by

Oom Pietie van Struisbaai.

November 24, 2008 in Sonder kategorie

Hou ek n paar jaar gelede op Struisbaai vakansie by neef Willem. Spierwit sand en die see se kleur is byna elke dag anders, die kleure is wat ek nog nie op ander plekke gesien het nie. Dis ongelooflik mooi.

Sê vriend Willem ons moet op so reënerig dag wat ons nie kon uitgaan op die boot nie, vir sy ou vriend Oom Pietie, gaan kuier. Ons kom daar by die wit huis teen die see aan. Oom Pietie is heelwat ouer as ons en die vriendelik vanself. Bly om ons te sien. Willem vra of ons kan plate luister. Die grammefoon is uit die ark. Dis van hout, so vierkantige houtboks. Werk met n naald so lank soos n kort spykertjie. Die luispreker is n beuel, van metaal. Daar is n hond op gegrafeer met die woorde “His Masters Voice”. Jy wen die ding op met n handvatsel, byna soos die outydse telefone. Die plate is nog van daai, as hy val breek hy in stukke. Oom Pietie is gretig, want hy hou van musiek en dans.

” Watter een soek jy eerste? Weer die een van die spoke?” wil hy van Willem weet. Ons speel hom, dit gaan half so;” Die een ou Spook was vet, en die een ou Spook was maer…”  Hy en Willem staan regop en trippel ritmies rond, dis aansteekik, ek spring ook op. Ons trap daar rond vir n vale. Ons speel seker tien plate wat ek nog nooit tevore gehoor het nie. Ons gaan sit eers toe die Tannie vir ons koffie bring.

Toe vertel oom Pietie ons van die bosfisant en die hofsaak teen hom. Dit het so gekom.

Hy voer die fisantwyfie met haar tien kuikens wat wild in die fynbos woon. Sommer hier reg voor sy huis in die paadjie.  Toe een oggend is daar n valk en die duik amper oom Pietie se hoed van sy kop af soos hy afpeil op n kuiken. Die valk  vang drie kuikens daardie week.Toe strip oom Pietie se moer, toe die valk weer kom is hy reg met sy haelgeweer en kap hom sommer so uit die lug uit.

Maar daar by die see kry jy mense wat die heel dag niks doen nie en net die wêreld om hulle dophou vir onreëlmatige gedrag. Een bel vir Fauna en Flora en oom Pietie was nog op die stoep besig om te kyk hoe lyk die verdomde valk, toe het die inspekteur hom. Het gaan verskyn in die hof en kry n  boete vir die afvuur van n vuurwapen in n natuurbewaringsreservaat en vir die dood van n valk  in dieselfde gebied.

Maar die dooie valk se familie het hulle lywe van daar af daar skaars geghou by oom Pietie en sy fisante. Seker die boodskap goed oorgedra.

Hy het daardie dag ons ook vertel van die mak pelikaan by die hawetjie, hoe die  voël tragies aan sy einde gekom het. Ek kan wragtig nie die storie mooi onthou nie, want teen daardie tyd het die oom al vir ons n hanepootjie teen die koue en nattigheid, geskink.

Is daar iemand wat weet? Was glo n soort van n “Mascot” daar, vir baie jare.

7 antwoorde op Oom Pietie van Struisbaai.

  1. aixo het gesê op November 24, 2008

    Outop ……….so sal ons seker almal met die tye saam soos ‘oom Pietie’ raak…… ek hoop net êrens begin mense die ‘volksmond’ met ‘doel’ en ‘rede’ bewaar ……….die oorvertellings , die karakters ……. en kyk ‘n valk wat kaksoek moet mos maniere kry ….

  2. Ou-Top het gesê op November 24, 2008

    Dankie Pruim en Flenters.Heros, lyk my jy was al daar?
    Flenters, jy moet met Kammi gaan praat, daars fout.

  3. Ou-Top het gesê op November 25, 2008

    Baie dankie vir die lekker gesels brief, Krokodil. In jou eerste paragraaf klink jy dan nes ek. Wat sweis so n mooi meisiekind dan, is jy n kunstenaar?
    Luister na my, kind, jy moet n advokaat word.Klink soms na ou Cicero, die ou Romeinse advokaat.

  4. tronkie het gesê op November 25, 2008

    Ag lekker – daar is vreeslik baie valkies – ek het om die tyd om te kry gesê my sentjie moet hulle tel oppad tussen Bredasdorp tot by struisbaai – hom sommer leer tel ook – R5 vir elke valkie – later het ek die prys verlaag na 50c ‘n valk, want toe trek dit al by R60! Ek onthou nie die pelikaan nie, maar daar is mos daai 2 reuse mantas wat so in die water by die hawe rondsweef – dink daar is nou net een oor. Seker ook weer uitgemoor – lekker plek daai. Dankie Ou Top.

  5. Jammer, ek weet nie van die pelikaan nie…

    Onthou wel die plaat: Oom Chris Blignaut, as ek reg onthou.

  6. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Dit klink na ‘n interessante oom.

    Jou “ou” kommentaar kon ek gelukkig op my blog lees, ek het nie omgegee nie!

    Inteendeel, al was jou bril effens uit fokus om my vrou verkeerd te kyk!

    Ek het egter die strekking van wat jy gesê het baie waardeer.

    izak

  7. aixo het gesê op November 28, 2008

    hoop nie outop het jig of gout innie vingers nie , want hoe lank moet een Kapenaar nou wag om weer ietsie te lees ?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.