Jy blaai in die argief vir 2010 September.

Profile photo of ou-top

by ou-top

My bloed, my bloed.

September 25, 2010 in Sonder kategorie

My oudste seun se eerste kind is nou agt maande oud; n seuntjie en hy woon in Australia. Omdat ek outyds is, dra hy my volle name, soos my oudste seun. En is hy spesiaal vir my, maar hy is vêr , hy is donders vêr van my. Ek kuier by hom oor Skype, maar ek kan nie aan hom vat nie. Ons het nou net gegroet, baai-baai gesê.  In my binneste is dit  seer, donders seer.

Ek het hulle  forseer om vir hom n stoel te koop met n platform voor waarop hy al sy speelgoed, meestal diertjies pak. My eie  springbokkie staan ook daar. Hy kan nie uit hierdie stoel ontsnap nie. My seun en sy vrou mag net groet en dan moet hulle loop, dan is dit net ek en my kleinkind op die screen. As ek al sy aandag wil hê dan maak ek geluide soos n bosduif, of n visarend, of n uil of n jakkals. Hy hou die meeste van die visarend se geluid, dan storm sy Labrador hond ook nader. Ek is skaam om dit voor my seun te doen, maar so kommunikeer ek en my kleinkind dan. Soms pyn sy gums waar die tande begin, dan gryp hy so n snaakse rubberring en kou verwoed daaraan, maar hy hou nie sy oë van my af nie.

 Soms skreeu hy in babataal op my, dan maak ek weer  geluide en hy kraai van plesier. As ek my tong vir hom uitsteek, dan steek hy sy tong vir my uit. En ek vertel hom die heeltyd hoe oulik is hy en hoe verlang Oupa na hom. Ek vergeet dat my seun en sy vrou seker net oorkant uit die sigveld van die webcam is, maar ek gee nie om nie, solank ek net nie kan sien en hoor hoe lag die twee vir hierdie weird  optrede  van die kind se Oupa nie. Soms hoor ek hoe giggel hulle iewers in die agtergrond vir my en my kleinkind se manewales.

Vandag het ek gehoor my skoondogter sê saggies vir my seun, ” Hy word nou vaak en jou Pa sit en huil. stop dit nou.”

Ja Lou, amper sê ek ook, ag fok tog.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die wysheid van n ou Engelse dame.

September 24, 2010 in Sonder kategorie

My vrou se bybelstudie groepie hou n afsluiting net voor ons skole sluit. Op 58 jaar is my vrou die jongste daar, die ander is meestal sulke perskleurige ou tannies tot omtrent 90 jaar oud. Almal Engelssprekend. Ek is saam om vir my vrou skinkborde eetgoed te help dra en wou weer ry, maar die vriendelike klomp tannies sê nee, ek moet bly.

Op n stadium moes ek van die skinkborde in die kombuis sitkamer toe neem. Ek was nog in die gang, net om die hoek waar almal sit, toe ek die een ou tante van 83 ewe vrolik hoor sê:

” Now girls, a bit of advice for all of you that is going to travel around visiting friends, family and so on. Please remember the following:

1. Never pass a toilet: do your thing often so you do’nt have to bother people later on.

2. Never underestimate the effect of a fart, you could sit there in the car with red ears.

3. Last but not least, never ignore a good erection, you will always regret that later in your life!”

Ek het  daar in die gang onbedaarlik aan die giggel geraak en n hele paar van die klein sagte driehoekige toebroodjies uit  die silwer skinkbord op die vloer laat val. Terwyl ek hoor hoe die ander ou tannies, my vrou ingesluit, die ou Engelse dame luidkeels toejuig vir haar praktiese vakansie advies.

Nou sit ek hier en wonder, ek kan wragtig nie aan een van my vriende of my familie se vrouens dink wat so iets so vrolik sou kwytraak op n geselligheid vir vrouens nie. 

Ons Afrikaners is darem maar n stemmige en ordentlike  klomp mense, soms wens ek dat ons darem net n  bietjie meer…………….. nee wat, ek weet nie wat om dit te noem nie.

Miskien weet Abrham of Flenters.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Eers word dinge rof, dan rowwer en uiteindelik heeltemaal ……..

September 10, 2010 in Sonder kategorie

Ja, dinge raak nou heeltemaal befok. Laatlam en haar vriend is in die vredeliewende en mooie Kaapstad gekaap of ge-hijack, in die sekuriteits woonstelblok se ondergrondse parkeerarea. Twee snare met rewolwers en een wat bevele gee en grappies maak. Volgens Laatlam het dit agt uur die aand , net toe hulle uit die motor klim , omtrent so verloop. 

Die drie rowers het soos skimme uit die agtergrond verskyn.

Spokesman: Staan stil, of vrek. Ons soek die karsleutels, remote vir die hek,  laptop, selfone en ringe.

Laatlam se vriend: Is dit n joke? Bly julle ook hier?

Aldrie lag laat jy net tanne sien. Dan word die een vreeslik aggressief en slaan laatlam se vriend oor die kop met sy 9 mil pistool. Laatlam wil skop en byt, die vriend gryp haar vas.

Vriend: Hier, vat alles, as julle nie mind nie, haal net my ID en lisensie uit my beursie.

Vriend bloei nou, Laatlam wil nog skop en byt, vriend keer, sy vee sy bloed uit sy oë.

Vriend: Asseblief ouens, haal net my diktaat uit die tas, ek werk al twee jaar daaraan, ek is in my moer sonder dit. Asseblief tog.

Die kapers dra nie klapmutse nie, hulle is dieselfde ouderdom as die kinders. Hulle vat sy bankkaart en kontant, gooi die bestuurslisensie en ID kaart op die vloer.

Spokesman:  Julle sien, ons speel nie, ons is befok. Julle maak gou of julle vrek. Haal uit die selfone.

Hulle gee alles. Die diktaat word ook op die vloer gegooi.

Spokesman:  Nice, nou verstaan ons aanmekaar. Miskien die girl  hy wil saamgaan?

Laatlam:  Julle fokken honde!  Ek sal skreeu, ek sal baklei. Skiet my. almal sal hoor, hier gaan nou mense aankom.

Vriend:  Laatlam, bedaar, laat hulle gaan, hulle het alles, hulle soek net die kar en geld, en ons selfone. Moet nie met hulle praat nie.

Die rowers sê nogal goodbaai en klim in die kar. Dan  ry hulle by die hek uit met die kinders se remote control. Alles is verby. Die kinders leef, danksy die vriend se koelkop optrede.

Laatlam en die vriend sê dit was n eienaardige ervaring, amper vriendelik soos in gesels met mekaar, maar met agressiewe geweld wat oor jou hang soos n swart wolk. Hulle het die heel tyd die gevoel gehad dat die agressiefste een wat n permanete glimlag op sy gesig gehad het, enige tyd die sneller kon trek.

Hule is relatief ongeskonde, maar hier in Bloemfontein sit n Ma en n Pa wat dink en  worry.

Ons is kwaad en  en bekommerd.  Ons voel magteloos in hierdie befokte land van ons.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Dinge word rof.

September 1, 2010 in Sonder kategorie

Polisiemanne word aangekla van veediefstal, spietkops kollekteer afkoopboetes op die straathoeke, n sportheld slaan n dienaar van die gereg dood, Malema sê hy gaan een van die dae al die plase terugvat terwyl derduisende kinders ledig by die huise sit oorlat onderwysers staak vir meer geld.

Ek word tussen twee strate uit my eie onnoselheid vasgekeer deur twee kolonne stakers. My kar “idle” te lank en begin kook, ek skakel die enjin af en wil ook soos die ou voor my uit moedeloosheid op my kar se enjinkap spring om  op die betogers te  skreeu om pad te gee.

Ek probeer, maar met my ou verkalkte knieë kry ek dit nie reg nie, ek staan toe maar daar met hygende asem langs my kar en kyk hoe hulle sing en gil. Een frisserige en begeesterde dame merk my misnoë op en swaai haar massiewe agterkant jillend en minagtend na my terwyl sy so met die een hand op daai bultende boude klap.

Ek voel nog so in my sakke rond na iets om mee te gooi, toe onthou ek n voorval van byna n eeu gelede waarin ek betrokke was. Op die rugbyveld tydens n intvarsity tussen Kovsies en die Pukke, toe ek en drie ander studente na ons rugbyspan se oorwinning , vir die ondersteuners van die Pukke  n gesamentlike “brown eye” gegooi het.  n Genuine “brown eye”.

Gelukkig het die stakende dame darem nie n regte egte “brown eye” gegooi nie, ek glo nie sy kon nie, want ek reken dit het haar twee dae gevat om in daai “tight” Levy denim te kom.

So bly dinge maar dieselfde.