Profile photo of ou-top

by

Net n dankie sê.

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Aan almal wat my ou simpel stories soms lees en kommentaar daarop lewer. Baie dankie vir jul tyd en aandag. Mag almal van julle n goeie jaar beleef en mag almal wat soekend is na die waarheid dit hierdie jaar vind.

En dankie aan al julle vlytiges wie se blogs ek ongesteurd kon lees en n beter insig kon kry van hoe dit met ons mense gaan in hierdie land van ons. Ook die pragtige fotos van vreemde plekke en vreemde dinge wat ek kon sien. Zeppie wat my laat lag, Pruimtwak wat my laat huil, Neander wat my verstom met sy fotos, Penkop wat daar in die vreemde swoeg en smag na n nuwe lewe, Kammi wat n ding so raak kan sien.

Dankie julle klomp “aliens”,  ek ken julle gesigte nie, maar ek hoor wat julle sê.

10 antwoorde op Net n dankie sê.

  1. jou inskrywing is ‘n plesier om te lees
    alles wat mooi is, seen wense en voorspoed vir jou en die gesin vriende en familie

  2. Naamlose vriende – die beste soort partykeer. Net die mooiste vir 2010

  3. Encore!! En dankie vir jou OT.

  4. Neander het gesê op Desember 31, 2009

    Ou Top, mooi loop daar in die Vrystaat.
    I dig you!

  5. Outop, dankie vir die eer om deur jou genoem te word. Toe jy so tyd lank stil was, was die blogs ‘n baie armer plek gewees. Mag jy en jou geliefdes net voorspoed en gesondheid geniet hierdie komende jaar. En ek hoop daar sal nog ‘n dag kom wat ek die geleentheid sou hê om jou te mag ontmoet. Groete hier uit die erge koue verte. Bobby

  6. Sterkte vir die nuwejaar. Ek geniet die stories! Doe so voort!

  7. Ou Top, sonder jou sal blogland armer wees.
    xx

  8. Dankie vir die kommentaar daar by my.
    Wat my ietwat bekommer, is dat dit lyk of daar ‘n verband is tussen intelligensie en depressie. Die meeste intelligente mense lei aan depressie, en dan wend baie hulle dikwels tot dwelms.
    Ek dink ons moet juis ons oe oophou vir die skeppendes, en hulle ondersteuning gee deur hul wroeging te verstaan.

  9. abrham het gesê op Januarie 3, 2010

    spooktrap, ou top

  10. Aangename kennis Ou Top en dankie vir jou mooi woorde en aanmoediging.

    Dis altyd lekker om kontak te maak (veral in die eter) 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.