by

Eers kind dan wind.

November 29, 2008 in Sonder kategorie

Staan in die bank en wag vir die ry om korter te word. Moet geld trek vir laatlam wat klaar is met matriek en more Kaap toe ry met vriende en vriendinne om blyplek te soek vir volgende jaar se swottery by Kaapse Universiteit. Ek is maar hartseer en die ry gaan stadig, almal het stories en probleme daar voor.

My selfoon lui, dis n sms van laatlam: nth ab d gld v pd e ptl, ps.

Dis haar mxit taal wat sy as n brainteaser vir my op haar sms boodskap gebruik. Vat my n rukkie, maar ek ontsyfer dit so:” Onthou asseblief die geld vir die pad en petrol, Paps.”

My grootste vrees is dat die kinders naderhand so gaan begin praat ook, om modern te wees en om tyd te bespaar. n Nuwe taal wat ek en my vrou nie sal verstaan nie. Ons sal miskien dan met handgebare met hulle moet kommunikeer. Ja, oud is uit, soos in Australia. Geen plek in daardie land vir n oumens nie, jy is in almal se pad.

Toe hoor ek hoe die ou oom reg voor my met die jong tellertjie agter die glas praat. Dis n vroilke behulpsame swart seun wat vlot Afrikaans praat. Die oubaas is seker al tagtig, op daardie ouderdom waar  die harde dele van jou kop al groter word en die sagter dele al dieper wegval. Stem is al dun en  die valstande lyk heeltemaal te groot.

Tellertjie met n groot glimlag: “En hoe gaan dit vandag met oom Gert?”

Oubaas, terwyl hy so effens moedeloos in die lug waai met sy een hand: ” …….. tlank va… “

Tellertjie” ” Ja, my oom, is so en niemand wil eintlik luister na n ou se probleme nie.

Ek is half verstom, die oubaas praat dan soos laatlam op haar mxit. Hy het bedoel: Sleg man, maar dit sal die lank vat as ek jou moet vertel.

En die tellertjie verstaan hom honderd persent!

Tellertjie: “Hoe wil oom dit hê, vyftigs of twintigs”

Oubaas:” …ynes..”

Ek sien hy skil bruin twintig rand note af vir die oom.

Tellertjie: ” Geniet die naweek, Oom”.

Oubaas, met n waai van sy hand: ” …..elle-v..ou..”

My genade, op sy oudag word n man weer kind, nogal mod met sy eie kindertaal!

As hy teen die toue afstap los hy onbewustelik n harde wind. Mense proes hier om my.

“…Aweseu… aweseu”, prewel hy by homself oor die gawe seun daar agter die glasgordyn.

15 antwoorde op Eers kind dan wind.

  1. Pragtige storie! Bly om te sien dis nie nét ek wat nie die kinders se taal verstaan nie. En dat my dogter ook nie die enigste is wat op die “matriekvakansie” gaan nie!

  2. Nou skrik ek my yskoud vir oud word!!

  3. tronkie het gesê op November 29, 2008

    Ek praat ook daai taaltjie – moes dit noodgedwonge aanleer. Mooi storie Ou Top – so lag met ‘n traan.

  4. Sorsie het gesê op November 29, 2008

    Ou Top weereens mooi geskryf.Laat Daan dink aan Prediker 12 vers 4

  5. aixo het gesê op November 30, 2008

    jaaaaa , outop , jaaaaaa…… kan jy jouself nou indink oor nog vyftig jr ….. wel gedagtelees ‘voorkop’ monitors sal seker ook nog kom , ………

  6. Ou-Top het gesê op November 30, 2008

    Genugtig Pruimtwak. dink jy hoe dit oor 50 jaar gaan wees? Met monitors op ons voorkoppe, shit, eers maak ek n spelfout daar en dit sou vreeslik seksisties klink.
    Jy meen oor vyftig jaar gaan n antie op haar atoomaaangedrewe rolstoel in Pic en Pay verby my suiker en op haar voor kop Monitor lees dat ek sewe jaar laas seks gehad het en gister hopeloos te veel grondboontjie ge-eet het. Sy GPS in op my en kom daar by woonplek aangesuiker terwyl die GPS stem vir haar sê; ” turn left at the next corridor, sex partner two meters away,just wait for completion of his oxcygin intake to be completed.”

    O moer nee, ek wil nie so lank leef nie! Daai science fiction brein van jou gee my die horries.

  7. aixo het gesê op November 30, 2008

    outop , jy laat my fikkin hard lag , my laatjie wat hier agter sit en tv kyk , skrik glad . ek sê jou outop , nog in ons leeftyd gat jou gedagtes nie meer jou eie wees nie ……. maar kan jy nou imagine , ek wat hier in die somer op die beach met my seuns swem en roei met al die half naakte dametjies op die strand . dit laat my terugdink oor daai inskrywing maande terug op original cin se blog …… maar dink so daaraan , wat as jou vrou jou kop begin ‘raaksien’ …… nee ek sal my een van daai kopdoeke wat die arabiere in die woesyn dra aanskaf

  8. aixo het gesê op November 30, 2008

    my laaste inskrywing van die bul geveg is vir jou …. outop

  9. Baie lekker storie. Skerp tellertjie …

    Ek sal nooit die mixit ding kan klein kry nie …

  10. Izakdv het gesê op Desember 3, 2008

    Dis ‘n Wonderlike storie

  11. Ou-Top het gesê op Desember 3, 2008

    Dankie vir al die kommentare hier op my blog; as die mense nog lees kryf ek maar my ou simpel stories.
    Gaan byna te goed met laatlam daar in die Kaap: dan is sy op Tafelberg, dan is sy op Robbeneiland, dan op die Waterfront, dan op Clifton. Het darem ook blyplek gekry vir volgende jaar.
    En sy antwoord darem haar selfoon elke keer, dis n troos.

  12. Dis tyd vir nog ‘n lekker storie.

    Taal of nie taal nie, ek verstaan nie die jeug nie.Klaar.

  13. Dankie vir die kommentaar, bly te kenne. Het ook die storie geniet. My laatlam is nou al ‘n jaar weg, en ek verlang nog steeds. Hy antwoord darem ook meestal sy foon. Wil darem net se, ek kla nie heeldag lank nie. Eintlik nooit, en dan net hier, anoniem. So my lewe is volstoom aan die gang, elke dag. Dis net die gedenkdae wat my vang, en ek deel dit met niemand nie. Maar ‘n mens onthou lank.

  14. Ceara het gesê op Desember 8, 2008

    Pragtige storie Ou Top!

  15. Daar is hoop!

    Hier by ons kom ek dikwels by die hoërskool. Ek het al begin dink ek is onsigbaar, want meeste van die afrikanerkinders stap by die tannie verby asof sy nie eers daar is nie.

    Maar daar is 2 swart seuns wat my nog elke keer as hulle my raakloop, in die mooiste afrikaans groet en reguit in die oë kyk.

    Daar’s hoop.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.