Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Profile photo of ou-sus

by ou-sus

Ou Mans en Nuwejaarsvoornemings

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Soos reeds gese, was my nuwejaarsvoorneme “don’t sweat the small stuf”, maar ek het vergeet van die persone (om nou nie seksities te wees nie) wat glo verantwoordelikheid neem is ‘n terminale siekte.

 

Ons wil mos huis koop. Die aanbod is gemaak en aanvaar, die koopkontrak is geteken en vir die bankman gestuur, ons begin solank papiere bymekaar kry vir die leningaansoek. Die tyd gaan verby en ons hoor niks van bankman, ek bel en die dowwe dolla by die skakelbord kan net herhaal dat Mr So-and-so not available is, kan nie ‘n boodskap laat nie, hy is met verlof en sy sal nie weet wanneer hy terug sal wees nie. Ek moet maar weer probeer, week later vertel sy my dieselfde storie, maar nou effens ongeduldig, week later, selle storie, meer ongeduld. Uiteindelik is Mr So-and-so terug, ek vra oor die getekende koopkontrak, hy se dis dan by my, ek se nee, hy sal gaan uitvind. Twee dae later bel ek weer, “O, die dametjie het vergeet om dit vir julle te stuur, dis direk na die prokureurs toe”, maar wees nie bekommerd nie, aangesien dit nou hulle foutjie was, sal hulle die kontrak deurstuur na my toe en hulle sal ons ‘n adisionele 2 maande gee. Volgens my berekeninge gee dit ons tyd tot einde Maart tyd, maar al ons papiere is in orde en ons gaan voort met die aansoek. Vroeg die maand kry ek ‘n e-mail van Mr S af, die koop word gekanselleer want ons tyd om die lening te kry het dan nou al verstryk. In geen onsekere taal het ek hom laat verstaan dat dit nie in “ORDE” is nie, en sy eie e-mail aan hom teruggestuur. Nou het ons darem tyd tot die einde Februarie, want (raai, raai) daar is ‘n ander party wat ook belangstel!!! Goeie nuus is dat ons die lening by twee banke gekry het en dat ons nou net wag vir die prokureurs se papierwerke.

 

So is ek die hele week in JHB en vlieg ek uiteindelik Saterdag terug huis toe, die vlug wat gewoonlik 50 min duur, styg 12:35 op en land uiteindelik om 14:00. Vir die eerste keer word ek lugsiek van al die geskommel en geskud. Vir die eerste keer is daar dan ook twee manlike waardinne. Genadiglik sit ek heel voor en alleen, ek mik vir die ou sakketjie, maar daai ou sakketjie is dalk groot genoeg vir ‘n olike ou feetjie, maar dit wil nie so lekker werk vir my nie. Ek druk desperaat die knoppie en die dierbare ou mannetjie bring warm lappies en vee my gesig, my bene, my boobs, my skoene af, ek gee nie eers om dat ‘n vreemde man my ewe sagkens skoonvee nie. Hy was rerig dierbaar, ek is net jammer dat ek nie sy naam gekry het nie, ek wil sy baas gebel het en ‘n verhoging vir die mannetjie aanbeveel het. Selfs nat lappie en ‘n botteltjie water in die hand gedruk net ingeval ek later weer nie lekker voel nie.  Ek was so vies vir myself, kon nie eers vir manlief, hartskind of piepklein babatjie groet nie. Ons is met die spoed van wit lig en met al wat ‘n venster is, oop huis toe. Ek is reguit badkamer toe en manlief moes jaag vir Ginger Ale, eers na ‘n was, ‘n bad en ‘n harewas kon ek my mensies teen my vasdruk.

 

Sondag 2 uur is Hartskind in hospitaal toe, haar angels moet uit. Ek mag die nag by haar bly, en so sit ek toe, boude op plank, kop op die matras, dwaal die gange op en af en wonder of die personeel weggeraap is, luister hoe die twee tieners in die kamer langsaan giggel, gesels met die skoonmaker wat die asdrom vir die 3de keer kom skoonmaak, dwaal maar weer die gang af sit, dwaal, sit, dwaal. Maandagoggend is sy teater toe, skaars uit of haar ma daag op. Hartskind slaap die slaap van die onskuldiges en ek moet met die vrou sit. Sy het verbale diaree en 2 ure later weet ek meer van haar sekslewe as wat ek wil of behoort te weet, toe bedel sy geld vir koeldrank en pynpille en verlaat my om by die kliniek te gaan uitvind of haar bind los is want sy dink sy is weer preggies!!! Teen die tyd het ek meer as 24 uur laas geslaap, my rug voel asof iemand hom afgebreek het en swak gelas het, my voete lyk soos ballonne en die dokter het vergeet om die ontslag te teken. Maandagaand 21:00 is ons uiteindelik weer tuis.

 

Dinsdag moet ek jaag om al die werk wat agter is op te vang, die naweek was te kort daarvoor en ek mag nie my laptop saamgevat het hospitaal toe nie. Hartskind kla omdat sy nog nie roomys gekry het nie, ek reel met ma Liesbet om gou by haar te bly en ek vertrek op die roomys missie. Minder as ‘n kilometer van die huis af ry ‘n ou oom my van die pad af. Ek kom om die draai en daar is sy kar reg voor my. Hy het die draai gesny en ry aan my kant van die pad, die kant waar ek veronderstel is om te ry. Ek druk toeter, trap briek, ruk die stuurwiel na links. Hy sien my uiteindelik, probeer uitdraai, maar te laat, Blessings in sy glory in. Ek kom tot stilstand, agterwiele in die pad, vlenter neus in die grasse. Ek probeer die deur oopmaak, maar verniet, deur sit vas. Die volgende oomblik ruk die ou man hier aan die deur wat nie wil oop nie, al gillende omdat ek kwansuis in hom vasgery het. Toe hy nie die deur oopkry nie, begin hy hier deur die oop venster aan my arm pluk, “ek moet uit want ek moet nou dadelik gaan kyk hoe sy kar dan nou lyk”. Ek probeer kalm bly, my ma-hulle het my maniere geleer en hy is ‘n ou mens. Ek klim oor die ratte en uit by die passasierskant, hy hop hier voor my rond, gil in my gesig en dreig my met die poslisie en sy prokureurs. EK BLY KALM… maar toe hy my vra of ek dan nie kan kyk waar ek ry nie, vererg ek my. Ek was aan die regte kant van die pad, hy was in die verkeerde baan, hy het my getref, as ek nie so vinnig gereageer het nie, sou hy my reg van voor getref het. Ek vertel hom toe dat ek ‘n Suid Afrikaanse rybewys het, in Suid Afrika ry jy aan die linkerkant van die pad, in watter land het hy nou net bestuur? Toe word die ou blikskottel rooier en vertel my dat hy ‘n grootmens is en dat ek nie so met hom kan praat nie, hy klap my sommer. Dis toe dat ek my weer vererg en hom vertel dat my ma my maniere geleer het en dat ek gewoonlik ou mense respekteer, maar geen, maar geen man klap aan my nie, en dat as hy so voel ek my maniere kan vergeet, ek sal nie terugklap nie, maar ek kan hom dalk trip en hom stil sit (ek is nie ‘n liggewig nie). Genadiglik hou daar toe ‘n parmantige samaritaan stil en toe die oom die ander man gewaar is hy so mak soos ‘n ou lammetjie, arme ou man, siek vrou by die huis enso enso. Die man bekyk die karre, die briekmerke en die oom. Hy wil weet hoekom die oom aan die verkeerde kant van die pad was, hy vertel die oom dat hy bly kan wees dat ek so vinnig gereageer het, daar is net my briekmerke op die pad, hy het nooit eers probeer briek nie, net te laat uitgeswaai. Samaritaan het ‘n kamera en ek vra hom om foto’s te neem. Oom gee baie onwillig sy besonderhede en ‘n tydelike lisensie wat al in Maart 2004 verval het. Hy het geen versekering nie, maar soek my prokureur se nommer, want ek sal vir sy skade moet betaal, hy gaan my dagvaar. Samaritaan skud net sy kop, gee my sy nommer en belowe om my die foto’s te e-mail. Ek het versekering, gelukkig, want Blessings wil nie eers weer vat nie, die Cobra’s het hom daar kom wegsleep. Ek het die gebruik van ‘n ander voertuig op my polis, maar dit gaan ‘n deposito van R750 kos. My bybetaling is R2650, die versekering sal dit dan van die ou fossiel pronbeer verhaal, maar vanoggend bel hule Legal Dept my, die oom antwoord nie op die nommer wat hy gegee het nie.

 

Nou wil ek weet, wat se hoop is daar vir hierdie nasie, as die bind nie wil hou nie en slegte ma’s aanhou “preggies” raak. As ‘n man van 83 steeds nie verantwoordelikheid kan vat nie, en steeds glo dat geweld teenoor ‘n vrou reg is. As professionele mense, onprofessioneel optree. Ek het my ma gebel en vir haar dankie gese dat sy my sulke goeie maniere geleer het, want anders was ek nou nog gedagvaar vir aanranding ook….