by

Die hele bloggin wêreld is vol van trolle.

November 22, 2008 in Sonder kategorie

Die trolle is op ons, selfs die woordeboek vertel nie veel wat dit is nie. In my eenvoudige bestaan het ek egter al n paar keer met trolle te doen gehad.

Die eerste keer was as kind op die plaas toe Danser, die beeswagter en perdeman, een oggend vir Pa sê; ” Ouwaas, Donker hardloop op en af teen die draad. Daar is n merrie wat “trol” soek, moet ek die hek oopmaak?”

Dan het ons bende wit en swart seuns gehardloop om ongemerk agter die kweperlaning te kom sodat ons kan afloer wanneer die hittige merrie by die Vlaamse hings, Donker, ingejaag word om haar soeke na n “trol” voort te sit. Toe Donker die merrie gewaar skreeu n bendelid , Ramatau, kliphard; “Hau bana, kyk hoe slat hy met sy trol teen sy bors!”

Die tweede keer wat ek met trolle te doen kry, is toe op Struisbaai, seker so vyftien kilometer die see in, op Willem se boot.

” Ons is regoor die ou seewrak, gooi uit die Rapalas, ons trol nou verder aan”, gee die skipper sy bevele. Ja, ons trol toe met ons Penn ka- trolle tot n geelstert vat. Daai trollery was nou lekker sports, man.

Toe eendag op Port Alfred lê daar debris oor n kalm see, sover as wat die oog kan sien. Mense is verstom. n Local snaar verduidelik die Japanese bote het gisteraand onwettig in ons waters met nette kom trol. Die seebodem se pragtige lewernsvorme is  heeltemaal uitgewis, dis wat so bo-op die water dryf. Ek besef toe, nee kyk, n trol is n bliksem.

So paar jaar gelede skreeu my laatlam dogter verskriklik hard na ons terwyl sy in die TV kamer op haar eie sit en kyk na The Lord of The Rings.” Kom kyk die trol, dis verskriklik, kom kyk!.”

Ek het vinnig gestorm om te gaan kyk, want my eerste gedagte was mos van Donker se trol, en mens weet ook nie meer wat hulle deesdae vir die kinders op TV wys nie. Moet sê, daai trol in die fliek is iets verskrikliks. My nog meer laat besef n mens behoort bang te wees vir n trol.

Nou is die trolle op ons blogsites. Nou wie het die trolle losgelaat?

10 antwoorde op Die hele bloggin wêreld is vol van trolle.

  1. tronkie het gesê op November 22, 2008

    Lekker geskryf – daai Schmiegel dingetjie in Lord of the Rings was vir my baie lelik – die perd se trol is snaaks!

  2. Ou-Top het gesê op November 22, 2008

    Ek sit tot met n hondjie met die naam van Schmiegel. Nee, daai fliek het die kinders en myself nogal baie geniet.

  3. Dis ‘n lekker klap uitgedeel – mooi man!

  4. He, he Ou Top ek en jy moet uit dieselfde genre kom as ons die draft dodgers onthou. Eintlik ‘n fensie naam vir banggat. Die Dikkop Kiewiet soos ons hulle hier noem is vanoggend in Constantia in ‘n oopveld so 300 meter van die huis af geneem.

  5. Ou-Top het gesê op November 22, 2008

    Ken jy sy roep Ferret. so teen sononder en later. As kind het ek hul neste opgespoor om te kyk hoe die kleintjies lyk. Hy lê plat op die grond, jy kan hom so rol met jou vinger, hy bly lê,want sy ma het hom so geleer. Sy bvlieg daar rond . gaan sit en maak of haar vlerk af is sodat jy haar moet jaag en haar kind los. Pragtige wesentjies in die natuur. Ek is nou ongeskik, moes jou op jou blog ge-antwoord het. Jammer, miskien verveel ek mense vandag.

  6. tronkie het gesê op November 22, 2008

    Ou Top – hou jy op Struisbaai vakansie partykeer? – ek dink nog heelmiddag met heimwee aan Struisbaai vandat ek hier gelees het.

  7. Sorsie het gesê op November 23, 2008

    Ou Top Daan dink na hy die verspieder onder hande gehad het dit is “Much Ado About Nothing” van Shakespeare.

  8. Ou-Top het gesê op November 23, 2008

    Lyk my so Daan, kom ook agter dat die gemiddelde man op straat, of gemiddelde blogger, soos Kammi dit stel, nogal redelik sensitiewe mense is. Hierdie mense gaan mos nie oorleef in Afrika nie.
    Tronkie, ek was vier jaar gelede laas op Struisbaai, met petrolpryse en potholes soos dit is, word so n trip hier van Bloem al amper n ekskpedisie. Vroeër in my lewe nogal heelwat. Ek sal graag een aand ietsie wou skryf oor die wonderlike plek.

  9. Izakdv het gesê op November 24, 2008

    Dankie dat jy laat weet het van die resensie! Jou boodskap was ‘n wonderlike terugverwelkoming!

  10. hulle lat sommer hulself in die bliksits!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.