winter

 

winter op my stoep

                                                        Dit
                                                        wat nie kapot te kry is
                                                        en niks kapot kan maak
                                                        dit
                                                        is
                                                        skoonheid
  •                                                                                                       Stef Bos

winter op my stoep


Voorsmakie….

Trek is darem nie lekker nie en party is erger as ander, Hierdie een was die ergste. Maar ek gaan lekker hier bly  Baie werk vir my, maar tuinwerk is vir my mos eintlik speel.

Die hele huis het  French Shutters,( wat die afrikaans daarvoor is kan ek nou nie dink nie) Ian, wat al vir 25 jaar hier bly sê die man wat die huis gebou het, het dit oor jare bymekaar gemaak en gestoor tot hy genoeg gehad het om die huis te bou. Die vensters se toue is maar so bietjie kapoet maar ek het darem al klaar iemand wat weet hoe. Dis nogals ‘n gespesialiseerde takie.

Dit vat my omtrent 15 minute om al dertien vensters oop te maak in die oggend en saans weer 15 minute, Hulle het sulke ystertjies waarmee jy dit sluit soos die deure van die kastele in die flieks as die vyand so aangestorm kom met hulle perde en brandende pyle.

Hoef nie een gordyn op te hang nie, hoe lekker is dit, o ja behalwe natuurlik die badkamer. Een ding kan ek julle egter waarborg, dit sal ‘n gesukkel wees om hier in te kom, so ek beter nooit my sleutel  verloor nie, en dit is stik stik donker as almal toe is. Nogals ‘n anderse ervaring.

Daar is ‘n voorsmakie van my nuwe huis……

 

 

 

Hoe dit hier gaan

Wil eers gou hierdie storie vertel. Ons het so McGregor news ding, wat almal iets kan opsit van ‘n garagesale tot ‘n petisie. So kry ek die briefie van die polisie wat sê hier was ‘n paar diefstalle die afgelope tyd en sal ons asseblief die sleutels uit die kar haal as ons erens uitklim en tenminste net die vensters toemaak. Gisteraand sit ek in die sitkamer en ek sien ‘n sterk flitslig by my hekkie aan en afgaan. Gaan uit en sien dis die polisie. Hulle kom net vir my sê ek het vergeet om my garagedeur toe te maak en sal ek dit asseblief doen.

Op dieselfde McGregor News was daar die dag vantevore ‘n petisie wat ons almal moes teken en kommentaar gee. Dit gaan oor die boere wat so afgejaag kom van die berg en toe het een Billy se pou doodgery en dit moet nou end kry. Wel soos elke keer was daar ‘n stortvloed van briewe en die boere ry nou trapsuutjies hier af en hulle stop selfs by die stopstrate. Sal maar sien hoe lank dit gaan hou.

In dieselfde asem het ons dokter wat nou vir 6 maande hier gebly het vir haar bruidegom van 3 weke ‘n eenrigting kaartjie Engeland toe gekoop en vir haarself ene Amerika toe, Dis soos hulle sê McGregor swallows you or it spits you out.

Nou gaan ek pak om te trek, maar ek was nog met al my klomp trekke nie so ongeorganiseerd soos nou nie, en een van die probleme is hier is net een van alles, een ou om die rekenaar te skuif, een ou om jou meubels te vervoer, een ou wat kaste maak, so jy moet maar net baie geduldig wag tot dit jou beurt is. So op daardie noot weet ek na more nie wanneer ek julle weer gaan sien nie, Dit sal wees net na wanneer dit my beurt was.

Van een ding is ek darem seker, ek en ‘n paar van my vriendinne gaan more 5uur nadat ek die sleutel gekry het, ‘n klein ritueeltjie doen om al die slegte energie uit te kry en vol vars goeie energie te maak, ek kan sommer klaar sien hoe trek die wenkbroue op haha.

Tot wedersiens.

Een van daai dae

Die blogs is in sy moer in ek het niks om aan te trek nie ek sukkel my vrek om ‘n eenvoudige rits in te sit daar is nie melk vir tee nie my dogter moet vanaand baie laat alleen van die lughawe ry  ek lees hoe sleg gaan dit in Johannesburg waar my seun woon ek moet my huis inpak en weet nie waar om te begin nie daar’s niks lekkers om aan te knibbel nie  my hond wil nie ophou krap nie  die nutsman se telefoon is af net drie van die roos-stiggies het gevat die verekussings wil nie droog word nie my buurman trek weg my een toonnael groei in ek klim sommer terug in die bed tot volgende week.

Rolf and Vincy

Hier is een van die stories wat ek gekry het vir die boekie waarmee ek besig is.

 

In our small village we are happy when we find someone who shares our interests and this accounts for surprising alliances. One such alliance was the friendship between an idiot savant Rolf whose gift lay in wood-art, and a gifted kleptomaniac called Vincy who was handy with wood as with other commodities.

Rolf and Vincy lived side by side in thatched cottages typical of the village style.

One cold winter’s night Vincy invited his mates for boerrie-rolls and beer, and Rolf was one of the guests

The party was well underway. Rolf carried a tray of empties into the kitchen. Vincy’s kitchen window faced an identical window in his kitchen. Something prompted him to glance through the window at his own house as if to reassure himself that it was still there.

Rolf froze with surprise. Blinked in disbelieve. Felt a wave of panic. There was a light flickering and sliding across the surface in his meagre kitchen. It was torchlight. He could see the sinister shadow of the person holding the torch. As it came and went on the walls and ceiling,,,,,elongating….distorting, an uncomfortable knowledge grew in his gut.

Slowly, sadly as if in a dream, Rolf turned to the party in the adjoining room.

Still not wanting to believe, he looked to find Vincy.

Vincy was no longer among the guests.

 

Jo Nowicky

Hy steek jou hier en hy steek jou daar

Hierdie perdebyhuis het ek van my boom afgehaal. Hy was verlate en in onbruik maar nog vêr van vervalle. Die rede hoekom die perdebye die pad gevat het, is dat Bruno, ons kaalvoet argitek so hard gegil het  met sy besondere mooi bariton-stem toe een hom steek, dat die bye nou hulle nes gaan bou het doer vêr agter die garage. Maar ek is ook al twee keer gesteek, as ek buk om in die beddings te werk. Hulle  klits  my net daar op my rug waar my top optrek en mens kan nie vashou daar nie nê. Dit brand vir drie dae, nie eers bulbenella oftewel katstert wil help nie.

Maar nou wonder ek, dink julle die perdebye in ander lande bou ook hulle huis in die vorm van die land waar hulle in bly?

Wat maak julle hiervan.

Vir drie jaar bly hier mos nou al swaeltjies, wat klokslag op die 4e Augustus opdaag. Toe die nuwe huis nou sy verskyning maak, was my eerste bekommernis wat nou van die swaeltjies?

So begin ek om skemertyd as hulle begin tjirr vir hulle te beskryf waar die nuwe huis is en hulle moet uitkyk vir klomp groot bome en so gaan ek aan. Die kinders dink nie eers ek is koekoes nie, ek dink hulle het nou maar aanvaar ek is.

Gisteroggend toe ek die deur oopmaak lê daar ‘n ding op die gras. By nadere ondersoek sien ek maar daar is verf aan die randte. Loop om die hoek en sowaar, dis die swaeltjie-nessie wat hulle uitmekaar geskeur het.

Wat moet ek daarvan maak?

Uiteindelik

Mens moet ‘n plan hê ‘n duidelike plan, en dan moet jy wag, geduldig en gedwee en dan een dag op ‘n reëndag val alles mooi in plek. Ons het uiteindelik ‘n huis gekoop, ek en my kinders.

Die leiwaterdammetjie,, grasgroen, want ons het lanklaas leiwater gehad.

Hopelik is dit volgende jaar vol wilde-als wat gaan olie word.

Sowaar kom ek toe vanmiddag op die bos aspersies af wat oor ‘n dooie boomstomp groei.  Wonder hoeveel verassings nog op my wag. 3250vkm grond, ek gaan werk dat ek hop.

Dankie

Dankie vir die ondersteuning. Dis nog dalk te gou om te sê maar Caroline en Manny se paadjie loop mooi. Ek het volle vertroue dat hierdie ‘n gelukkige einde gaan hê.

Die les wat ek geleer het, darem word mens nooit te oud om te leer nie, is dat ondersteuning eintlik al is om mens weer aan die gang te kry.  So ruk terug was een van ons inwoners so in ‘n diep donker gat. Ek het hom vir ‘n hele ruk nie gesien nie, en toe ek hom sien het ek geskrik.  Bietjie met ander mense gepraat en ons het planne begin maak om hom by ‘n Retreat in te kry. Die oomblik toe hy voel ons staan agter hom toe begin hy om homself te help. As mens voel jy staan alleen dan verloor mens moed. Die oomblik as daar ondersteuning kom skep mens moed en met moed kom mens vêr.

Fanus Rautenbach het gesê, ” volg my ek is reg agter jou”