Profile photo of ou-top

by

My nagmerrie droom.

Desember 12, 2009 in Sonder kategorie

Neef Sarel kom hierdie week verby Bloemfontein  en laai by my n allemintige boks vars beesvleis af. Vleislustige en armlastige ou man wat ek is, oorvreet ek my aan gebraaide T-bone en rump. Ek reken dis hoekom ek gisteraand die moeder van alle nagmerries belewe het, oor Julius Malema en verwoede Rodweilers wat by die poorte blaf dat die wit skuimbolle so spat.

Ek woon op die pragtige sekuriteits landgoed bekend as die ” Milk and Honey Garden Estate”, in die linkervleuel wat gereserveer word vir gegoede gatkruipende witmense. Langsaan is die luukse eenhede vir regeringsamptenare, hulle het hul eie besige stasie waar die blou soustrein elke dag nuwe inkomelinge aflaai.  Regs voor en agter is die welgestelde Indiërs en skatryk Kleurling sakemanne. Die duiwelsvurk omheinings en elektriese bedradings word subtiel met pratige struike en blomme verbloem. Die wat binne is kan dit glad nie sien nie.

Die Rodweilers se geblaf maak my wakker en geirriteerd druk ek my diensklokke, dis drie uur in die nag. My huiswag kom aan, en ek wil weet.

” Wat draai jy so lank? Gaan kyk wat blaf die donnerse honde so daar by die hekke.”

Hy kom gou terug en rapporteer.

” Daar is mense, duisende of miljoene van hulle, hulle kom aangestap na ons toe”.

” Is hulle wit of swart?” wil ek weet.

“Kan nie sien nie, nog te donker, party huil of sing saggies”, antwoord my huiswag.

Ek klim uit die bed,” Wat de hel wil die gepeupel nou hier oor die feestye nou kom staan en toi-toi, hulle gaan weer die hele wereld hier buite beskyt en vol rommel strooi. Gaan sê vir Julius hy moet die Kommissaris gaan wakker maak. n Ryk man het ook nie meer rus vir sy siel in hierdie land nie!”

Ek stap uit met my nagsig verkyker uit en klim teen die naaste uitkyktoring op. Ek kry die voetslepende massas in beeld.

Heel voor is duisende uitgeteerde jong vrouens met babas op die heupe, hulle tieties hang ontbloot vir almal om te sien,  uitgedroog en sonder melk. Daar is wit en daar is swart vrouens. Agter hulle stap knapies en dogtertjies met vuil gesiggies en sere op die mond.  Dan kom die oue mense met hul verslete klere. Geplooide gesigte vertrek van armmoede en angs vir die nuwe vreemde wereld waarin hulle nou moet woon.

Agter hulle kom massa vigslyers aan. Hygend rus hulle kort, kort en leun teen mekaar. Hulle oë is reeds dood.

Heel agter is daar n grommende donker golf van gesonde sterk mans en vrouens. Maar wat blink so daar? My, bliksem, dis pangas en blinkgevryfde lope van duisende AK 47’s. Die uitdrukking op hul gesigte is skrikwekkend. Ek  skrik myself uit my pajamas uit. Ek storm terug na my huis. Maak my vrou wakker.

“Ounooi, gryp die nodigste, ons moet in die tonnel kom, hier kom moeilikheid”, skreeu ek vir haar.

As ek die swaar deksel van ons ontsnappings tonnel optel, hoor ek die eerste honde tjank, toe hoor ek die vreesbevange gille vanuit die huise naaste aan die hekke. Oor luidsprekers hoor ek Malema kondig aan,” All white people must go to the gates, immediately. All white people, force them to the gates.”

Ek skrik wakker toe my vrou aan my ruk. ” Outop, Outop, word wakker, wat gaan aan?

Met n natgeswete voorkop en bewende stem antwoord ek haar.

”  Miskien moet ons begin met n tonnel, want dit lyk vir my selfs n armgat met vars vleis is nie meer vandag veilig in hierdie verdomde land van ons nie.”

8 antwoorde op My nagmerrie droom.

  1. Laat mens dink …

  2. Dis erg, Ou Top!
    Hoop jy voel nou beter met die wete dat dit net ‘n nagmrrie was.
    of was dit?
    of voorspel dit ons toekoms?

  3. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Briljante stukkie metaforiek Top. Ek het saam met ‘n Siener-fan oorsee gewerk en jou stuk het my amper laat dink aan siener se nag van die lang messe.

  4. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Kan mens vreesloos oor die toekoms dink?

  5. Ou-Top het gesê op Desember 12, 2009

    Die nag van die lang messe was oor swart mense wat witmense sou uitmoor, my droom is oor swart en wit vertraptes wat swart en wit “fat cats” gaan uitwis.

  6. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Mooi Top. Sorry as ek jou stuk verkeerd gelees het.

  7. Beslis nie, Ouboet.
    Die toekoms is ‘n nagmerrie.

  8. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    En my werk is om hom soos ‘n droom te verpak. Moeilik nogal.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.