by

Politiek

November 5, 2008 in Sonder kategorie

Daar gaan sê n swart professor toe op Sandton by Lekota se byeenkoms wat ek nog altyd profeteer;

Om n land te bestuur en te regeer is te belangrik vir n volk om dit net in die hande van onnosele, arrogante politici te laat.

As jy minister van gesondheid wil wees moet jy darem ten minste een of ander mediese graad hê. As jy minister van Energiesake is, moet jy nie n diploma in Rusland verwerf het in filosofie nie.

Die politikus moet erken en besef dat hy kundige mense moet aanstel.

Daarom het ek moed vir Lekota en vir Obama.

16 antwoorde op Politiek

  1. zephur het gesê op November 5, 2008

    Hoor Hoor

    Ja die Baas moet kundig wees en weet wat bestuur hy…en waarom item B se naam item B is en nie item C nie…ag ek praat net weer kaf vandag

    Môre Visserman

  2. ou top , sterk mense is nie bang vir sterk mense rondom hulle nie , swak mense is …. en so sal jy kan ‘meet’ , korruptes het korruptes in die rondte en en en

  3. Ja nee, as jy wil vleis braai, moet jy darem ‘n vuuur kan maak.

    En die vuurmaakgoed kan bekostig…

  4. Ou-Top het gesê op November 9, 2008

    Soms gooi ek maar n klip in die bos om te hoor wat ander sê; Jy is in die kol oor Lekotha, ek steun die beweging egter omdat ek wil hê die ANC se magsbasis moet verswak en om dat ek vermoed daar is baie mense, swart en wit, daar buite wat iets anders soek as wat ons nou het. ANC, DA, Vryheidsfront en wat ookal ingesluit.

  5. Miskien sal hy sien waar die voriges probleme opgetel het. Ons kan maar net hoop …

  6. ezile het gesê op November 17, 2008

    Baie dankie vir die lekker vertel oor die Jacksons wat jy ken. Ek het toevallig hier by jou kom lees terwyl jy by my gekuier het. Ek geniet jou vertellings en diep denke elke keer net meer en meer. Lekker aand vir jou, Slimme Top.

  7. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    DITTO!

  8. aixo het gesê op November 18, 2008

    ou top …. jy glo nie in geeste nie …. né ……….dagseg outop ……..

  9. Jou kommentaar op my blog: my verkoper is ‘n 93 jarige Jewish Gentleman. Sy [email protected] partner is sy baie bejaarde sussie en haar snotkop seun hanteer haar sake met groot minagting teenoor die ou oom. Neerhalend, aanvallend, tot op ‘n punt waar ek hom te lyf wou gaan vir sy disrespek.
    Maar toe moes ek sy minderwaardige ego eerder streel om die hoof-aandeelhouer ongemak en frustrasie, miskien selfs woede, te spaar.
    Want vir die oom het ek meer as respek: ek het hom half lief in my bewondering van hom en sy pragtige lewe, wat hy steeds voluit lewe…

  10. Jong, ek is baie bly oor Lekota en die moontlikheid van ‘n betekenisvolle opposisie. Maar die toestand van die departement aan die hoof waarvan die man gestaan het terwyl hy geleentheid had om te bewys wat hy kan vermag in terme van doelgerigte bestuur, laat die optimisme bietjie taan…

  11. Ag asseblief ou toppie. Obama, clinton, Bush vir wat hou almal hulle op met die ander lande se goed.

  12. ezile het gesê op November 18, 2008

    OuTop, ek voel geweldig geëerd dat jy vir my in die bresse getree het. Daar is niks om voor om verskoning te vra nie. Jy is ‘n ware heer en ek wonder waar bêre jy jou ridderlike perd. Ek sal aanhou skryf en my nie laat uitlok tot verdere redenasies met mense wat net hoor wat hulle wil hoor nie. Baie dankie vir jou ondersteuning. Ek geniet jou insette oor die Jacksons en die fyn voetspore baie. ‘n Mooi aand vir jou… en groete vir die perd.

  13. Lag ek lekker vir jou kommentaar Ou Top… Ek het die tierboskatte en so nog nie persoonlik op straat gesien nie, maar is seker as die voggies genoeg gevloei het is dit ‘n wildernis hier by ons!

  14. aixo het gesê op November 20, 2008

    outop raak jy lui , ek sien nie nuwe inskrywings nie …. hoop jy is OK oue van tye ………

  15. Ou-Top het gesê op November 20, 2008

    Ek is besig met matriekeksamens,dra melk en provitas aan, gaan ou vraestelle deur, tjank saam, juig saam, koop kalmeerpille en stel my computor dag en nag beskikbaar. Ons moet score, miskien is daar n beurs, want universiteite is nou verskriklik duur.
    Ja, ek spit swaer.

  16. Ou-Top het gesê op November 21, 2008

    Natasha, jong ek eet babers nie bokkems nie.Net gesofistikeerde Kapenaars eet bokkems. Ons Vrystaters daal darem nie so laag nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.