by

Ek en my vrou word aangeval.

Maart 20, 2010 in Sonder kategorie

Wat gebeur tydens n aanval op jou huis teen 2 uur die nag? Wel nou weet ek en my vrou ook, en ek is darem nog hier om daaroor te skryf.

Die blinde Labrador gee n blaffie binneshuis, vyf sekondes daarna is daar n helse slag van n groot venster wat breek. Al die honde en die bure se honde blaf. n Klip so groot soos n mens se kop is deur die ruit gegooi en drie mans is besig om een na die ander deur die die gat te kom.

 My vrou skreeu,” Hulle kom in, hulle is binne, hulle is klaar binne.”

My geweer lê naby, met kruppel knieë sukkel ek die gang af met my dapper vroutjie skreeuend langs my sy.

“Ons skiet julle dood!!”, skreeu sy.

Ek het vier koeëls in die geweer se magasyn. My vinger is op die sneller. Alles klink meteens harder en duideliker, selfs die bloed se geruis deur jou are, die hoor jy. Ek is gereed, ek gaan veg tot ek nie meer kan nie, ek gaan my huis en my vrou beskerm tot die dood.

Die deur is oop, die een wat reeds binne is gooi iets na buite en duik dan self deur die gat agter sy comrades aan. Die twee buite lag, dan vloek hulle op ons. Hulle weet ek mag nie buite skiet nie, dan is ek in die tronk. Ek is kwaad, ek is verskriklik kwaad. Ek skiet n waarskuwingskoot in die grond en hulle laat spaander oor die heining, rats soos wildehonde.  Die donker sluk hulle in.

Net my aktestas met my dagboek en n paar lêers is weg. Ons staar na die massiewe klip. Ons bel die polisie, ons bel die kinders wat ook in Bloem woon. Die polisie is eerste hier,  binne sewe minute.

Ek gaan troos vir Smooky die blinde hond. Ons is ongedeerd. Smooky het betyds geblaf.

Maar daar is n  wrang smaak in my mond vanmore. Ek kan sien my vrou is bang. Sy kon nie weer gaan slaap nie.

Ek sit en dink. Aan julle en aan ons land.

Hoekom vloek hulle op ons? Dis dan my huis, my meubels en my aktestassie.

En hoekom het dit vir my gelyk of hulle glad nie haastig is nie?

25 antwoorde op Ek en my vrou word aangeval.

  1. Ai, ai, ai.
    Jy was baie dapper. Sterkte met die helingsproses en ek is so dankbaar dat julle fisies ongedeerd is.

  2. jr_hewing het gesê op Maart 20, 2010

    baie sterkte. dis nie ‘n lekker ervaring nie.

  3. loudavisi het gesê op Maart 20, 2010

    F*k Ou Top!

    Dis absoluut verskriklik…

    Jy is jou vrou se hero.
    myne ook..

  4. Ou-Top het gesê op Maart 20, 2010

    Ja, die hond met die wit oë, Smooky. Dankie ou Smookels. Bewend en blaffend was jy daar, saam met my, in die voorste linie. En ek het nie eers geweet jy het sulke mooi sterk tande nie.

  5. Maghitta het gesê op Maart 20, 2010

    dit is erg en glo my dit gaan eers later tot jou deur dring,
    mens wonder wanneer gaan dit ophou?
    weerlose onskuldige mense moet boet
    waarvoor waarom hoemkom
    sterkte
    ons bid en vertrou dat di tnie weer sal gebeur nie. [dankie vir smooky en ons Hemelse Vader dat jul ongedeerd is]

  6. pasella het gesê op Maart 20, 2010

    Jene Ou Top, ek is bly julle is ongedeerd, danksy Smooky en jul kragdadige optrede.

  7. Trakie het gesê op Maart 20, 2010

    Die bliksems!!

  8. Ag foktog! Jirre, wanneer gaan dit ophou?

    GAAN dit ophou?

    Sterkte vir julle. Laat jou vrou aanhou praat tot die bang minder word. Gedeelde en oor-geprate vrees word mettertyd minder. Moenie toelaat dat sy in ‘n bang stilte verdwyn nie.

    Maar as mens daaraan dink, is ook DIT verkeerd. Hoekom moet ons die vrees so vinnig verwerk? Hoekom kom die bliksems net eenvoudig daarmee weg.

    Ek weet nie meer nie.

  9. ThinkFFS het gesê op Maart 20, 2010

    Hulle het gisteraand by my boetie hulle ingebreek in Pta. Hulle is by ma-le op Klerksdorp.
    Dink maar net so daaraan. Wat anders gaan hulle sê? Adrenalien pomp, en dit maak mens aggresief. Dis adrenaliem se job om dit te doen. So hulle gaan nie vrrom buite staan, sorry sê, en dan waai nie.
    Beef maar die sekuriteit op. Meer dief-wering, meer elektriese henings, harder alarms, meer buite ligte. Solank jou plek moeiliker is om by intebreek as jou buurman s’n, is jy ok. Dis hard, maar dis nou maar tuff.

  10. MarianaF het gesê op Maart 20, 2010

    Nee, Top. Jy moes geskiet het, hulle was onwettig in jou huis – al het jy net hulle kniee afgeskiet. Maar skiet MOET jy!!! Laat jou vrou ‘n polisie fluitjie om haar nek dra – dit maak ‘n vreeslike lawaai- en k….s skrik daarvoor

  11. Gharki het gesê op Maart 20, 2010

    Dit raak net erger elke dag. Ek is net dankbaar dat julle darem lewend daardeur is. Ek raak elke dag meer pessimisties oor die toekoms van ons land.

  12. Ek is bly julle is darem ongedeerd deur die situasie gisteraand… Dankie tog vir Smooky en adrenalien!

  13. Hou jou geweer nader aan jou en gebruik hom en skiet raak en kry vir Spooky nog pelle die hondekos wat jy koop is n belegging in jou lewe.Sterkte.

  14. maninblack het gesê op Maart 21, 2010

    Want hulle is donners DOMastrant!
    Ek is so bly julle is okay.

  15. Berwick het gesê op Maart 22, 2010

    Ek is jammer om dit te hoor. Sterkte vir julle.

  16. zephur het gesê op Maart 23, 2010

    Jinne Ou Top…

    Ja hul het alle vrese verloor en besteel en roof soos hul wil en wie hul wil…daar is geen gevaarligte vir hulle nie, dis nou amper ‘n stokperdjie geword.

  17. Ou-Top het gesê op Maart 24, 2010

    Ek wil net vir almal dankie sê vir julle bemoediggende woorde. n Vriendin in ons kerk en haar man is die nag na ons aangeval, hulle het erg seergekry. My weduwee suster se derde weg buurvrou is aangeval, ook in haar huis. Sleg seergekry. Loop asseblief lig my vriende, verskerp veiligheids maatreëls. Die duiwel is los.

  18. bloukaap het gesê op Maart 26, 2010

    vok vok vok vok

  19. karientjies het gesê op April 6, 2010

    My Pa is ook aangeval op die plaas…gekap met ‘n saag, byna verwurg met ‘n tou en toe gelukkig met gebede het die aanvaller nie die sneller getrek nie..”vandag skiet ek jou vrek” was sy woorde en my Pa het gesê “hoor jy daar.. ek hoor my vrou sy is oppad terug van die dorp”…’n gedruis buite…hy het weggehardloop…my Pa glo vas dit was die Here wat hom beskerm het….want Mamma was nie buite nie maar nog op die dorp. Sterkte vir julle !!

  20. bloukaap het gesê op April 9, 2010

    Outop, waadevok is jy?

  21. fouriesus het gesê op April 11, 2010

    Animals. God bless you and your wife and family. I am afraid for my own left in Africa.

  22. HeavyHenry het gesê op April 17, 2010

    Ag hel! Nou moet julle meer versigtig wees!
    En daai geskiet – doen dit gerus! Hy het mos ‘n wapen op jou gerig – die een wat sy makker opgetel en weggevat het – pure selfverdediging, seg ek jou…

  23. Ou-Top het gesê op April 18, 2010

    Nee wat jul bloeddorstige klomp, as hy nog buite is skiet ek net n waarskuwingskoot langs hom in die grond. Jy hoor net n knor en n geelstreep, dans hulle weg.

  24. HeavyHenry het gesê op April 18, 2010

    Ag selfs dan – dit was dan ‘n ligte ou mistykie – het gemik na die ou wat sy wapen op my gerig het, en gemis – toe hardloop die eerste een weg en toe hou ek op skiet want my lewe was toe nie meer in gevaar nie.

  25. HeavyHenry het gesê op April 18, 2010

    Omtrent enigiets kan werk – dis die tragedie van ons regstelsel – enige kakstorie is goed genoeg, solank daar nie getuienis is daarteen nie.

    Maak mens siek, want dis waarop die misdadigers vertrou

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.