, jongste is 27 en oudste is 39. Lyk nie of hulle ooit gaan trou nie, hulle redes is slegte nuus vir enkel meisies, miskien materiaal vir n ander dag se blog.

Net die twee wat in Australia woon is getroud.

Ons lewe hier het verander. Laat n ou wonder oor dinge vorentoe,  laat n ou ook verlang na die dae toe dinge anders was..

8 antwoorde op Ek voel jammer vir jongmense en die oues van dae.

  1. …sad, maar waar!

  2. Dan sug ek van verligting dat ek hier woon, whatever die hitte!
    Skemeraand draf-stap die ou mense nog een-een of in pare hier by die hoewe verby. Hier gee mense nog om.
    Jy’s ‘n goeie ou Top!

  3. Neander het gesê op Oktober 15, 2010

    Eish, die lewe het regtig verander.
    Wat kan mens doen?

  4. TS het gesê op Oktober 15, 2010

    Nee wat die nie heeltemal so erg nie . Oumanese wat by hulle kinders woon kom baie keer minder uit as die wat in tehuise woon waar daar moeite gedoen word vir vermaak. Meisies alleen kuier met die vriendinne en gaan saam met vriendinne uit.
    As jy alleen is kan jy nie bekostig om bang te wees nie want jy sal jouself dood maak. Dankie dat jy/julle moeite doen om alleenmense te betrek.

  5. pasella het gesê op Oktober 15, 2010

    Dis ‘n jammerte as die lewe so ‘n jakkalsdraai met mens maak.

  6. lisabeth het gesê op Oktober 15, 2010

    Nee…jy hoef nie vir hulle (ou mense) jammer te voel as hulle die vermoe het om mall toe te gaan, maar dit nie alleen kan doen nie. Voel jammer vir die wat nie meer die vermoe (een en albei betekenisse) het nie. Die wat in kamertjies woon, vir wie semi-aftree-oord na vryheid klink.

    En oor die pap en sheeba…in hierdie plek waar ek bly is dit ‘n no-no, ‘n frons, en ‘n langtand…daarom vereet ek my aan my ma se pap en my pa se sheeba wanneer ek huistoe gaan.

  7. Ou-Top het gesê op Oktober 15, 2010

    Baie dankie vir al julle denke hier op papier gesit. Ek het vergeet om te sê, die meisies in Ausralia trou nie maklik nie, hule kan hulle vryheid geniet.Is ook maar n probleem.
    .En ek het aspris nie oor die oumense in hul kamertjies in snaakse geboue en agterjaarte gepraat nie, want dan wil ek huil.

  8. Maghitta het gesê op Oktober 15, 2010

    ja dit laat ment diep en ver terug dinge toe dinge nog anders was

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.