by

Luister na jou hart, moenie bang wees nie.

Oktober 23, 2008 in Sonder kategorie

Vroeg vandag luister ons  OFM radio. n Ou bel in en sê sy naam is George,  en hy wil weet of die radio kan help om iemand op te spoor. Op skool was hy in die geheim verlief op n meise daar,. Haar naam was Melanie. Hy wil weet wat van haar geword het. Hy sê as hy destyds met haar getrou het, was hy nooit nou n geskeide man nie. Die omroeper wou weet of hy Melanie op skool “gecharf” het, hy sê nee, hy was te skaam en bang, het haar net op n afstand bewonder. Hy is nou nog verlief op haar.

Net drie minute later hier bel Melanie die radiostasie en sy is op die lug. Sy onthou hom duidelik, hy was so mooi lenige jong en skaam outjie, het gewonder hoekom “charf” hy haar nie, kan hy dan nie sien sy hou van hom nie. Sy is ook nou geskei.  Sy is so opgewonde die woorde borrel sommer so uit haar mond. Hier eindig die storie toe op die radio, maar nie in my kop.

Hulle ontmoet  mekaar toe weer op afspraak in n koffieplek.

Melanie: Hoekom het jy my nooit “gedate” nie, George? Ek sou dadelik ja gesê het.

George: Jy was die mooiste meisie in die skool. Ek was bang, al die ouens het om jou gedraai, ek het nie eerste span rugby gespeel nie. Jou Pa hulle was ryk, ons het daar teen die spoorlyn gebly.

Melanie: Maar dit maak nie saak nie, dit het nie saak gemaak nie. Kon jy nie sien nie… Ek het soms vir jou gesmile, dan bloos jy bloedrooi in jou gesig en raak net weg.

Dis hier waar hy haar hande vat .

George: Ons het jare gemors. Sal jy vanaand by my kom eet. Ons kan ou fotos bekyk. Daar is n paar wat ek skelm van jou geneem het. Kyk hier in my ID boek, hierdie enetjien dra ek nog altyd saam met my.

11 antwoorde op Luister na jou hart, moenie bang wees nie.

  1. Hier in Kaasland is ‘n hele uurlange TV reality show waar mense wat vroeër verlief was en nooit die knoop deurgehaak het nie, jare later weer bymekaar uitgebring word. Soms tjank ek lat die trane so spat… dat daar so lank gewag moet word vir geluk… En soms werk dit tog ook nie die tweede keer nie.

  2. zephur het gesê op Oktober 23, 2008

    ‘n Sprokie verhaal soos min.

  3. Ceara het gesê op Oktober 23, 2008

    Haai wat ‘n toeval! Dat sy op daardie oomblik na die radio geluister het ens. Dit wys net weer dat die lewe baie eienaardiger as fiksie is…. hierdie insident lees baie makliker as “waarheid” as fiksie.. Baie dankie Ou Top.

  4. erg raak geskryf , het dit nou waardeer !

  5. Jou opskrif stel dit perfek. Mooi gebeurtenis wat jy mooi afgerond het …

  6. Hel Ou top jy het my nou na aan trane met die storie… Hoop die twee vind mekaar nou na al die vermorste jare. Mens moet altyd jou hart volg.
    In verband met die ou Studebaker. Dit is die Studebaker Champion daai op die foto. ie lark is meet hoekig. Hulle almal het destyds met die Chrysler V8 engine uitgekom. Die dae toe die petrol meter baaaai vinniger gedraai het as die geld meter , hehehe.
    Ek geniet jou blog netso Outop en dag moet ons loop visvang.

  7. Dis maar swaar as jy jonk is en nie selfvertroue het nie. Het self ook maar so gesuffer.

  8. anskrige het gesê op Oktober 23, 2008

    Nog een van jou sweet stories.
    Ek is stil want ek staan half verdwaald voor ‘n kruispad.

  9. Ou-Top het gesê op Oktober 23, 2008

    Vat jou kar en gaan vir die naweek na Clarens. Werf klein plasies daar en asem die berglug in. Plaas fotos van Theo oor daai geweste, pragtige kopskoonmaak wereld. Moet nooit vinnige besluite neem nie.

  10. zephur het gesê op Oktober 24, 2008

    Dis ‘n goeie en mooi naweek vir visvang…wag hoor jy dit…daar’s dit weer…dis die visse wat roep en daar bo almal se vinneklap, is dit oom Baber met sy platbek wat die hardste raas.

  11. Ou-Top het gesê op Oktober 24, 2008

    Jou voorstel is nogal aanlokkend vir enig Vrystater; vir wat sal ons nou hier af wil neul na Durban om te sien hoe wen die Bloubulle.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.