Gistermiddag kry ek ‘n oproep. Dis Caroline. Sy was my huishoudster en vriendin toe ek nog in Fochville gebly het. Vir 18 jare lank en nog daarna met krisistye. Sy noem my Ma. Sy het my kinders groot gemaak, sy het my bygestaan soos my skaduwee, Sy is die sout van die Aarde. Haar jongste kind se naam is Monica, die twee meisies gaan goed aan, dis net die seun…….
Dis die stem van ‘n desperate ma. Haar middelkind Manny, wat ek sien grootword het, sagte kind, is deurmekaar met dwelms en sy is desperaat. ” Almal praat net maar niemand help my nie” was haar woorde.
Dis payback time vir my, ek moet haar help en ek wil haar help maar ek sit 1000km van haar af. Wat ek nodig het om te weet, is daar êrens in daardie wye omgewing ‘n rehabilitasie sentrum of nog beter ‘n soort van ‘n veldskool waar sulke kinders weer terug op die pad gebring kan word.
Asseblief help my,
groete,
monica.
Monica kontak Famsa SA jy sal hulle besonderhede op die internet kry en hulle sal jou dalk kan help met meer inligting
@adage Dankie ek volg dit op.
Jy het gevra almal moet lees, en ek het, al het ek ongelukkig nie raad of kennis om te deel nie. xx
@modderkoekie Darem ondersteun jy
dis belangrik
Ek weet daar is ‘n plek op van der Bijlpark wat deur die polisie, maar ook onafhanklik van die polisie bestuur word. Hulle het blykbaar goeie resultate. As sy wil kan sy die polisie daar kontak en met kolonel Scheepers praat
@Carol R. Dankie Carol ek het dit opgevolg
hoop julle kan regkom!
@rosiemetdorings Ek het nie ‘n opsie nie, plan gaan ek maak
Dis nou ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers en ja, dis payback time vir jou. Hoop jy kom reg.
xxx
Dankie
Ek sien hier is darem ‘n paar bloggers met ‘n plan. Laat asb. weet wat gebeur dan kan mens in die toekoms dalk ook iemand help?
@tina10 Dankie, sal ‘n opvolg skryf sodra daar een is om te skryf
Eish!
Van Fochville weet ek net dat dit na aan Carletonville is.
@kompethenry, Net oor die bult en die meeste mense werk by die myn.
Deelkraal Estate
018 7855847
1 Deelkraal Dve, Deelkraal
Carletonville (North West)
Drug Rehab Centre
HomeMapsTelephone SearchPostal / dialling code SearchProductsBrabys MobiAdd your listingAnanzi SA searchProperty All Regions Eastern Cape Free State Gauteng Kwazulu-Natal Limpopo Mpumalanga North West Northern Cape Western Cape Angola Botswana Lesotho Malawi Mauritius Mozambique Namibia Seychelles Swaziland Tanzania Zambia Zimbabwe Submit your BusinessS A N C APhone: 018 786 1833
Email: sancacarletonvil@mwebbiz.co.za Physical Address:
Off5, 2 Palladium St, Carletonville, 2499
Postal Address:
PO Box 7013, Oberholzer, Carletonville, 2502
Business categories:
Drug – Alcoholism Dependence Info & Rehabilitation
S A N C A
Phone: 018 786 1833
Email: sancacarletonvil@mwebbiz.co.za
Physical Address:
Off5, 2 Palladium St, Carletonville, 2499
Postal Address:
PO Box 7013, Oberholzer, Carletonville, 2502
Business categories:
Drug – Alcoholism Dependence Info & Rehabilitation
@zephur, dankie Zepitustra ons het daar uit gekom.
Monicelix maar dan is dit als cool