Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Avatar van Neander

by Neander

Verskille tussen mans en vroue? Die finale woord!

Desember 6, 2010 in Sonder kategorie

Hier het die laaste tyd heelwat blogs verskyn oor die verskille tussen mans en vroue en ek het dit goedgedink om ‘n paar werklike verskille grafies aan te toon. 

 

Mens wonder of die ouer-voorbeeld ‘n groter rol speel as wat mens sou vermoed.

 

Die hande speel nogal ‘n ‘prominente’ rol in die manipulering van voorwerpe en die gesigsuitdrukking vertel die hele storie, nie waar nie? Tongue out

Avatar van Neander

by Neander

Vreemde lewe? Groen plante? Hoe so?

Desember 3, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie blog sluit op ‘n manier by my vorige een oor die ontdekking van vreemde lewe aan. Ek blog vandag oor iets wat nie baie bekend by mense is nie.

Hoekom is plante nou juis groen?


Logies, omdat hulle bladgroen of chlorofil in het waarmee hulle fotosinteer, soos almal tog weet. Maar hoekom is bladgroen dan groen en nie swart nie, as dit dan sonlig wil absorbeer? Swart absorbeer die meeste lig en hitte.
Ek het by Prof Erik Holm, entomoloog, gaan kersopsteek na aanleiding van die radioprogram Ek wil Weet.
Blykbaar was die eerste bakterieë wat in die wêreld se oseane geleef en sonlig geabsorbeer het, nie groen nie, maar persrooi.
Hierdie proto-bakterieë kon nie fotosinteer met die rooi pigment nie, maar wel energie opwek vir hul bedrywighede – omtrent soos ’n fotovoltaïese sel. Hulle absorbeer die middelste (en ook volopste) geelgroen lig en los net die lig aan die twee ente van die spektrum: rooi en violet.
Hierdie pers bakterieë het toe uiteindelik die hele verligte bolaag van die see sodanig bevolk dat hulle feitlik al die beskikbare lig in die middelspektrum gemonopoliseer het.


Toe ontwikkel daar bakterieë wat die ongelooflik komplekse sintese van koolstofverbindings uit CO2 en lig energie regkry. Fotosintese soos ons dit ken.
Maar hierdie ontwikkeling vind plaas as’t ware in die skadu van die persrooi laag bokant hulle. Fotosintese ontwikkel dus om te werk met net die rooi en die violet dele van die ligspektrum.
Die kleur van ’n voorwerp is daardie golflengtes wat hy nie absorbeer nie en dus terugkaats. Daarom is wit die kleur van iets wat feitlik alle lig terugkaats (’n mengsel van al die kleure dus) en swart die kleur van iets wat feitlik alle lig absorbeer.
Daarom is dit ook duidelik dat persrooi bakterieë groen lig “vreet” en groen bakterieë juis nie groen lig nie, maar rooi en violet absorbeer.

Die oorspronklike fotosinterende bakterieë is uiteindelik “makgemaak” deur plante en leef nou as simbiotiese organelle in elke groen plant.
Plante kan eintlik nie fotosinteer nie, hulle het die klein groen slafies wat dit vír hulle doen!
En in 600 miljoen jaar kon hierdie slafies nie die fotosinteseproses verander nie, hoewel daar nou al net so lank nie meer persrooi bakterieë bo hulle sit nie!

(In dieselfde asem kan ek noem dat ons ook nie suurstof kan gebruik nie, ons gebruik mitochondria, wat ook eers bakterieë was, daarvoor. Dis ook waarom ons oud word en sterf, ons roes biologies op).

Hier is nog ’n mooi stertjie aan hierdie storie.
Die retinaselle in die menslike oog gebruik steeds rodopsien (die rooi stof wat die protobakterieë gebruik het) om ligenergie in ’n senuwee-impuls om te sit. Die rooi oë wat ons dikwels op ’n flitsligfoto sien, is dus die beeld van die oer-oseaan! Oulike nè!
Meer nog: Ons retinaselle het nege dendriete (senuweedraadjies), die onveranderde en steeds herhalende getal stafies wat in die eerste “flagellum”  of stertjie van die eerste bewegende mikro-organismes voorkom. En in die stert van elke manlike spermsel is dit ook steeds nege.

Daar is mense wat sê dat evolusie aan ons ’n onheilige meganistiese en materialistiese wêreldskepping voorhou – voorspelbaar en vervelig soos ’n masjien.
Ek moet erken, vir my is ontdekkings soos dié hierbo net te fantasties vir woorde, en ek kry ‘n lekker kick uit die werking van die natuurwette.

Diè manier van ‘skepping’ is vir my ’n openbaring en ’n wonder baie meer fassinerend as in die lig van ‘dit is maar net sommer so gemaak en laat staan’.

 

Avatar van Neander

by Neander

ET dalk ontdek?

Desember 2, 2010 in Sonder kategorie

NASA gaan vandag om 2nm Eastern Time (sowat 8nm ons tyd) ‘n astrbiologiese bevinding bekend maak, wat ‘n impak op die soeke na buiteruimtelike lewe sal hê. Soos julle nou alreeds weet is astrobiologie die studie van die oorsprong, ontwikkeling, verspreiding en distribusie van lewe in die heelal.

Dalk het hulle ET ontdekWink 

 

Die nuuskonferensie gaan by NASA se hoofkwartier in Washington gehou word en sal ‘n lewendige uitsending wees, ook hier te sien http://www.nasa.gov. 

Deelnemers aan die perskonferensie gaan wees: 
Mary Voytek, direkteur, Astrobiology Program, NASA Headquarters, Washington 
Felisa Wolfe-Simon, NASA astrobiologiese navorser, U.S. Geological Survey, Menlo Park,      Californië. 
Pamela Conrad, astrobioloog, NASA’s Goddard Space Flight Center, Greenbelt, Maryland. 
Steven Benner, volgeling (distinguished fellow), Foundation for Applied Molecular Evolution, Gainesville, Florida. 
James Elser, professor, Arizona State University. 

Van die klomp ken ek net vir Dr Steve Benner. Hy was die biochemikus wat die eerste kunsmatige genoom opgestel het met nuwe kunsmatige DNS. Die doel was om meer proteïne te maak as wat ons huidige genoom kan maak.

Hy het ook navorsing gedoen oor hoe die DNS van herkouers ontstaan het na die verskyning van gras op aarde, en dit sluit ook paleogenomie in. Dis die studie van die genome van oerdiere. 

Miskien moet ek ‘n hele blog net oor die merkwaardige man doen. Hy is waarlik ‘n biologiese pionier.


Media verteenwoordigers mag die konferensie bywoon en vrae vra. E pos kan gestuur word aan stephen.e.cole@nasa.gov of tel 202-358-0918 . 

Ek kan maar net hoop ons word iets wys.

 

 

Avatar van Neander

by Neander

Moord en Opstanding

Desember 1, 2010 in Sonder kategorie

My blog vanoggend is geïnspireer deur Spekbek wat my aangepor het om oor my musiekintrumente te blog en Maankind wat die speelgoedvoorstel gemaak het.

Soos julle hierbo kan sien, lê ‘n vermoorde Hawaise kitaar in sy half lewende tassie op die vloer, net mooi reg om begrawe te word. Maar moenie glo nie!

 

Ek het die stukkende kitaar by ‘n konsertinaspeler gekry wat dit weer by iemand anders gekry het. Maar treurigheid op note!. Alles is gebreek, die man wou die pickup verander, toe het hy stukke begin uitsaag en toe hulle die snare opsit, breek hy netjies in twee. Hulle probeer las,  maar puur verniet. Toe strip hulle die hele ding en probeer dit verkoop as skroot metaal.

Die handvatsel is afgebreek as botteloopmaker.

Kan ‘n mens ‘n instrument so verniel en dan nog aanspraak maak om ‘n musikant te wees? Nooit nie! Ek dink die Stradivariusse en ander groot instrument bouers van die wêreld draai in hulle grafte om as hulle dit sou sien.

Maar nou ja, die een se dood is die ander se brood.

Ek het hom en nog ‘n ander stukkende kitaar vir mahala in die hande gekry en die herstel en opstanding is besig om te gebeur.

Ek het al klaar die Amerikaanse Okkerneuthout gelas en die stukke ingelas wat ontbreek het.

Die fretboard is nuut gedruk, die pickup word gepas en ‘n nuwe bruggie word van vlekvrye staal gemaak. Hout klaar afgeskuur.

Gelukkig is die tassie nog bruikbaar. Die handvatsel is vervang met egte Zebraleer. Self geskiet in die Bosveld in ‘n hings-uitdunningsprogram. (Net ingeval iemand my aanvat). 

Wie sê stukkende speelgoed kan nie weer nuttig gebruik word nie?