by

Wat gaan aan in Mosambiek?

Augustus 27, 2008 in Sonder kategorie

Afgelope ses maande het meer as ses mense wat ek ken of verlangs ken, besluit om op die pak en na Mosambiek te verhuis. Die jongste geval, hierdie week gaan airconditioners daar herstel, vir n besigheid wat reeds aan n Suid Afrikaner behoort. n Nader ou het gaan visvang daar en hy kom terug en vertel die vakansieoord waar hy was behoort aan n Suid Afrikaner en sy twee kinders. Het al 24 Chalkets en n paar bote. Nog n ou sê die Supermark op Valinculas behoort aan Afrikaansprekende mense. Nog iemand sê in  sekere dorpe hoor jy meer Afrikaans as Portugees.  Nelspruit die naaste groot dorp aan Mosambiek bars glo uit sy nate uit.

Vind hier n groot trek in die geheim plaas?  Is daar iemand wat weer lig kan werp?

11 antwoorde op Wat gaan aan in Mosambiek?

  1. Vetjan het gesê op Augustus 27, 2008

    Ou Top, Mosambiek is besig om te boom !
    Veral Suid Mosambiek, Dis nou Van Vilankulos af suid tot by Maputo. Daar is ‘n kombinasie van redes, die land is besig om te stabiliseer, infrastruktuur is aan die verbeter, maar die belangrikste is die wonderlike gesindheid van die gewone Mosambieker.

  2. katrina het gesê op Augustus 27, 2008

    Nee wat, ek dink die malariamuskiete skrik mense lankal nie meer af nie. Dis die in-ding om daar te gaan vakansie hou, deesdae, of eiendom te besit.

  3. Ons kan maar soontoe trek, Ou Top, maar ons los maar ons ou “maribatjies” hier in SA. Ek wil nie na ‘n Zim voorval ‘n bywoner word nie.

  4. Ou-Top het gesê op Augustus 27, 2008

    Het intussen n verlangs neef daar in Nelspruit gebel. Hy sê dieselfde as Petrus Pap: dis die gesindheid van die gewone Mosambieker wat n mens aanstaan. Ek meen hier by ons se n hoogere minister met die naam van Pahad dat die witmense hoop 2010 se sokker is n mislukking! Ons hoop nie so agbare Minister, ons is bang daarvoor, want ons sien op TV hoe die vakunies staak by die bouery van die stadions.
    Ou neef beaam ook wat Kammakazi sê: daar is werk vir ons kinders. Sê ook dat hy lankal sy vakansiehuis in Margate verkoop het en een aangeskaf het by Inhambane in Mosambiek.

  5. Ou-Top het gesê op Augustus 27, 2008

    Hier stuur n ou vir my n e-pos dat dit glo in die koerant was dat dien koninklikes van Nederland hul vakansiehuis in Kalifornia, Amerika verkoop ehtb en een laat bou het in Mosambiek: is glo mooier en veiliger daar.

  6. Ek stem saam met Katrina.
    Ons het baie erger plae hier as muskiete 🙁

  7. Liewe Ou Top, ek worstel met ‘n ding daar op my blog waarmee ek seker is jy my mee sal kan help. Het jy ‘n tydjie om gou te gaan kyk?

  8. zephur het gesê op September 2, 2008

    Moer dis nuus, maar ja met die Groot Trek weer in volle mag kan seker enige land in die ou wêreld van ons nou blyplek word vir verlore SA siele.

  9. Izakdv het gesê op September 2, 2008

    wel. Dalk is die geheim uit! Ek dink dis ‘n diaspora eerder as ‘n trek!
    izak

  10. Ek dink dis omdat die regeering van mozambiek weet dat die wereld/lewe/systeem/politiek nie oor kinderkak gaan nie. En ook n toeriste aantrekking vir Wit SuidAfrikaners en ook Europeers – en hulle kom geld spandeer* Lekker aand 🙂

  11. ylm het gesê op September 7, 2008

    Ek het vir 7 jaar in Maputo, Mosambiek gebly en is nou 2 jaar terug in SA en glo my vry as ons die geleentheid kry is ons terug in Mosambiek.
    Dis die lewe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.