by

Gesprekke by die water.

Oktober 21, 2008 in Sonder kategorie

Visvang in die Vrystaat is nie n baie aktiewe sport nie, daar is baie tyd om stil in die koelte te sit en gesels. Ons lyne is in die water en ons is heel gemaklik in ons seilstoele op die wal.

Petrus:   Hierdie Lekota wat nou wegbreek van die ANC. Ek weet nie, hy kon nie eers die Army aan die gang hou nie, wat nog n land soos ons sin.

Ek:   Feite, my vriend, hy is net n raasbek, sal n paar saam met hom sleep en dan ook maar net aanhou raas en raas soos al die ander partye.

Petrus: Zuma sal president word, hulle kan hom nie meer keer nie. Hoog blêddie tyd ook dat die Zulus oorvat. Te veel Xhosas en ander soort goeters daar. Die Zulus was nog altyd die grootste en sterkste nasie in ons land. Weet nie hoekom dit so lank gevat het nie. Was dan altyd so n trotse nasie.

Ek:  Mens weet nie meer, sy jeuliga praat dan van moor en so aan. Kan dalk ons wees.

Ons skink nou eers nog Red Hart Rum, ingeval die muskiete  begin pla.

Petrus: Ek sê jou Ou Top, al wat werk in Afrika is n Diktator. Hierdie demokratiese, mensregtelike goed werk nie in Afrika nie. Ek meen,  die misdadigers het al amper meer regte as die slagoffers. man.

Ek; Ja ek lees nou die dag n vrou se brief in die koerant. Sy sê Namibia is so mooi en skoon. Lê glo nie n papier of plastieksak rond op straat. Maar sommige mense sê  hul President is n regte diktator.

Petrus: Dissie ding daai. Ek sê jou ons land kort n egte, regte diktator. Een wat sê skiet die fokken rowers en en moordenaars. Kastreer die verkragters van ons vrouens en kinders. Ja en jy wat daar op die straathoek staan en piepie, kom hier, jy is n gevaar vir die gemeenskap, ons kap hom af.

Ek kan sien ou Petrus begin die visvangery nou geniet.

Ek; Miskien is jy wragtig nog reg, Petrus. Jy het n punt daar beet.

Ons vat n paar slukke in stilte.

Dan sê Petrus met so n lang sug:  Ja, maar nou is goeie diktators so blêrrie skaars hier in Afrika.

13 antwoorde op Gesprekke by die water.

  1. Ceara het gesê op Oktober 21, 2008

    Ou Top en het julle toe vis gevang? 🙂

  2. Ou-Top het gesê op Oktober 21, 2008

    So praat ons gewone ou burgers van die land met mekaar as ons alleen is. Ons eie vrese, ons eie oplossingtjies, ons weet wat ons ookal doen, sê of dink, dit maak niks meer saak nie. So praat ons maar om die tyd om te kry, want is jy links, of is jy regs, of is jy in die middel, of onder of bo, maak nie meer saak nie. Ons is almal in die stroom, waar dit gaan lei weet nie een van ons.

  3. Ou-Top het gesê op Oktober 21, 2008

    Ja, Lorindatjie, die aand het n ander vriend sy seun wat nou in London bly saamgebring. Ons het vuur gemaak en geluister na sy stories oor Engeland, sy naam is Magiel, maar hy is nou Mike daar in Engeland. Het twee groot babers die aand uitgetrek, is op Magiel se selfoon afgeneem; hy maak of hy sy kop in die vis se bek wil druk, wil glo vir die Engelse gaan wys.

  4. Vetjan het gesê op Oktober 21, 2008

    Ja, ek het nou die dag ook gesien hoe werk hierdie dam visvang besigheid, by Klaserie dam … dit werk daar seker maar dieselfde as in die Vrystaat.. net nie so verdomp koud nie…
    mooi storie.

  5. Ceara het gesê op Oktober 21, 2008

    As julle weer so visvang wil Ou Top nie groot asseblief daaraan dink om fotos op die blog te sit nie?. Wat is ‘n baber in engels? Dit klink na ‘n baie groot vis..

  6. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Lorinda ,jy Petrus en Pruimtwak, is daar nie een vcan julle wat al in Rusland was nie? Na my ontmoeting met die ou Rus het ek weer War and Peace begin lees,was julle op die platteland in Rusland, het julle fotos, ek wil so graag sien hoe leef en lyk dinge daar. Ja, het in my lewe nie veel kans gehad om oorsee rond te kuier nie. Ek is maa n eenvoudige mens, partydae twyfel ek of ek hier hoort.

  7. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    n Baber is n catfish, in die Oranjerivier word hy oor die veertig kilogram groot. Het lang baarde,skurwe bek.Eeet vleiserige goed,paddas en ander visse, het al op 50/50 gesien hoe eet hulle n seekoei. Hier by ons vang ons die grotes met lewendige aas, n drywende foksterrier is die beste. Terg sommer Lorindatjie, netnou bel jy die SPCA.

  8. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Laatlam kroek by die skool, ek dog sy doen hersiening, stuur my n sms; Sê asb vir die mense dit was n dooie seekoei. OK dit was n dooie seekoei waaraan die babers gevreet het, netnou wil niemand meer in n rivier swem nie.

  9. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    LOL OU Top ek is bly jy het geskryf dit was ‘n dooie seekoei, toe ek die eerste lees het ek ‘n beeld in my kop gehad van hierdie piranha babers! :-). Ek sou nie die SPCA bel nie, ek oordeel nie oor goed waarvan ek niks weet nie – maar is verlig dis ‘n grap oor die foskterrier :-).

    Ek was al in Rusland, in heelwat plekke in die stede en platteland – in rusland self en in party van die eks-sowjet republieke. My russies is redelik maar allesbehalwe perfek. Ek het min fotos, ek gaan nooit eintlik iewers heen met ‘n kamera nie, en ek het nooit ‘n selfoon met ‘n kamera gehad nie tot onlangs. Die fotos wat ek wel het is wat ander geneem het van mense.

    As Ou Top nou weer War and Peace lees, wat van die ander Russe? Soos Gogol en Dostoevsky en so aan? Hulle is op hulle manier net so goed soos Tolstoy. Die Russiese letterkunde is baie ryk en baie groot.

    Oor die vreeslike stelling dat Ou Top party dae twyfel of jy hier hoort kan ek net sê dis belaglik. Hierdie blog is uitstekend geskryf, altyd. En dis baie interessant.

  10. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    Ou Top ek wil net nog iets sê net vir eerlikheid en omdat ek nou weer daaraan dink – ek het nie die moed gehad toe ek dit die eerste keer in jou blog gelees het nie. Onthou die blog met die 2 mans en die lepel? Nou ja, toe ek in ‘n bus was in Belarus op ‘n baie lang reis, het ek nie kos by my gehad nie want ek het nie geweet mens moet padkos vat nie. Langs my het ‘n ou vroutjie gesit. Toe sy haar kos oopmaak, dring sy daarop aan om dit met my te deel. Daar was net een lepel. Ek het vir ‘n oomblik geaarsel en toe besef ek kan haar onmoontlik beledig, en sy het my dopgehou vir reaksie. Toe vat ek die lepel. Dit was die eerste keer. Ek moes dit van toe af al baie doen onder soortegelyke omstandighede in ander plekke. Eenkeer in Samarkand, ‘n paar keer in Albanië ens. Dis net die eerste keer moeilik. Daarna aanvaar mens maar die gemeenskaplike menslike kondisie.

  11. Vetjan het gesê op Oktober 22, 2008

    Ek het gou vir jou een Moskou fototjie geplaas.

    Sal later soek vir nog. Verskoon asb die swak gehalte van die foto.

  12. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    Sorry Out Top ek is nou besig om oor te neem hier, ek wou net sê as jy belangstel in die russiese platteland is die werk van die Rus Ivan Shishkin (1832 – 1898) ‘n goeie een om na te kyk, jy kan van dit hier sien http://www.art-portret.ru/120.25.html en http://en.wikipedia.org/wiki/Ivan_Shishkin . Lyk die “Rye Fields” nie vir jou effens soos die Vrystaat nie? Groot dele van rusland en die Ukraine lyk so. Dit wat nie woude is nie.

  13. Ou-Top het gesê op Oktober 22, 2008

    Baie dankie mense, en ek gee nie om hoeveel jy hier kom skryf nie Lorinda, ek leer altyd iets by jou. Sal vanaand alles gaan opkyk. Bly jy kon ook n lepel deel, dis maar net die eerste keer dat dit effens pla.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.