by

Laatlam word groot.

Oktober 17, 2008 in Sonder kategorie

Vyf seuns se matriekafskeid was niks in vergelyking met een dogter s’n nie. Maande voor die tyd is sy al op n streng dieet. Oefen in die gym, hardloop, pas die rok drie keer n dag aan, stry oor hoe die ding aan haar lyfie sit; my senuwees is naderhand gedaan. Toe die laaste twee dae,  dis haarkapster toe,  dan moet sy n facial kry in n ander salon, dan moet sy weer naels  by n ander salon laat doen. Gelukkig het my vrou self die rok gemaak anders was ek bankrot. Mqar sy het pragtig gelyk.

Ag en toe die groot aand, die skool hou n tuinparty waar die ouers en hul kinders eers vir n uur of so kan meng en fotos neem. Dan stap sy met haar boyfriend op die rooi tapyt na die saal, uit ons lewens uit…….Ons weet dit, want die seuns was ook so. Dis hartseer, maar n man hou, wil nie wys jy is n sissie nie.

By die huis slaap ons nie, ons wag dat sy terugkom om ander klere aan te trek vir die after paartie. O. dis n peslike ding, die afterpaarties van die kinders. Elke jaar gaan daar kinders dood nadat hulle van die after paartie af op op pad huistoe was. Die seuns drink te veel daar, te bly om klaar met skool te wees. Hier teen elfuur se kant is hulle darem terug, sy trek gou ander klere aan en daar gaan hulle weer. Ek kry darem n kans om vir die seun my kaartjie te gee met my selfoonnommer daarop.” Bel my as jy nie lekker voel nie, ons sal julle liewers kom haal. En moenie worry nie, ek het al n dronk seun gesien. Ek wil net my dogter lewend by die huis kry vanaand. As jy dronk bestuur, al maak jy nie n ongeluk nie, donder ek jou dood. Ek versuip jou in die swembad. Verstaan ons twee mekaar?”

Hy lag net,” Oom weet mos ek drink net een bier n aand, sy is veilig Oom, ek belowe”.

Drie uur die nag kom hulle veilig terug, die mannetjie is so nugter soos n vink, maar my dogter is nogal heel jollie en verspot. Ons het nog nie n oog toegemaak nie. Ek is net bly dis verby, nee ek is dankbaar dis verby.

Want hier teen n palmboom op die middelmannetjie van n straat nie ver van my huis, is daar n houtkruis ingeplant, en daar is hopies vars blomme daarom gestrooi. Dit was iemand se kind wat verlede week al matriekafskeid gehou het.

Elke dag teen sononder sien ek mense daar staan.

7 antwoorde op Laatlam word groot.

  1. katrina het gesê op Oktober 17, 2008

    Die hele matriekjaar was vir my ‘n tandekners en bidjaar gewees. Mens is so dankbaar as alles goed afloop. Maar daai boom waarvan jy praat – ai, dis so hartseer. Ek het die berig gelees en die foto gesien…

  2. Ou-Top het gesê op Oktober 17, 2008

    Katrina, dan is daar skole se matrieks wat elke jaar na die eksamen afgaan see toe vir n week se paartie hou, ek het my kind verbied, oor my dooie liggaam gaan sy met n kar vol jongmense hier oor ons pothole besaaide paaie na die see. Nooit.

  3. Ek is bly alles het goed afgeloop vir julle. Ek moet nog self by die goed uitkom so ek leer maar noual…

  4. Ou Top jy laat my ‘n knop in my keel sluk. Ek was op matriek vakansie en een van ons het nie weer huis toe gekom nie – ‘n band wat gebars het en ‘n kar wat gerol het. As ek eendag kinders het weet ek ook nie of ek dit sou kon doen nie. Ek dink nie so nie.

  5. Ceara het gesê op Oktober 17, 2008

    Ou Top ek is bly sy het veilig teruggekom en dat sy so pragtig gelyk het.. Jammer oor die hartseer, maar niemand sal ooit heeltemaal jou plek in haar hart neem nie, dit moet jy weet.

  6. susan5 het gesê op Oktober 19, 2008

    Ja dis darem ‘n moelike tyd in mens se lewe. Maar ons moet almal daardeur gaan, dis net vir my of die kinders en die gevare baie erger is as toe my kinders in Matriek was. Man het geweier dat dogter na die after party toe gaan, daai dae was dit nog nie eintlik hoog mode nie, maar hy het geweier (polisieman gewees)want hy is(soos julle almal)net ‘n liefdevolle beskermde pa.Groete.

  7. Met my koring nog groen op die lande sidder ek oor hierdie ene, outop. Veral as ek onthou hoe roekeloos ek self na daardie groot aand was…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.