Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

by ou-top

n Goeie vrou is haar gewig in goud werd.

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

As ek pyn het op n Sondag gaan ek nie saam met my vrou kerk toe nie, sy gaan laai maar alleen die twee oumense van die

ouetehuis op en ek bly agter. Soms, as ek graag alleen wil wees soos vandag, dan lieg ek vir haar oor die pyn net om tuis

te bly. Ek wil graag ietsie in stilte oor my vrou skryf. Ek gee haar maar n skuilnaam hier, sy is nou Bella.

Toe ek haar ontmoet het as stadsmeisie was sy bang vir alle insekte en reptiele. Van bees of bokslag en jou eie vleis en

biltong maak het sy niks geweet en het gegril vir rou vleis en bloed. Dit was lank gelede, ek vertel nou maar net hoe ons

hierdie winter drie blesbokke gaan skiet het om ons eie biltong, droeewors en pasteivleis te maak.

Ons pak die vorige aand al alles in die treiler, sy het n lysie waarop ons werk, al ons proviand is netjies in plastiekhouers

met deksels gepak. Sy maak tot seker dat ek in my jagtrommel, my jagmes, knipmes, vleismesse, verkyker, pleisters

en staaldruppels het.

Vyfuur die oggend ry ons en net na sewe is ons daar. Dis n klein ou sandsteen plaashuisie waar alles met gas werk, die stoepie

is toegebou en het n ingeboude vuurmaakplek. Daar is bosse en rantjies al om jou. Sy pak al ons goedjies netjies uit in die

kombuis en lapa.

Die boer se seun is daar, ons gaan twee uur die middag jag.

Bella: Die Oom wil vanjaar voorle jag doen, hy loop te swaar nou

Boerseun: Lekker plek daar aan die kant van die groot rant, gaan tannie saam?

Bella: Natuurlik, ek gaan hom nie daar alleen laat le nie. Ek wil mos sien hoe skiet hy ons bokke.

So gaan ons leplek vind agter drie groot klippe aan die voet van die rant. Bella het n grondseiltjie, kombers en ons twee

opvou kampstoeltjies.  Dis koud, Boerseun ry so links om deur die plaas nadat ons die windrigting bepaal het. Bella het haar vinger gelek en in die lug gehou, ja, sy stem saam met ons die wind kom vanaf die weste.

Ons kry ons sitplekke en ek moet oor die klip aanle as die bokke verbykom. Ek is jammer vir my geweer se hout op die klip

en dink, demmit ek het die kussingkie vergeet. Daar haal Bella hom uit die groot rottangmandie ; sy glimlag net.

Boerseun het gevra ek moet die grootste ram met die wit horings probeer skiet, hy word te oud om te teel en hou die jong vrugbare ramme weg van die ooie. Bella loer deur die verkyker, ek so nou en dan deur my geweer se teleskoop.

Ons hoor hulle hoewe op die klippe van die rant eerste,voor ons hulle nog kon sien, hulle kom nie op die gelykgrond aan nie.

Bella fluister: Hier kom hulle verby, ja daar is hy, derde van voor, die een met die wit horings.

Ek; Is jy seker Bella? Is dit nie n groot ou ooi daai nie.

Bella: Man dis n ram, kan sy tossie ook sien.

Een skoot en daar  het ons vleis.

Bella haal n silwer plat botteltjie uit die mandjie, sy het wragtig skelmpies Old Brown Sjerrie saamgebring. En dit is so

blerrie koud.

Bella:  Vat n sluk Ou Top, mooi skoot, ons gaan skoon vleis he. Jy is n ou doring, man. Ag vat twee slukke, jy kan

die ander twee bokke more skiet.

Ja vriende, ek het Bella nooit gedwing om te verander om soos ek te  wees nie, sy het dit oor die jare self gedoen.

Nou sit ek en wonder hier, is dit omdat sy lief is vir my, of wou sy maar net uiteindelik konfrontasie vermy.

Lyk vir my ou Bellatjie  is rerig lief vir my.

by ou-top

Ek skrap item sewe op my Bucketlist weens onwelvoeglikheid..

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

Ja, my vrome suster en my vrou het het daarop aangedring dat ek item sewe op my lys skrap omdat ek

ek glo onwelvoeglik is. Min weet my suster en my vrou wat my oorlede ou swaer jare gelede daar in Taiwan

of Japan oorgekom het. Hy het dit altyd ewe vermaaklik vir my vertel as ons alleen was en aan n wyntjie gesuig het.

Swaer se storie het half so geloop en ek sou dit ook graag,voordat ek lang gras toe gaan , wou belewe.

Hulle  was so drie sakemanne wat deur hul firma Ooste toe gestuur is om sake doen. Om die aande om te bring,

eensaam daar in die vreemdes, het hulle een aand n plek besoek wat jou pamperlang, masseer en geheime salfies

en olies oor jou lyf smeer en jou spiere weer losmaak.

Vyf van die mooiste meisies op aarde per man en soos hulle nou van harde werk en hittige borrelbaddens warm raak,

raak hulle hier en daar van hul kleertjies ontslae.

Swaer het gese jy kan net n oog knip dan is daar vrugte in jou hand of n glasie wyn of so iets. En die hele tyd daar tuussen

marmer en varings speel daar sagte ping-pong musiek. Hy se dis die naaste aan die hemel wat hy ooit was, daai mooi meisie weet hoe om n man te dien. Ou Swaer het die storie baie vir my vertel, soms met n traantjie in die oog.

En sindelike ou ek, ek het altyd in verwondering geluister en gedink, eendag, die donder weet, eendag gaan ek dit ook

nog beleef. Net om myself te spoil.

Maar wat, dis te laat, vrome verkrampte verrimpelde ou  ek sal maar moet aanvaar dat sekere dinge wat ander belewe het,

nooit vir my beskore was nie.

En weet jy wat?  Ek gaan dit nie eers mis nie, nee, ek kyk na my ou vroutjie en ek sien hoe sy haar afsloof in

die lewe vir my en sy weet altyd waar het ek my pille en my brille laat le. En sy word al mooier vir my soos die

tyd aanstap.

Ek skrap item 7 met graagte.

by ou-top

Ek doen toe my eerste woeste wilde ding op my Bucket List.

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Die die fliek, The Bucket List, was oraait, my net meer aangespoor om op my oudag n paar wilde dinge te gaan doen. Toe ek jonk was het ons net foefieslides oor die rivier gehad, nou se dae het ons mos Supertubes. Ek het die ding al so bekyk en gesien hoe geniet die jonges hulle daar, toe gaan traai ek dit….

Buurman se seun is n paramedic en was saam ingeval iets sou skeefloop. Was effens koel, toe leen ek n rubber duikpak

by n ander snaar. Die supertube is toegebou bo, half soos n grot en ek ly n bietjie aan engte vrees. Ek wou nie daar vassit nie en het toe skelm n bietjie sunlight liquid aan die duikpak gesmeer. Dit was n fout, ek is soos n geelslang op n warm sinkplaat deur daai tonnel.

 Toe ek  onder teen n verbysterende spoed na die eindgat seil, toe hoor ek my vrou skreeu,” Hier kom hy, o my hel

vang hom, hy gaan dwarsoor die poel trek! Keer! Keer!”

Ek slaan daai water in die  poel soos n plat klippie wat jy op die dam se water gooi, ek hop so bolangs. Maar ek maak dit met

baie genade en hulp van Bo. My asem is weg, my liggaam het die ritteltits, my oe brand en my handplams is nerfaf soos ek ysterklou in die tonnel probleer vasslaan het om my spoed te breek.

Nee, ek le nie in traksie nie, maar ek is styf, my ou geraamte is los geskud, die ou paar spiertjies wat ek nog het is verrek en seer.

Nee, ek wil weer deur my bucket list gaan, daar is n paar items wat ek moet skrap. Netnou verongeluk ek myself.

by ou-top

Ek wil ook eendag na vreemde veraf plekke gaan om wilde woeste dinge te doen.

Oktober 24, 2010 in Sonder kategorie

Elke mens het seker in hom die avontuurlustige drang om eendag weg te breek en vreemde dinge

te gaan doen en te ervaar. Meeste van ons kom nooit daarby uit nie, ekself ingesluit. Dan dink ek

aan wat Shapespeare min of meer gese het.

” There is a tide in the affairs of men, taken by the flood leads on to fortune, omitted all their lives,

leads to shallow water and miseries.”

Wat sal ek op my oudag gaan doen, want ek voel ek het iets belangriks gemis. Ek ploeter hier in die

vlakwater rond en voel mislik. Sal ek in Kenia gaan werk as gids vir ryk toeriste wat natuurreservate besigtig.

Of n kaasmaker in Holland word, of gaan klas gee in die Ooste, tuinier vir iemand in Switzerland, beeswagter 

op n plaas in Texas, kroegman in Bali, kaartjies verkoop by n sirkus in Rusland.

Ek weet nie, ek dink nog, en dis so lekker om te dink, ek kan na enige plek toe gaan, as ek wil. As

ek net wil. Ek behoort op die internet te soek en ek behoort my vrou te vertel van my drang. Ek gaan wild en

woes raak van nou af.

Ja ek het haar toe vertel, sy het nou gery om vir ons n fliek te gaan uitneem by die videowinkel. Sy het  al

glo die fliek gesien, ek nog nie. Sy naam is THE BUCKET lIST.

Ek droom voort, afrigter van waterbuffels in Taiwan, om resies mee te jaag, gewilde sport daar. Die voer

van Bengaalse tiere by Luckhoff in die Vrystaat. Voelverskrikker by n perskeplaas naby Monteque in die Kaap,

trompetblaser vir walvis besigtiging in Hermanus, spoorsnyer op n Jagplaas teen die Molopo. Dinge loop wyd jong,

ek voel sommer gevaarlik vandag.

Wag hier kom sy nou met die fliek, sien dis nogal Walther Mathau en Anthony Hopkins.

Het jy al besluit waar gaan ons heen, wil sy weet. Nee, antwoord ek, maar ek vorder, is al op n kortlys.

by ou-top

“Afstand verander nie wat ek is nie”. Ware woorde Pruimtwak,

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

My twee seuns in Australia het byna met n geweer in die een hand en n visstok in die ander  hand grootgeword. Die een bly in die Noorde van Aus. en die ander ander een in die Weste van Aus. Sowat 3,500 kilometer van mekaar. Binne een maand

 bel  die oudste my en n week of twee later, die ander een.

Oudste Seun: Ons was vandag op n plaas waar hulle uitheemse diere skiet sodat die inheeemse diertjies weer kan terugkom.

                       Daar is drie baie groot boerbokke wat so wild soos koedoes is, hulle skiet mis en toe kwes hulle die een.

                       Ek vat die geweer by die amptenaar, dis nogal n Sako 270. Drie skote, toe is die gekweste ram en die ander

                       twee plat. Dis sommer hier op 150 meter Pa, hulle kannie skiet nie, en hulle kry bokkoors. Hulle soek aanmekaar

                       iets om op dooierus te vat, skiet naderhand oor die een ou wat effens buk se rug. Ek wou nog keer,

                       toe klap die skoot. Daai ou gaan nog lank doof wees.

Jongste seun: Pa ons vang Barrumundie visse in die rivier, lewendige aas aan die hoek. Ons dryf met die gety. Iets vat die aas ,maar ek voel dis nie n   Barramundie nie. Ding is hel sterk. Pluk hom uit aan die dik trace, water van die rivier is

bruin, kan nie diep sien nie. Dis n jong krokodil, hy hap en swaai sy stert. Vriend gryp sy stert vas, ek draai n tou om sy

                       bek en ons kon die hoek uithaal. Het n langer dunner bek as ons krokodille. Stuur vir Pa n foto op e-mail.

 So gaan lewe ons manne daar oorkant, afstand doen niks aan n Afrikaner seun.

by ou-top

Waar loop ons werklose kinders rond om geldelik te oorleef.

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

n Vriend van my seun kom gisteraand by ons braai. Hy is 36 jaar oud, ongetroud en was voorheen by Moord en Roof in ons Polisiediens. Moes plek maak vir ander en het daarna gesukkel om n goeie werk te bekom. Toe kom die ding van om op n patrollieboot te gaan werk aan die Ooskus van Afrika. Om seiljagte en skepe teen seerowers van die vasteland te beskerm. Ses weke op die see en twee weke by die huis.

Ons gesprek daar om die vuur loop so:

Ek:   Hoeveel is julle op die boot?

Matroos:  Net sewe Oom. vyf Marines en ons twee Suid Afrikaners. Die boot is maar so 22 meter lank, dis beknop daar.

Ek: Wat is die slegste daar?

Matroos:  Die beknopgeit, as n ou praat, hoes of poep, is dit sommer hier by jou. En die stilte en wagtery. Jy raak uitgepraat en jy wag vir die bliksems. Jy ry op en af en jy wag vir n oproep.

Ek :  Hoe is daai seerowers?

Matroos: Vreesloos my Oom. Hulle hou nie op nie. Hul bote is soms sulke klein bootjies wat glad nie seevaardig is nie, maar as hulle n boot in die oog het, hou hulle nie op nie. Hulle is taai en vreesloos. Daar waar hulle vandaan kom is die mense baie arm, hulle word as helde beskou, want hulle bring geld huistoe. Hulle is Heroes op die vasteland.

Ek: Hoe lank dink jy kan n man daar hou?

Matroos: Geteken vir n jaar, sal nie langer wil bly nie, al is die geld hoe goed. Nee daai beknopgeit en die wagtery vang n man. Jy vaar op en af, soms is daar reusagtige golwe. Daai seerowers kan wragtig op n oop see wegkruip laat jy hom nie sien nie. Daar is niks, dan ewe skielik hier is hulle. Hulle is niks bang vir die see nie, niks bang om dood te gaan nie en lus vir baklei. Hulle is daar om te roof.

Ek: Nou wat soek n man eerste as jy so van n boot afklim na ses weke?

Matroos: Eers jou balans weer kry, leer om nie so te wieg nie. Dis gou, dan soek jy mense, vriendelike mooi mense wat lag en Afrikaans praat. Dan n vuur en die reuk van beesvleis wat braai, dan weet jy alles is nou weer oraait met jou.

Ek: Nou spaar jy darem of blaas jy alles?

Matroos:  Nee, ek pak weg. Na n jaar wil ek n klein besigheidjie koop of een begin. En ek wil begin om vir my n vrou te soek.

Ja, vriende, net n gewone Vrystaatse boerseun wat weens omstandighede gedwing word om n baie ongewone werk te doen.

 Steeds lief vir sy land.

by ou-top

Ek, die Ou Top van Afrika , ek is n sondige ou man.

Oktober 17, 2010 in Sonder kategorie

Soms wanneer depressie en probleme soos n donker wolk oor my kom hang, dan bel ek my ou neef.

Gister het ek weer morbied geraak. Kan ons  more n plan  maak. Hy  weier nooit, want ons sit maar basies met dieselfde probleme. Ons kom vir twee ure bymekaar en behandel onsself vir depressie. Werk soos n bom, elke keer,  doen dit so een  keer in drie maande.

Ja, nog n kind het besluit hy gaan emigreer, toe kom die donker wolk. Neef moet kom help. Die vrouens moet kerk toe en daarna n gaar hoender by Pick en Pay gaan koop. Dan het ek en ou neef genoeg tyd vir ons dinge.

Ons behandeling werk so, dit kan net op n Sondag gedoen word en jy moet iemand by jou hê wat in dieselfde tydvak as jy jonk was. Daar moet nie mense wees waarvoor jy skaam gaan kry vir jou gedrag nie. Ons twee vrouens gaan kerk toe, ek en hy kom in my TV.  kamer bymekaar. In die somer bring hy n paar biere, in die winter n Olaf Berg. Ek het die CD wat ons op die TV speel. Hierdie Videos is op my versoek en my vrou se kontakte gemaak deur al die musiek  wat ek en my neef in ons jeug van gehou het, op een CD vas te vang. Van verskillende sangers. Ons rook elkeen n sigaar en maak n dop terwyl ons kyk na die videopnames. Ons sing saam, ons spring rond. Ek dink as my kinders n video hiervan moet sien emigreer hulle almal. Ander mense ons twee sou sien sal dadelik beraders en die polisiesielkundiges stuur.

Ja, ons raas my maat, ons sit die musiek kliphard, want my bure is ook in die kerk. Ek sal seker maar eendag in die hel beland hieroor, maar daarna voel ons albei so goed en jonk, en vol moed, sommer lus vir die lewe. Dit werk soos n bom, al jul jonger mense wat hier lees, kry dieselfde videos en sit dit op een CD vir jou Pa of Oupa vir Kersfees. Ons is die geslag wat die meeste suffer, vra maar vir Boetie is de Bliksem in. Dis ons geslag daardie. Maar weet julle ons het ook baie lekker tye gehad, baie lekkerder as julle.

Ek gee vir julle die volledige behandeling wat ons ou-toppe volg hier onder aan . Gebruik enige volgorde, maar wissel af tussen vinnige en stadige musiek, netnou slaan jou Pa morsdood neer. Party dele speel ons twee of drie keer, verhoog die impak, jy kan maar sê dis n dubbeldosis.

The Righteous Brothers met   – You have lost that loving feeling.

John Denver      – Sunshine on my shoulder en Country road.

Joe Cocker       –  Up to where we belong en With a little help of my friends.

Fats Domino          – Blue Berry Hill.

Elvis-   Shake rattle and Roll en Jailhouse Rock.

Chuck Berry    – Johny be good.

Buddy Holly    – That will be the day en Oh Boy.

The Big Bopper   – Chantilly Lace.

The Hollies-        He aint heavy he is my brother en Long cool woman in a black dress.

Jerry Lee Lewis       – Breathless.

Litlle Richard —      Long Tall Sally.

Creedence Clearwater revival— Bad moon rising{ het hom met eerste probeerslag per abuis uitgelaat}

Eddie Cochraine —  Summertime Blues en Dont blame it on me. Niemand kan soos hierdie kêreltjie beweeg nie.       

Roy Oberson-     Pretty woman.

Ons het dit vandag weer gedoen, en die vrouens het n bietjie vroeg teruggekom. Ons was besig met die laaste klanke van Eddie se Dont blame it on me. Jy moes hul gesigte gesien het. My neef is vlugvoetig van gedagtes, hy sit die musiek blitsig met die remote oor na Pretty Women van Roy Oberson, en hy gryp sy vrou en begin dans. My vrou wil met n skuins koppie weet hoekom staan die koffietafel daar teen die TV, dans ek en ou neef dan met mekaar.

Ek gryp haar maar en begin soos ou neef te dans op Prety woman se maat. Ek knyp haar op haar boud en sy bloos tot in haar nek.

“Orige ou man,” sê sy, maar ek ken haar,  sy geniet dit gate uit.

Die donker wolk is weg. Nou kan dinge maar weer kom soos hulle wil.

by ou-top

Willie die ” Grave-whisperer”

Oktober 17, 2010 in Sonder kategorie

Hy is effens vertraag, ou Willie, en hy is n vriend van my, hy werk een dag per week in die tuin by my werk. Hy gebruik nooit die woord “ek” nie, hy praat van Willie. Soos, ” Willie moet Vrydag vroeg by Friendly Grocer wees, dan kom die  1 kg pakke bene, as Willie laat is kry Willie net wit bene, Willie laaik rooi bene.”  Dis nou bene met n bietjie meer vleis aan. Willie glimlag baie meer as gesonde normale mense.

Willie maak n bestaan, hy is 45 jaar oud maar lyk 25. Hy is maer en seningrig, hy lag altyd en hy praat aanmekaar met homself. Ek het hom in die ou begraafplaas raak geloop toe ek en my vrou op skoonma se verjaardag blomme op haar graf gaan sit het. Drie grafte verder is daar n massiewe grafsteen van duur marmer. Dit moes n baie ryk man gewees het. Willie kom twee Saterdae n maand met sy blou skottel, sy borsel, lappe en Sunlight liquid en maak alles weer blink en mooi.

Ek en Willie gesels so met mekaar:

Willie: Nee hulle kom altyd die laaste Saterdag van die maand so tienuur vir Willie betaal en check of alles orraait is. Maar vandat die bliksems my baaisiekiel hier geroof het, is hulle bang, hulle kom net tot daar by die kantoor. Willie kry hulle daar, dan gee hulle vir Willie n lift tot naby my plek. Hulle is bang die tsotsis soek Wiilie se geld op payday. dan vat hulle sommer die BMW ook. Hulle betaal vir Willie R250 per maand.

Ek: Hulle kom nie meer tot by die graf nie?

Willie: Nee, Oom, daai mense is baie bang, hulle switch nie eers die kar af daar by die ou kantoor nie, Willie het hulle daai tip gegee, dan is ons is reg vir n getaway, en ek dink daai BMW kan move, my Oom. Willie het die seun al gevra om hom n bietjie juice te gee, maar hy wil nie, bang vir die ou vrou. He-he-he.

My vrou is gewoonlik so halfuur by haar Ma se graf. ek sit op my aluminium opvoustoel naby Willie, maar met my rug na hom. Ek luister hoe hy met die oorledene, praat. Willie gee glad nie om nie.

Willie: Neewat, Kareltjie, jy moenie stress nie, jou familie is maar net bang. Willie weet. Fokken tsotsis het al baie mense hier bul gevang.  Dis hoekom Willie sy skoene uittrek, kaalvoet, dis hoekom Willie sy sakke uitdop en buite laat hang. Hulle moet sien Willie het fokkel, dan los hulle vir Willie. Willie sien hulle daar onder die sipresse lê en gom snuif, hulle dink Willie is dom, maar ek sien vir hulle en ek weet wat hulle soek. Willie weet hulle soek nie n plastiekskottel en lappe nie. Hulle dink Willie is dom, maar Willie weet. Jy moenie stress nie Kareltjie,  Willie pas vir jou op, Willie hou vir jou skoon.

Ja, vriende, Willie bly in n bediende kamer agter die huis van familie. Hy betaal R650 per maand huur. HY het nie elektrieseteit nie, ook nie n stort of n bad nie. Hy het n toilet en die blou skottel en agter sy kamer het hy met n oliedrom n kontrepsie gemaak waarmme hy met ou koerante vir hom vinnig n bietjie warm water kan maak, of selfs ietsie kook.

Hy het een aluminium pot, die lyk al soos n wieldop waaroor n lorry gery het. More kry hy n goeie tweedehandse pot van die Ou-Top.

Want die Ou-Top hou van n man van durf en moed.

by ou-top

n Nag van Aksie.

Oktober 16, 2010 in Sonder kategorie

Daar is n aanval, het reeds die polisie en sekuriteitsmense gebel, kom jy saam, my vrou wil nie hê ek moet alleen gaan nie. Ek weet dis twee uur in die nag, maar ……..

Dis die pleitdooi van n goeie vriend wat jare gelede n fabrieksgebou gekoop en verhuur het as pensioen. Goeie idee, vaste maandelikse inkomste  en n 10 % eskalasie op die huur per jaar. Maar toe verandering dinge hier en crime word n beroep vir gulsige werkloses. My vriend se gebou is in die nywerheidgebied teen die lokasie, sy goeie huurders het lankal reed uitgetrek na weeklikse inbrake en n paar rooftogte op betaaldag. Die gebou staan leeg tot my vriend uit moedeloosheid n Pakistani, n Nigerier en n Koreaan inneem as huurders teen amper verniet per maand. Hulle is almal wettig hier, het almal papiere wat dit bevestig. Hulle hou vooraad daar aan, hulle woon en slaap daar en bedags verkoop hulle die ingevoerde beursies, lyfbande, klere kepse en donkerbrille deur middel van smouse.

Daar gaan ons twee snare, haelgewere, spotlight, n wolfhond en n Jack Russel, ons gaan my vriend se huurders en sy eiendom beskerm teen poepdronk rowers en barbare. Die Nigerier is knaend op die selfoon. Hy gooi meer Franse woorde tussenin dat ek hom moeilik verstaan. Die volgende kon ek darem verstaan.

Nigerier: They hammering outside, they scream to open door. The now break window. Police must come, Bossy, you come help is. Plenty outside, gate is broken. Come Bossy, we die tonight.

Pakistani op selfoon: They want door open, they say burn. Many people outside. They kill.

Sjinees: Too much, to many, gate down, breaking door now. My wive and childeren very scared, come, you must come now with police.  We very, very scared.

Ons is net voor die sekuriteitsmense daar, maar ure voor die polisie.

Ons jaag in die jaart rond, lig met die spotlight, rowers, jong seuns, spat uitmekaar, die honde in die Nissan X Trail word mal, maar kan nie uit nie. Ek skiet met die pompaksie drie skote in die lug, lang vlamme uit die loop. Ek hoor nog skote, later vind ons uit dit was nie skote nie, die Pakistani het klappers by die stukkende ruit uitgegooi. Slim plan.

Daar is twee nat skaapvelle oor die doringdraad omheining gegooi, die sekuriteitshek by die voordeur is met koevoets uitgebreek. Die houtdeur is so te sê reeds oopgebreek. Daar lê n paar leë drankbottels rond.  Die mense binne het messe, n handbyltjie, pepersproei en die Nigerieer het die grootste panga wat ek in my lewe gesien het. Lyk amper soos n spitgraaf.

Die sekuriteitsmanne sê,” Derde een vanaand Oom, as dit effens reën op n Vrydag dan kom hulle. Ons weet al.”

Waar daar kontant en goedere is, daar sal die hiënas wees. Hulle ruik dit.

En moet nie dink hierdie was n dapper poging van ons kant af nie. Die groot rowers met die AK 47 gewere konsentreer op die banke, die supermarkte, die groot bottelstore en die geldvervoerders. Hierdie rooftogte in die nywerheidsgebiede in die nag is dronk kinders van so 8 tot 18 jaar oud. Vir hulle is dit byna n sosiale geleentheid, n outing vir die aand wat vir hulle geld in die sak kan bring. Hulle beskou dit as n beroep, n werk. Word hulle gevang is hulle as minderjariges  dadelik uit op borg onder die sorg van sy ouers.

Jare gelede het ek n boek gelees, “Waiting For The Barbarians”. Die inhoud daarvan het ek al byna vergeet maar nie die titel nie. Wonder wat het van die skrywer geword, is hy nog in SA?

by ou-top

Ek voel jammer vir jongmense en die oues van dae.

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

Ek sien hulle elke dag, die jong mense wat opgewonde uit hul ouerhuise getrek het en nou in n woonstelletjie op die 10de vloer bly met n werkie wat nie genoeg lewer as jy hul karretjie en kleredrag as maatstaf gebruik nie. Veral die arme meisies.

En die oumensies wat in hierdie semi-aftreeooorde bly wat maar klein  meenthuisies is met n verpleegster wat die siekeboeg beman. Ingehok sit hulle daar agter hoë mure en veiligheidshekke en tee drink op hul stoepie. Tuindienste hou die kompleks se tuine in stand. Hulle moet net in veiligheid daar asemhaal, eet en slaap. Dan vat hulle soms die bussie af na die waterfront vir nog tee en “scons”,

Albei groepe durf die lewe in hierdie land manmoedig aan, maar as jy n rukkie by hulle kuier en gesels kom jy agter alles is nie pluis nie. Die meisies in die woonstelle gaan selde uit, nie eers kafee toe na ses in die aande. As hulle n “date” kry is dit soos manna uit die hemel. Gaan alles oor veiligheid en sekuriteit sien jy.

Die in die semi- aftreeoorde kan nie meer alleen gaan fliek of selfs dieretuin toe gaan nie. Dis gevaarlike plekke nou. Selfs n besoek aan die Mall word in groepies gedoen.

In die algemeen is die enkel mans baie beter af as die enkelvrouens; die ongegetroude meisies, geskeides en weduwees. In hierdie land wil ek nie een van hulle wees nie. Verseker nie. En ek haal my hoed af vir hulle.

Soms nooi ons van hierdie vriende en familie na ons huis vir rugby kyk en n braai. Hulle kuier langer as “couples”, heelwat langer en hulle bel almal die volgende dag om dankie te sê. Ek braai maar vir hulle “chuck”, wors en maak pap met sheba.

Dis maar net iets wat ek deesdae in ons samelewing opmerk, en ek het nog drie seuns wat ongetroud is, jongste is 27 en oudste is 39. Lyk nie of hulle ooit gaan trou nie, hulle redes is slegte nuus vir enkel meisies, miskien materiaal vir n ander dag se blog.

Net die twee wat in Australia woon is getroud.

Ons lewe hier het verander. Laat n ou wonder oor dinge vorentoe,  laat n ou ook verlang na die dae toe dinge anders was..