Profile photo of Neander

by

Hansworse, Harlekyne en Narre

Oktober 24, 2011 in Sonder kategorie

           

           

Die 16de Hanswors-konferensie is tans aan die gang in Mexiko.

Een van die aktiwiteite van die 250 deelnemers vanoor die hele wêreld was ‘n 15 minute lagproses vir wêreldvrede.  

Die vorige konferensie is deur sowat 400 Hansworse bygewoon, wat wys dat die resessie selfs die edelste van vermake ook getref het.

 

Die pret van die lagitem het nou ‘n ware politieke kleur gekry met baie waarnemers wat van mening is dat die lagproses dalk meer gaan bereik as ‘n volle sitting van die VVO se Veiligheidsraad.

Die VN Resolusies vir vrede blyk min invloed te hê.

Miskien moet Julius dalk ook die konferensie bywoon of die konferensie moet na SA kom.

Ek moet erken die narkostuums is baie oorspronklik en ek verstaan dat elke nar sy kostuum kan registreer vir kopiereg.

Francesco die Nar was baie gesteld daarop dat hy ‘n Harlekyn was in die ou Franse tradisie. Hy was geen platvloerse, struikelende hanswors met ‘n ou hoedjie, groot skoene en ‘n rooi mond wat gewone grapppies maak nie. Nee, hy spreek net wyshede en waarhede uit. 

 

Wie sê daar bestaan nie ook snobisme onder hansworse nie?

Die genetika bestaan selfs onder die masker van vermaak, al is die harlekyndrag ‘n meem.

 

Nou ja toe, klasseverskil en vertoon selfs met grimering aan, bly maar ‘n eienskap van Homo sapiens. 

 

Ek wonder of Hans en Maans ook by die konferensie is en die spoke van die begraafplaas?

34 antwoorde op Hansworse, Harlekyne en Narre

  1. VozSola het gesê op Oktober 24, 2011

    …en die res van ons dwaal ongekopieërd met onse smiley make-up rond…

  2. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Dalk ‘n lag met ‘n traan?

  3. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Jip, ons sit die beste voetjie voor met ‘n (skyn) glimlag om almal rondom ons te beïndruk.

  4. En elke hanswors het sy eie grimering, amper soos ‘n kenmerk.

  5. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Ja en hulle is baie oorspronklik.

  6. Adage het gesê op Oktober 24, 2011

    Mense en hul maskers – interessant

  7. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Jip, al die verskillende soorte, rasse en klasse agter maskers.
    Klink dit bekend?

  8. TS het gesê op Oktober 24, 2011

    Selfs Kersvaders het ‘n klasseverskil en ek glo die tannemuis kom nie ver agter…

    Lekker week

  9. TS het gesê op Oktober 24, 2011

    Tog sit hulle aan die voete van konings

  10. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Baie Vader Krismisse lyk darem dieselfde, net hulle groot mae verskil.

  11. Adage het gesê op Oktober 24, 2011

    Hmmm en selfs op die blogs val mense in verskillende kategoriee?

  12. TS het gesê op Oktober 24, 2011

    Die klas lê tog in die geskenke?

  13. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Ha ha, Avatars is ook ‘n masker waaragter die anonieme hansworse manifreur.

  14. Klasseverskil en vertoon bly maar n eienskap van Homo
    sapiens – ons kan maar net daaroor lag.

  15. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Nee wat ek hou van almal, elkeen speel sy eie identiteit.

  16. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Ons sien onsself deur narre, as deel van die werklikheid.

  17. Adage het gesê op Oktober 24, 2011

    ja ek weet, myne was inisieel Liewe Heksie ..,.
    :)
    Maar toe sê iemand ag nee en toe soek ek iets wat die teenoorgestelde is..of miskien is dit nie

  18. Lyk na FUN!

  19. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Groot pret!

  20. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Narre fassineer jou.

  21. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Liewe Hadagie.

  22. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Ja dis mos toneelspel in sy uiterste en klassieke vorm.

  23. is jy ook daar? :-)
    *ek koes vinnig*

  24. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    (grinnik) Alhoewel ek soos ‘n oernar lyk, speel ek maar net my ware self met my groot knuppel.
    Soet wees!

  25. 250 van die ouens is te veel- hel dit hou nie op nie…

  26. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Elke mens skep sy eie werklikheid al is dit agter ‘n masker en grimering.

  27. lora2me het gesê op Oktober 24, 2011

    Ek sien die naweek, in Pretoria, was die sirkus weer daar met “regte, egte olifante” en vir seker hansworse met groot skoene en baie roomkoeke. Francesco het baie blinkers op sy gesig gedra en ek weet dit het oral waar hy oorgeslaap het, so tussen die plankvloere ingeval. Hy het dus na sy vertrek nog steeds ‘n bietjie humor agtergelaat, want geen stofsuier kon die blinkers opsuig nie. ;)

  28. Neander het gesê op Oktober 24, 2011

    Jip, daar by die Pretoriusstraat ingang, gister gesien.

    Francesco was ‘n harlekynikoon.

  29. avega het gesê op Oktober 24, 2011

    Net soos die blogs

  30. Neander het gesê op Oktober 25, 2011

    Jip, bloggers speel ook. Toneel. Met mekaar. Ensovoorts.

  31. Neander het gesê op Oktober 25, 2011

    Haha, goeie waarneming. Hulle maak inderdaad baie grappe.

  32. Hoe gaan die ou liedjie? “Gee die harlekyn nog wyn….”

  33. Neander het gesê op Oktober 25, 2011

    Bietjie dop en dam?

  34. Neander het gesê op Oktober 25, 2011

    Hawking kan glad nie staan nie en Dawkins is te besig met navorsing om nie-biologiese ouens soos jy bietjie touwys te maak:-)

    Hansworsery kom egter op alle vlakke van die samelewing voor, ook by politici.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>