by

n " Scheme" wat dalk kan werk.

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie

Ek het vier groot babers huis toe geneem. By die vulstasie het ek twee vir n petroljoggie gegee. Die man bederf my daar, mense wou hom al slaan omdat hy my voorkeur gee, maar ek hou van hom , hy lag altyd, hy fluit altyd n deuntjie, of hy sing. Ek gee hom elke keer vyf rand as ek daar petrol gooi. Hy weet ek het gaan visvang, want ek het daar volgemaak met die visstokke op my bakkie se dak. Het om belowe ek bring vir hom n baber of twee. Babers het nie grate soos ander visse nie, dit maak hom n gewilde proteien.

Die ander daar sien die babers, die een koop by Izak n baber vir R40 , sal einde van die maand betaal belowe hy. Izak sê n paar dae later vir my, ek moet weer gaan en die bakkie volmaak, hy sal alles verkoop. Die mense maak hom mal.

Iewers op die internet kan jy gaan soek vir baberboerdery, n paar Universiteite het hieroor navorsing gedoen. As jy n dam of water het, bekyk die ding. Ons munisipaliteit het self teen die swart woongebied n baberboerdery begin. Verskaf glo kos en werk aan honderde behoeftige mense.

Groei glo vinnig en eet alles.

O ja, Gert en ek het ook n baber fillet gaargemaak daar by die dam, Gert maak hom dat hy soos Kingklip proe.

9 antwoorde op n " Scheme" wat dalk kan werk.

  1. Jy vervoer my terug na my dae in Oranjemund. het baie babers daar gevan en verkoop. ook geelvis. Wat vir my so snaaks was is dat die swartes klein babers bo grots verkies. Ek het ‘n redelike inkomste uit iets gemaak waarvoor ek lief was. en babers kan jy nie uitroei nie. Geniet!

  2. Nww flenter daai goed stink!!!! My katte wou nie eers daaraan proe nie

  3. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Nou waar kom jy aan die Vrystaatse geheim? Daar by julle is dit mos net swartbaars en kurpers. Julle bloubulle, jul steel nie net ons beste spelers nie, sommer ook ons geheime resepte.

  4. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Harry, ken jy die verskil tussen n kleinbek geelvis en n grootbek geelvis? Daar op Douglas het MR. Southey n jaar of wat gelede n grootbekgeelvis van 18 KG gevang. Dis n roofvis, die Great White van die Oranje en die Vaal. Foto was in Stywe Lyne.

  5. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    “Catfish” is ‘n gewilde dis by Karibbiese restaurante hier in Londen. Gewoonlik in catfish jambalaya of “blackened catfish” (die blackened verwys na die speserye waarin dit gerol word). Ek dink dis nogal lekker.

  6. xamxam het gesê op Oktober 23, 2008

    Daar is selfs ‘n ou wat met hulle boer en na China uitvoer, en van wat ek kon uitmaak, maak hy nogal ‘n goeie wins.

  7. Vetjan het gesê op Oktober 23, 2008

    Daar in Louisiana en Alabama in die VSA is “catfish” gewild, en dis veral die slawe en die cajuns wat die babers begin eet het.

  8. Ou-Top het gesê op Oktober 23, 2008

    Wat is n cajun?

  9. zephur het gesê op Oktober 23, 2008

    Baber vleis word uitgevoer teen R70 of so per kg en die vel word ook gebruik.

    Ja en hy eet alles so ou aangebrande mieliepap werk ook goed…

    Die babers word in plaasdamme gesit om groot te word so by 3kg word hul gevat na ‘n skoon sement dam om daar vir ‘n paar dae te swem om die modder smaak te verminder…en dan word hul geslag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.