by

Vroegoggend by die water.

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie

Net een ding in die Vrystaat is mooier as n sonsondergang, en dis n sonopkoms. Bloedrooi en oranje, met kolganse wat bo verbygaan en heserig blaas, bleshoenders met hul eienaardige geluidjies wat opgewonde regmaak vir die dag, bont kiewiets wat almal waarsku dat die dag nou aanbreek. Dam se water wat blink voor jou lê met donker rantjies daar oorkant. Ons outoppe mis dit nooit, vroeg is ons uit die tente, kry die vuurtjie aan die gang vir koffie. Die jonger snare slaap nog vas.

Dan dink ek aan wat Zeppie op my blog gesê het; dat hy wens hy kan eendag net  Hansie Cronje se hand  skud en vir hom sê. Hansie man ons vergewe jou. Ek noem dit vir ou Petrus, en daar loop ons gesprek sy pad.

Petrus: Ons seun van Bloemfontein, die wereld het hom te vinnig ge-oordeel. Ons kaptein, christenkind van christenmense.

Ek; Ja ons gooi graag klippe, maar wie is ons ?

Petrus: Jy kan nooit n perfekte christen wees nie. Ons kan traai, maar ons is sondig, ons kan maar net strewe om ware christene te wees. Ons kan maar net aanhou traai. Die wereld het vir Hansie te vinnig ge-oordeel. Ons moes hom in sy lewe al vergewe het, almal van ons. Al ons christene.

Ek; As ons nou na die rekordboeke kyk, het hy al die groot wedstryde gewen. Vaar ons krieketspan nou beter as toe? Watter wedstryde het Hansie dan so gegooi?

Petrus: Het jy die fliek oor sy lewe gaan kyk? Jy moet gaan. Ek sê jou, ons is almal skuldig, ons moes hom in sy lewe nog vergewe het. Ek en jy is baie slegter mense as Hansie, en hier sit ons nog. God vergewe mense, ons gooi hulle met klippe dood.

As ek die ketel van die kole haal hoor ek Petrus sê sommer so onderlangs aan homself.

Petrus;  Donderse skande, ons behoort ons te skaam, as christenmense behoort ons skaam te wees.

9 antwoorde op Vroegoggend by die water.

  1. zephur het gesê op Oktober 22, 2008

    Vergewe ons.

    Amen

  2. zephur het gesê op Oktober 22, 2008

    Hansie jy bly ‘n hero….wanneer jy Shane Warne se draai balle gestuur het vir ‘n 6 het my siel gelag en tone het gekrul…man dankie.

  3. Ek is nou nie so groot Hansie aanhanger nie … maar oor die sentiment kan ek saamstem …

  4. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Zeppie, maar is jy heldersiende,of telepaties of so iets, hoe weet jy so vinnig ek praat van jou? Dankie vir die besoek. Man is seker met die helmet gebore.

  5. Is waar Petrus se oor ons sondige mense. Juis daarom het ons vir Jesus nodig.
    Ons moet ophou klipgooi, sal van nou af hard werk daaraan.
    Dankie!

  6. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Ek en Petrus gaan vang een keer n jaar saam vis, dan doen is dit ordentlik, twee dae lank, tente , stoele en opvoutafels,sambrele en ysbokse. Ons drink maar matig, glad nie deur die dag, behalwe as daar n karp van oor die 10 kilos uitkom. Wyfies word teruggegooi want dis broeityd nou. Dan het ons n ander vriend, hy bak die visse en lê dit in kerrie in “canfruitbottels” wat ons met kerswas seel; alles om n deel, want hy hou nie van die kampery nie. Na twee dae is ons ongeskeer en vuil, net met damwater gewas, maar ons voel weer lus vir die lewe. Koppe is skoon.

  7. Lovely post.

    For me – Hansie was the best. I felt sorry for the man – did not blame him. we all make bad judgements.

    I actually lost a lot of interest in cricket after he left. It just did’nt feel the same without him 🙂

  8. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Aengus, ek is so bly jy het die moeite gedoen om dit hier te kom sê. Ons Vrystaters waardeer dit, ons was lief vir die mannetjie.

  9. zephur het gesê op Oktober 23, 2008

    Ja so ‘n rooi helmet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.