by

Armgat en Banggat.

Maart 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek was maar net vyf weke landuit en by my terugkom groet ek vriende en familie en be-antwoord al hulle vrae oor Australia. Wat my dadelik tref is dat almal hier banger en armer lyk en voel as toe ek laas hier was. Van my eie familie en vriende het huise in die mark om in sogenaamde veilige aftree-oorde n meenthuisie te koop. Daar is ander wat probeer om klein werkies en ondernemings op die been te bring om ekstra geld te verdien. My eie vrou en haar vriendin maak klere vir jong meisies. My niggie en n maat bak nou koekies vir die boeremark. Want alles het nou so duur geword.

Maar daar is ander ook, die stil bedonderde Afrikaner, ek ontmoet hulle uit die aard van my werk. Hulle is bedrywig.  Die een smous vleis in Lesotho, die ander kap hout in Angola en verkoop dit in Johannesburg vir maak van duur meubels. Die een ou is daar onder waar die Oranje in die see loop doenig, die ander voer karre in, registreer in Namibie en voer van daar af uit hiernatoe. Een snaar verkoop goed tot bo in die Kongo. Die ander boerseun verkoop al sy vee wat nog nie gesteel is nie en plant olywe wat nie eers n blinkgat spreeu sal vreet nie. n Ander boerseun slaan oor na wild, moeiliker om te steel sê hy. Ander veebooere stig hul eie buurtwag, swart werkers op die plase werk ekstra ure as wagters, waar gaan hulle heen as die boer moet trek of begrawe moet word. Skoudae op plattelandse dorpe word al groter. Jong vrouens leer swart mense brei, klere maak, potte maak, selfs om huise te bou, skilder en van God.

Dis jong ouens hierdie,  vlak in hul dertigs, slim, fris, gesond, getroud met kinders,  kla niks, veg vir sy bestaan, berekend, planmatig, uitgeslape en onverskrokke. Die ou Voortrekkers se nasate. Geweld en bloed skrik hom nie af. Hy is taai en nuwe planne kan hy maak. Elke Sondag sien jy hom in die Kerk, met sy babadogter op sy skoot.

Platgeslaan en opgestaan. Tien keer sterker en slimmer as  wat my geslag voorheen was. Hulle moet hier oorleef, want hulle hoort in hierdie land, ons land se grond en water is in hul bloed. Stil en gevaarlik, soos n luiperd in die bos. Oorlewingsdrang brand warm in sy bors. Sy oog is skerp, sy kroos moet eet en veilig wees.

Terwyl Malema en sy speknek kamerade in hul dekadensie stik, swoeg hierdie manne stil en moedig voort. Ek wil vir hierdie manne sê, daar is honderde duisende Suid Afrikaners in Australia, meeste van hulle het  geweldpleging teenoor hom of n familielid hier in Suid Afrika persoonlik ervaar. Ek het baie van hulle daar ontmoet en elke een van hulle dink elke dag aan julle manne hier, met agting en met respek. Soms as daardie mans se vrouens en kinders nie by is nie, kom ek agter hulle is effens jaloers, hulle wil graag hier wees.

Vir hierde dapper jong manne van ons land staan ek vanoggend  alleen hier voor my lessenaar,  kop omlaag, hoed op die bors.

Saluut!

7 antwoorde op Armgat en Banggat.

  1. pasella het gesê op Maart 13, 2010

    Waar woorde Ou Top!

  2. kerneelsie het gesê op Maart 13, 2010

    “Hulle moet hier oorleef, want hulle hoort in hierdie land, ons land se grond en water is in hul bloed.”
    Dankie. Ek het dit nodig gehad.
    Want ja, ons HOORT hier.

  3. Mooi geskryf. Knop in my keel. Ja. Ek is ook trots op ons. Ons is inderdaad ‘n volk van planmakers en uit- en aanhouers.

    Ons het nie ander heenkome nie. Ons moet bly en die beste maak van ons pragtige land vol skelm en arrogante diktators.

    K 🙁

  4. Was nog altyd een van die wat se: hel ek bly in Afrika, ek wil nie hier weg gaan nie, dis in my bloed, my voorvaders het 350 jaar gelede al hier aangekom, dis my land net so veel as Malema sin en hy gaan my nie met sy rassisties aanslag hier uitkry nie. Maar deesdae weet ek nie so lekker nie….

  5. Ou-Top het gesê op Maart 14, 2010

    Boeretroos, twee van my vyf seuns sit daar in Australia.Diep in die nag wanneer almal slaap,dan huil ek soms daaroor, maar ek sal hulle nooit blameer nie. Nooit.

  6. fouriesus het gesê op April 11, 2010

    What a beautiful piece. I left South Africa 17 years ago and I am more afraid to go back each time. Not even taking my son this time around to visit my parents. It is incredible to see the absolute deterioration of society in just such a short time…. just affirms to me that “these people” do not write the symphonies and I am still looking for a place that they have left better thatn when they found it. Not hate speak – just a simple, puzzling observation. I guess this post will be deleted but feels good to speak out….. what the heck – we are going the same way pretty soon here in the USA. Sad thing to see that we are all asleep while it happens. It stinks being one of the only few out of the “Matrix”.

  7. skaawagter het gesê op April 18, 2010

    Jy praat my taal! Ons wortels is al diep in die harde droe grond ingegroei

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.