Profile photo of ou-top

by

Iemand kyk vir ons

Desember 30, 2009 in Sonder kategorie

Verlede jaar oor hierdie feestye kom n man wat ek jare ken as n goeie sakeman by my huis aan. Hy wil buite onder die akkerboom alleen met my praat. Sy besigheid is bankrot, hy moet voor in die lewe  begin en hy is al 50 jaar oud. Vrou en drie kinders waarvan net een al werk. Ek los hom dat hy stoom afblaas en ek kan vir u sê dit gaan erg, die man is verbitterd. Hy blameer die regering, die ekonomie, die banke, sy kliente en sommer almal om hom.

Hy steek sy voorvinger in die lug en sê met n skor, beskuldigende stem.

” Hoekom neem die Here nie my vrou of n kind van my af weg nie, hoekom my geld? Ek het daardie geld nodig om vir my vrou en kinders te sorg. Hoekom vat hy my geld !”

Ek probeer die ou moed inpraat, maar dis moeilik. Hy wil niks meer van die kerk ook weet nie, hy voel die Here moes dit nie aan hom gedoen het nie. Hy is dan n christen mens. Hy is geregtig op beter behandeling as dit.

Vandag lui my foon, dis weer hy, presies n jaar het verby gegaan.

“Outop”, sê hy,” jy is mos n man met kontake, wie is die beste egskeidings prokureur in die Vrystaat ?”.

Ek sit en dink voordat ek hom antwoord, hy raak naderhand ongeduldig aan die ander kant.

Toe sê ek maar,” Ou vriend, ek weet wie is die tweede beste egskeidingsprokureur in die Vrystaat”.

“Nee man,” skreeu hy terug, ” ek soek die beste een, ek kan betaal. Ek gaan my nie laat rond donder nie. Sy wil nou skei van my en sy wil my leeg bloei”.

Ek dink aan die ou se vrou en sy twee kinders. Sy vrou is n sagte mens.

” My vriend”, sê ek toe vir hom,” jy moet mooi dink wat jy nou gaan doen. Die beste egskeidingsprokureur  ken ek goed en hy vra nie eers n fooi nie. Jy kry hom  net in die Bybel. Gaan lees eers vanaand wat hy oor die huwelik sê, dan praat ons more weer.”

My vrou kom sit my oros en water op my lessenaar neer.

“Met wie praat jy nou?”, wil sy weet.

” Met iemand wat dink God  sien of hoor ons nie”, antwoord ek.

8 antwoorde op Iemand kyk vir ons

  1. ja Hy is die beste prokureur wat daar is
    mooi geskryf

  2. oomjan het gesê op Desember 30, 2009

    Die ou van wie jy hier skryf is kinderagtig, ek neem aan as ‘n menseslagting soos in Rwanda Burundi plaasvind, of as jou kind jonk kanker kry is dit alles god se wil ?

    die waarheid is dat jy netsowel vir ‘n hoefyster kan bid.

  3. Ja, dis hartseer, hy mis ‘n geleentheid…..

  4. Lyk my Hy hét geluister: Die man se geld teruggegee en nou vat Hy die vrou en kinders.

  5. Nog net so roerend om te lees as altyd.
    Lekker om weer die geleentheid te kry om ietsie by jou te kom lees.
    Mag die Vader jou en joune behoede en seen in 2010.
    Andre’

  6. Ou-Top het gesê op Desember 30, 2009

    Dankie almal. Netso Vuurklip, netso.

  7. altyd DIE plek om te kom lees !!!!

  8. ’n Wonderlike en geseënde 2010 word jou toegewens!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.