Vir Joanna

Sat 6 Mar 2010, 12:59        (1) 0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

Ek het lekker ge-maaglag oor Joanna se buurman dilemma, die ene wat homself so mildelik aan hul arbeidsvreugd help. Tuinwerk is heerlik, vervullend, maar ook deksels harde werk. Daar is peste en plae (nie die buurman nie), swamme en siektes, droogtes en te veel water, bossies ens,ens,ens. Dis soos 'n oorlog, maar, aan die einde van die stryd tree jy darem meestal met 'n groentetjie of twee uit. Nie in Joanna se geval nie. Ek lees die nuutse organiese sprei is 'n mengsel van knoffel en ander nie-so-welriekende plante nie. Knoffel is glo ook heel effektief om vampier se kind van jou lyf af te hou, so, dalk moet Joanna van daai reuse knoffel oral om en in die tuin plant, maar as daai orige buurman nou 'n knoffel liefhebber ook is, dan moet sy maar by Natuurbewaring 'n paar wolf slagysters gaan leen.

 

Die storie dra ek vandag aan Joanna en alle ander beleerde tuiniers op.

Ouma, (by wie ek grootgeraak het) vertel altyd die ware verhaal van haar swaer. Ons noem hom sommer Oom Koos, hy was getroud met ouma se oudste suster, ons ken haar almal as tannie Lief. Sy het nooit 'n eie kind gehad nie, en net soos ek het sy haar maar getroos met die familie en bure se kinders, en later selfs die kleinkinders, sy is al diep in die negentig en baie kosbaar vir ons almal, maar terug na die storie. Baie, baie jare gelede was sy getroud met oom Koos, hy was 'n harde man, meesterbouer, hande soos piesangtrosse, vel bruin en soos leer gebrand, harde werker, 'n perfeksionis met bouwerk, goeie mens, soekend na God, (ek dink hy het in sy leeftyd aan elke soort geloof en kerk behoort van Apostels en Jehova's tot die ander alternatiewe soorte, die wie hy se taal kon verstaan in alle geval), maar, so suinig soos die duiwel van self. Tannie moes alles self doen op die plasie, want hy betaal nie sy swaarverdiende geldjie aan arbeiders nie. Hy was nie baie tuis nie, was te besig met stadsale en kerktorings bou, hande so skurf dat dit verf van die mure kon afskraap. Die een jaar is dit 'n mieliejaar, die mielies staan groen en geil op die lande, die koppe so swaar dit trek die mielies skoon skeef, maar niemand mag soveel as 'n kop mielies pluk nie. Dis oom Koos se mielies. Kom hy by ouma-hulle of die ander bure eet hy homself boepens dik aan die groenmielies, maar uit sy eie land mag daar nie soveel as 'n pit gepluk word nie. Tannie Lief verjaar en al wat leef en beef in die omtrek kom kuier soos net plaasmense kan kuier. Tannie Lief het gebak en gebrou, en sy mag maar bak en brou, dis koeke en handtertjies, melktert en koeksister, fyngestmpte biltong en vir die dorstiges, lemoenstroop en gemmerbier. Na die aand se kant toe word daar 'n vleisie op die vuur gegooi, lekker stywe pap en tamatiesmoor is ook op die spyskaart. Laatmiddag keer Tannie Lief vir Pa en oom Ronnie voor. Stop hulle 'n goingsak in die hand en jaag hulle die land in. Veel later kom hulle sukkel sukkel terug met die sak tot barstens toe vol met die heerlikste vars groenmielies. Hulle pluk dat die blare trek en kort voor lank ruik jy net mielie op die werf. Oom Koos wil weet waar al die mielies vandaan kom, waarop die konkelaars hom ewe onskuldig antwoord dat die twee jong latte dit by die buurman gaan steel het. Daardie aand eet oom Koos hom aan sy eie mielies dat die botter by sy elmboe afloop. Tussenin kry Pa en oom Ronnie so 'n gemoedelike botter klappie op die skouer vir hulle vernuftigheid, die buurman se mielies is die jaar besonder lekker. Pa se hulle het vir baie lank agterna nog gelag oor oom Koos wat hom so ooreet het aan sy eie mielies.

 

Ek het ook jare gelede 'n vriendin gehad met die langvinger siekte, ek het maar so af en toe gaan kuier en dan maar terug gesteel wat sy weggedra het. Dalk moet Joanna maar met 'n mandjie in buurman se spens en vrieskas gaan kuier....

 

 

 

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

ousus

Se dak het ingesak

Geslag: Female Send Message Stuur Boodskap
Stad: Bloemfontein Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: South Africa Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 2788
Kommentaar: 282
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 1 intekenaar(s)

Kentekens

Onlangs Opgedateer

eerlikwaar! net myself DinkWeer Dinkweer Stilekke(my... Stilekke
FAANSIE Faansie waan en sin suna Veselglas &... Voz Sola

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec