Profile photo of ou-top

by

Om n boek te lees.

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Jare al gaan ek en my vrou tussen Dingaansdag en nuwejaar nie weg van ons huis nie. Die meeste vriende en familie lê dan by die see of oor die see op goue strande en vakansie hou. So kry ek vir dae lank kans om te lees.

n Boek wat my diep laat dink het is “The Last Resort” wat n joernalis uit New York oor sy Pa en Ma wat nou nog in Zimbabwe n lewe probeer maak, geskryf het. Elke Suid Afrikaner behoort die boek te lees. Wat ek baie amusant gevind het is dat Cecil John Rhodes van Engeland en na wie Rhodesië vernoem was, destyds goud gevind het in Rhodesië. Hy word skatryk en stig naderhand in Suid Afrika die De Beers diamand groep. Hy is as biljoenêr oorlede en het n trustvonds gestig waarmee slim, arm kinders aan die Oxford Universiteit, London, verniet kon gaan studeer het. Nou ja, twee bekendes wat daarvoor gekwalifiseer het was; Bill Clinton, oud president van Amerika en die sanger Kris Kristopherson. Kan jy dit glo; ons goud en diamante wat met graaf en pik  meer as n eeu gelede uit Afrika se grond gegrawe is deur swetende en onderbetaalde boere, Xhosas , Zulus en Sothos, het die twee manne jare daarna in Engeland verniet laat studeer. Ja, en daar staan die klein windgat Billy toe later in die Whitehouse se breë gange en latswaai met onse geld in sy gatsak!

In n kortverhaal van die skrywer von Melle, lees ek dat tydens die Boere oorlog, nadat die plaashuise afgebrand was en vrouens met hul kinders na konsentrasiekampe geneem was; n swart vrou wat as bediende op n plaas gewerk het, uitgevind het in watter konsentrasiekamp haar miesies en die kinders aangehou was. Sy het myle gestap en daar by die Engelse garnisoen aansoek gedoen vir werk as skoonmaker, en dit ook gekry. Sy moes haar eie grasbesem gebruik en het daarin allerhande kruiemiddels vir verkoue, maagaandoennings, borskwale en luise weggesteek vir haar nooi en dan vergeet sy die grasbesem daar in die kamp waar die mies dit kan sien en neem. So het die groepie die gevangenisskap oorleef.

Die swart bediende en die boervrou het dit vreemd gevind dat tussen die Engelse soldate daar heelwat wit boere was wat vir die Engelse soldate gewerk het. Hulle het bekend gestaan as die ” joiners”.   Maar onder die boeresoldate het hulle bekend gestaan as die ” kieriemeide”. Lyk vir my asof die Engelse hulle ook nie heeltemaal met n geweer vertrou het nie.

Ons bly in n interresante land.

Toe gaan kyk ek ook nog die fliek  20 12  en wragtag, die aarde vergaan en die moderne ark vaar weke rond op soek na land, hulle kry net een stuk grond wat bo die water staan, die Drakensberge in Afrika.

Nee wat, ek hou lekker vakansie hier by die huis.

3 antwoorde op Om n boek te lees.

  1. Ou Top, dit is interessant om van ons geskiedenis te weet.
    Ons bly ook liewer tuis.

  2. Trakie het gesê op Januarie 3, 2010

    Wonder ek nou skielik of daar dalk ‘n wit boer of twee onder die dekmantel van “joiner” op die Engelse gespioeneer het. Seker nie ….

  3. Berwick het gesê op Januarie 3, 2010

    Ek is pas klaar met “The Last Resort”. Het baie daarvan gehou. Om een of ander rede was ek aanvanklik bang die boek gaan meer oor die skrywer gaan as oor sy ouers. Maar sy skrywe gaan oor soveel meer as net hul situasie. Puik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.