by

Die regte kosse vir die regte liggame.

Oktober 8, 2008 in Sonder kategorie

Tronkie skryf vanaand op haar blog van die regte kosse vir jou liggaam. Sekere bloedgroepe moet sekere kosse kry. Lees haar blog gou. Hierdie goed werk jong. Gaan dan na Ruby Tuesday se blog, sy het vanaand n pragtige gediggie geskryf, maar dis net leesbaar vir mense van die bloedgroep B positief, die ander kan dit glad nie lees nie. Ek kan, my vrou kan nie. Sy dink ek’s mal, en ek dink sy’s blind. Sorsie kan dit ook nie lees nie. Verstommend.

6 antwoorde op Die regte kosse vir die regte liggame.

  1. tronkie het gesê op Oktober 8, 2008

    Ek is A+ – ons kan net ons oë toemaak en dan hoor ons ‘n stem wat die gediggie voorlees! Toets bietjie jou ribbetjie en laat weet my! Lekker slaap.

  2. Ou-Top het gesê op Oktober 8, 2008

    Gaan lank vat voor ek weer daai vet ribbetjie probeer. Maar n man vergeet, en jy onthou net die lekker, dan doen jy dit weer. Ek gaan bietjie meer lees oor daai goed van jou.

  3. antsussa het gesê op Oktober 8, 2008

    Ag nee, Ouman, jaag jy my rond na goed wat ek klaar gelees het. En nie gelees het nie ook. Dag Tronkie het weer bygeskrywe. En Robyntjie het ietsie opgesit.

  4. Ou-Top het gesê op Oktober 8, 2008

    Ag Susa,ou Sorsie eet nie die regte vitamines nie, ek wou maar net mense wys hoe belangrik sekere kosse vir sekere bloedgroepe is. Die goed werk.

  5. antsussa het gesê op Oktober 8, 2008

    Ouman, jy weet maar nie hoeveel leer ant Sussa ook hier op die blogplek nie. Van een en almal, jonk en oud.

  6. outop , beter dat mens nie alles glo wat dokters seg nie …. die bloggers lyk my slimmer as die kwakke

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.