swietie op die koek

Weer terug van die groot stad en sooo dankbaar om weer terug te wees. Sommer met die terugkom slag is daar ‘n verjaarsdag om gevier te word. Ons moet maar ons eie koek bak want as jy hier iets wil h√™ moet jy dit self doen. Terwyl ek so na die gaste om die tafel kyk, dink ek so by my sigselwers, wat ‘n interessante klompie mense en almal locals. 8 vrouens van alle ouderdomme. Die verjaarsdag meisie,, herbalist, pilatusinstruktrise,(Switserse afkoms) sangoma,” health and safety” prokureur, donkey care officer, meisie van South Carolina wat besig is met haar M oor die luiperds in ons berge, en ek, jack of all trades.

Kaasfondue soos net iemand wat daarmee groot geword het dit kan doen. Dan is daar groot straf vir die een wat sy broodjie laat val, en belangrik is die fondue-dans. Die kaas moet geroer word sodat dit nie onder vassit nie, en daarom vat jy eers ‘n walsie saam met die ander vurkies in die pot.

Hoe koel is dit. Dit was besonders lekker en daardie lekker Kirsh nasmakie wat glo net daar is om die maizina mee aan te maak. Dit werk vir my ūüôā

Sal nog ‘n blog moet skryf om die swietie op die koek te kan wys. Dalk is my blog ook besig om vol te word, want hy weier om nog foto’s op te laai.

Snoeisels

Sekerlik die grootste les wat ek hier geleer het is om maar saam te vloei. Niks keer jou om verwoed te swem  dat die biesies bewe nie, maar op die ou end is jy maar net weer waar jy was.

Dit werk so hierso. Hier is maar soos op alle ander plekke goeie mense en slegte mense.Die goeies welliswaar ook maar dun gesaai soos elders. So die heel belangrikste ding is om ‘n goeie familie te vind. So het ek die pad van die Page’s gekruis. Dus as iets gedoen moet word dan vra ek byvoorbeeld; wie ¬†sal ek nou kry om my bome te snoei?. Dan wag ek ‘n dag of ‘n week of twee, en uit die bloute sal die hek klingel en hier kom die sout van die aarde aan met hulle snoeisk√™re in die hand. Ons gesels so bietjie, dan stop ek ‘n papier in hulle hand , die twee stap so bietjie deur die boord, koppe bymekaar en ¬†die papiertjie met die prys op word aangebied. Net daar en dan glimlag ek breed want dis die helfte van wat die span, wat ¬†“profesioneel” en georganiseerd dit doen, sou vra. Later hoor ek dat hulle hier woon, maar hulle word aangery tot so v√™r as Porterville. As jy goed is, is jy goed. (sonder ‘n webwerf en gedrukte faktuurboek) Die ene Ronny was ‘n sendeling in Afrika √™rens, maar toe word sy pa siek, daarom het hy terug gekom McGregor toe.

Hulle het sommer dadelik ingeval al was dit so twee-uur se kant en gewerk tot laat skemer en die volgende oggend kom klaarmaak. Hierdie amandel-bome was nog nooit gesnoei nie en die Oom wat dit geplant het is afgesterwe, dus sal ek  nooit weet wat die filosofie daaragter is nie.Die seuntjie, ek skat hom so 10, het ook saamgekom en die snooeisels weggery met die kruiwa. Al langs die draadheining gepak sodat Minah kan ophou om onder deur die heining te glip. Terwyl ek besig was in die huis, het ek net die ritmiese knip knip van die skêre gehoor en dit het  harmonie oor die plek gebring. Sekerlik het dit iets te doen gehad met die hande wat dit vas gehou het.

As mens maar gelate beheer verloor dan werk dinge baie mooi uit. Julle sal dit nie glo nie, maar volgens my maan-kalender was dit twee baie goeie dae gewees vir snoeiwerk. Vandag sou baie sleg gewees het want dit s√™;” Avoid pruning, high sap run”

The Golden Rules to Functioning in a Corporate Environment

Hallo julle, ek was in ‘n situasie en het toe begin met hierdie stukkie informasie, ek is seker julle sal my kan help om tot by twintig te kom.

The Golden Rules to Functioning in a Corporate Environment.

  1. Most important, remember everything is about MONEY.
  2. Follow the trend; don’t take the risk to be different
  3. Don’t take responsibility, pass the buck otherwise you may land up, being the scapegoat
  4. Don’t work on trust, work on rules
  5. To solve a problem, add fine print to the rules.
  6. Don’t show respect towards your colleagues, it comes over as weakness.
  7. Use your colleague’s shoulders to climb to the top
  8. Use sponsorship and charity as a tool to get exposure
  9. Its ok to bend the truth, all is fair in love and war.
  10. It’s ok to live in fear, you get used to it.
  11. .

Na-fees blues

Dis wat ek die beste onthou van Aardklop. Vir maande word daar voorberei en dan loop dit tot by die klimaks wanneer die tente opgeslaan word en die fees was net ‘n geroesmoes en oorlewing vir my gewees en dan daardie sondagmiddag………….. ek het gewoonlik in die koor gesing, die heel laaste item, altyd ‘n Requiem, baie gepas sou ek s√™, en dan die laaste koffietjie. Strate verlate…ou vuilgetrapte plakate wat rondwaai… winkel-eienaars ¬†hangskouers van moegheid…….. dit is na-fees blues in sy ergste vorm.

Ons gedigtefees was besonder lekker. Dit het op ‘n baie ho√ę noot begin. Met ‘n windstorm, die Moeder van windstorms. ‘n Boom het op die kragdrade geval en die helfte van die dorp se krag was af. Ek was in daardie helfte. Daar is net een elektrisi√ęn, en die was besig ¬†op ‘n plaas, so ons moes maar wag. Half nege het die krag eers aan gekom. My vriendin se stoep en tuin was een van die venues. Die aand se vertoning het uitgepeuter, want krag het te lank geneem om aan te kom. Raai wat was haar venue se naam………Windsong.

Ek het nie een vertoning bygewoon nie, was te besig om kos te maak en te verkoop. Daardie stukkie was baie suksesvol, ons kon vandag die eerste hout koop vir die kas in my kamer, dat die klere nie meer oor stoele gedrapeer hoef te word nie. Het wel saam met die kinders in die kroeg beland en Toast Coetser het vir ons bietjie van sy rap gedigte impromptu voorgesit en ek het dit woes geniet. Het wyzelik besluit om nie na die volgende kroeg oor te skuif nie (Ja, sowaar! Ons het nou twee kroe√ę) ¬†Dit was maar vaal gesigte die volgende oggend aan ontbyt, wat om verstaanbare redes eers 12uur plaas gevind het.

Hier is vir julle ‘n foto van na-fees blues. Die venue is Windsong en dis Chris Wildman wat uitspan na die vertoning op die stoel.

 

Eg

Ek dink nie daar bestaan ‘n blokkiesraaisel sonder die meervoud van eg in nie. Altyd was dit net ‘n veraf wete, van dit is wat boere doen. Toe vandag word ek ‘n boer.

My piep klein stukkie plaas soos dit gelyk het. Lekker groen en nat van al die reen en gelukkig het die oom wilde hawer gesaai wat elke jaar opkom. Dit maak die grond “ryk en lekker” as jy dit inwerk.

 

Kyk hoe mooi is die grond. Ek het lekker gekry tot in my diepste wese in. Sal ook nooit daardie reuk vergeet van nat grond met trekker-rook gemeng nie. Dit was ‘n groot oomblik.

Oom Boetie Janse se trekkertjie.

Mensig maar oom Boetie kan gesels, ek wens net ek kan al sy s√™-goed onthou. Die een wat my die meeste vermaak het was oor die kliniek, en hoe hy daar moes medisyne gaan haal het nadat hy in die hospitaal beland het met ‘n beenbesering. Seg hy vir my hoe die nurse toe sommer vir hom wil ho√ę bloeddrukpille gee en hy weet mos hy makeer niks. Dis die kliniek wat sy bloed so op stoot. “Man” s√™ hy vir my ” ek is mos besig die hele dag wannneer gaan die bloed nou kans kry om op te kom.”

So daar is nou ons antwoord, sitwerk en ledigheid gee bloeddruk tyd om nonsens aan te jaag.

Voila

En Voila daar is my kleine boekie warm uit die oond.

Dit is ook nou amptelik. Iets word mos amptelik as jy dit erken en bevestig. Ek is ‘n opgaarder. My borde is uiteidelik teen die muur en nou voel huis soos tuis. Elke liewe bord het ‘n storie. Die witte in die middel was my ouma se vleisbord. Daardie twee wat die boonste ry se eindpunte maak is die oorblyfsels van my heel eerste eetstel wat ek nog in Knysna gekoop het met my vakansiewerk-geld. Die geelbord het my pa se broer gemaak. Hy het van ‘n trappie afgeval toe hy 4jaar oud was en het breinskade opgedoen. Later jare het hulle hom geleer om met pewter te werk. Die swart bord het ek een jaar baie lank terug by KKNK gekoop, by ‘n stalletjie met oudhede. Om die waarheid te s√™, dit was die tweede KKNK, Dit was die eerste keer wat ek ‘n swart bord gesien het, nog boonop met blare en trosse geglasuur. Dit was liefde met eerste oogopslag.

Ek gaan julle nie verder verveel nie, maar ek hou van stories om my, dit laat my so ryk voel! Daar is mos nie fout om herinneringe in vorm op te gaar nie, is daar?

pekans

Hier is my pekan-neut bome. Die een met die geel blare ¬†bo het ongelukkig kanker. Die hooftak moet uitgesny word en dan moet ons net hoop en bid die gesonde sytakke sal opgroei. Gelukkig is hier ‘n boomdokter, maar hy gaan ook weg. Nog ‘n lang storie vir ‘n ander dag.

Maar natuurlik moet hierdie neute geoes word en dis nou ‘n perd van ‘n ander kleur. Soos Lora s√™; obsessief progressief, ek gaan gou uit om te kyk hoekom blaf die honde en dan sien ek ‘n neut, en dan sien ek nog een en dan vou ek die punte van my t-hemp om, omdat my hande te klein word en teen die tyd dat ek terug in die huis is het die wasbak oorgeloop of die kos verbrand. Nooit gedink dis moontlik nie……maar dit is…….

 

 

Hier l√™ ‘n klomp op die droograk anders muf hulle. Ek het groot skade gehad in die middag en oggend terwyl ek getrek het,met vrugte diewe. Die kinders van die oudorp het hier toegesak. Tannie Ina van die winkeltjie het ges√™ hulle het die volgende dag met sakke pekanneute daar aangekom om te verkoop. Sy het dit nie gekoop nie want sy weet dit was gesteel. Laat die middag van ons eerste dag hier, spring Minah op en blaf verskriklik met die ander twee agterna. Ek probeer kyk wat aangaan en so tussen die blare deur sien ek twee swart broekspype met wit tekkies wat in die lug hardloop om oor die heining te kom. Die volgend dag was daar ‘n paar kinders wat deur die hek wou kom, die honde het gestorm en ons het die kinders hoor gil tot in Voortrekkerstraat. Hulle hoef nie te weet dat my honde eintlik opgewonde was omdat hulle gedink het dit is speelmaatjies nie. Daaroor bly ons tjoepstil. Die boodskap het egter vinnig geloop, ons het nog nie weer besoekers gehad nie Ek plant in elk geval maar die heining nou vol bouginvilla en stekelrige goed, want dis maar die beste manier ongewenste diere en mense uit te hou, en ‘n slap draad…..Dis baie moeilik om oor ‘n slap hiening te klim het julle al daaraan gedink?