Profile photo of Neander

by

Wat is Liefde?– Deon Opperman

Maart 27, 2009 in Sonder kategorie

 

WAT IS LIEFDE?

Wat is liefde, hoe weet jy dit is waar,
Is dit iets wat jy versigtig soos geld kan spaar,
Pluk dit aan jou hart soos druppels aan ‘n blaar,
Soos wind aan ‘n spinnerak, soos vingers aan ‘n snaar?

Wat is liefde en kan jy daarteen stry,
Is dit iets wat jou verslaaf, of iets wat jou bevry,
Sal dit jou die pad wys, of sal dit jou mislei,
Sal dit soos die mis kwyn, of sal dit ewig bly?

Jy vra my wat is liefde?…dis die soetste, soetste seer,
Dis hartseer en verlange, en ‘n duisend dinge meer,
Dis lenteson, en winterreën en somer donderweer,
Dis alles wat jou hart soek, en niks wat hy kan keer.

Die digters sê dis waansin, sonder rede, sonder hoop,
‘n Pad wat selfs ‘n engel sal huiwer om te loop,
‘n Dorsmasjien waar duiwels ‘n mens se siel kaal stroop,
Die duurste ding wat man of vrou met murg en bloed kan koop.

11 antwoorde op Wat is Liefde?– Deon Opperman

  1. katrina het gesê op Maart 27, 2009

    Liefde is ook kwiksilwer. Die foto illustreer dit baie goed!

  2. kookpunt het gesê op Maart 27, 2009

    Baie waar woorde

  3. Neander het gesê op Maart 27, 2009

    Katrina, Oompie, Ghapi, ja Deon het dit baie goed verwoord, wonder of hy dit ook deurgegaan het, want hoe weet hy van die hartseer en verlange.

  4. Ek hou baie van die gedig!

  5. Sanseveria het gesê op Maart 28, 2009

    Deon Opperman het so pas weer die Hertzogprys vir Drama gewen, het jy gesien?

  6. Neander het gesê op Maart 28, 2009

    San, ek het nie gesien nie, mooi vir hom.

  7. ysprins het gesê op Maart 29, 2009

    goeie aanhaling.

  8. Neander het gesê op Maart 29, 2009

    Ys, dankie vir jou besoek en jou ander insigte

  9. palamino het gesê op Maart 31, 2009

    inspirerend!

  10. Neander het gesê op Maart 31, 2009

    Palomien, dit laat mens dink nè?

  11. Neander het gesê op Maart 31, 2009

    OK Spek ek sal laat waai!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>