Voila

En Voila daar is my kleine boekie warm uit die oond.

Dit is ook nou amptelik. Iets word mos amptelik as jy dit erken en bevestig. Ek is ‘n opgaarder. My borde is uiteidelik teen die muur en nou voel huis soos tuis. Elke liewe bord het ‘n storie. Die witte in die middel was my ouma se vleisbord. Daardie twee wat die boonste ry se eindpunte maak is die oorblyfsels van my heel eerste eetstel wat ek nog in Knysna gekoop het met my vakansiewerk-geld. Die geelbord het my pa se broer gemaak. Hy het van ‘n trappie afgeval toe hy 4jaar oud was en het breinskade opgedoen. Later jare het hulle hom geleer om met pewter te werk. Die swart bord het ek een jaar baie lank terug by KKNK gekoop, by ‘n stalletjie met oudhede. Om die waarheid te sรช, dit was die tweede KKNK, Dit was die eerste keer wat ek ‘n swart bord gesien het, nog boonop met blare en trosse geglasuur. Dit was liefde met eerste oogopslag.

Ek gaan julle nie verder verveel nie, maar ek hou van stories om my, dit laat my so ryk voel! Daar is mos nie fout om herinneringe in vorm op te gaar nie, is daar?

22 thoughts on “Voila

Los โ€™n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.