Vuur en versperrings.

So het ons ook ‘n deeltjie indringer moles gehad. My dogter was vroeg die oggend Robertson toe, en met die terugkom slag was die pad versper. Na so 15 minute het sy besluit om maar te ry. Die polisieman het haar die ompad beduie. Terug Robertson toe, met ‘n agter-paadjie tot by die Ashton-pad, oor die pad en dan met Klaasvoogds-pad tot by  Bonnievale. Vandaar op Stormsvlei-pad, afdraai oor Boesmansrivier op grondpad tot by McGregor. Omtrent so 80km draai. Maar wat verstommend is, is dat behalwe vir nog enkele ander karre, het die res van die mense net daar bly sit, in die warm son tot laat middag. Is dit nie bietjie onparaat nie? Net Ceres se boere het met ‘n plan vorendag gekom. Die plan wat ek sou maak is om net een slang (darem wat klaar ontgif is) tussen hulle in te gooi. Hulle sal nie eers vir die bus wag nie, hulle sal reguit Kaap toe hardloop, en nooit weer terug kom nie. Daar het welliswaar ‘n baie hoë heining by ‘n nuwe plaashuis langs die pad, tevoorskyn gekom. Letterlik oornag, en dit kon net sy werkers gewees het wat hom gehelp het. Die storie wat die media uitdra is redelik ver van die waarheid af. Die oorgroot meerderheid hier is kleurling werkers, en hulle het nie ‘n probleem nie.Hulle het wel ‘n probleem met swart mense, en na hierdie debakel is daardie kloof nog groter. Hulle kan mos so almal gelyk praat en hoe groter die storie hoe heftiger praat hulle, vinknes se moses, Daaruit het nie een goeie woord vir die staking uitgekom nie.Ek dink hoe harder Cosatu probeer om veld te wen hoe meer skiet hulle hulleself in die voet. Op die dorp en naby omgewing was dit stil en rustig, asof niks gebeur in die Wes-Kaap nie.

 

 

 

 

 

 

 

Onthou om te kliek op die foto dan kan mens beter sien.

18 thoughts on “Vuur en versperrings.

  1. Genade, Mons! Smaak my ons boere is paraat vir more-oggend. Kinders wat in ons skool is, se ouers het reeds vandag kennis gegee dat hulle nie more skool toe gaan kom nie, want hulle woon op plase langs die N7.
    Ek is dankbaar jou dogter is ongedeerd.
    xx

    • loudavisa@ Dis beter so maar aan die ander kant kom hulle weg daarmee, want dis eintlik ‘n politieke spel, en dit maak my kwaai……

      Ek is ook bly en sy het darem ‘n avontuurtjie gehad hier waar niks die heeltyd gebeur 🙂

        • Kelkiewyn@Jy kan nie glo hoeveel uiteenlopende stories ek vanoggend op Robertson gehoor het nie, ek dink dis net waar jy op daardie sekond is. In the eye of the beholder Maar op ligter noot, ek en my seun het verlede naweek Swartbergpas gery en net voor die pas het daar so stuk of dertig koeie uit ‘n hek tevoorskyn gekom met hulle twee aanjaers of wat mens hulle ook noem. Binne ‘n ommesientjie was ons omring deur hierdie klomp koeie, en daar is seker niks meer vreedsaam as ‘n koei nie, maar dit was erg intimederend veral omdat die koeie hoër was as ons kar 😉

  2. Monica, ek is soooo gatvol vir mense soos blikskottel se stront.

    Anyway, op my gawe dorp traai so klein groepie hulle bes om oproerig te raak, en vanoggend het een of 2 ‘n paar rubberkoeëls ervaar en dit was die einde van dit.

    Anyway, almal kan nou weer oe en a en much ado about nothing.

    Uiteindelik is dit inderdaad polities gederwe met rentacrowds wat per bus ingery word om te toi toi.

    Jy is 100% reg, die gewone inwoners, swart en bruin wil eintlik niks te doen hê met die Fransman en Eirenreich se opstokery nie.

    Bygesê, dat die miljoenêrs van De Doorns hulle werkers net R 65.00 per dag betaal is ‘n skreiende skande !!

    • Petrus Pap se Oefenkamp@Ek draai maar ‘n blinde oog vir party blogs, wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie 😉
      Die groot probleem is insig, nie een van die ouens insluitende Zuma verstaan wat gebeur nie, en dan loop haal hulle sommer stokou griewe uit en gooi dit ook sommer oor die boeg. Die bottom line,hier is net teveel mense op die aarde van ons, en wat jy saai sal jy maai aan alle kante, party goed kom sommer binne drie dae op as die klimaat reg is.

  3. Monica, dankie vir jou kalm gesprek en vredeswense. Vanoggend vroeg op pad dorp toe (Ceres) het ek n ouma van een van die plase langs die pad opgelaai, sy vertel dat twee van haar. seuns op Kromfontein in die Koue Bokkeveld woon en werk en dat al die bruinmense douvoordag uit hulle huise gedwing is met vuurwapens en moes marsjeer en die pad blokkeer en ook die veld aan die brand steek. Hulle is baie gespanne oor wat dalk volgende week op die appelplase gaan gebeur. Ek hoor op die dorp dat selfoonoproepe uit die Kaap gemonitor word en dat die groot boere privaat sekuriteitmaatskappye aangestel het, een van hulle was by Spar om kosvoorrade te koop, met sy wapen en koelvaste baadjie sigbaar!
    Ondertussen word die hawer en ander grane gestroop en gebaal en gras kort gesny langs die pad. Naby die swart buurt is alles alreeds swart verbrand. Niemand wil te veel se nie maar baie boer het nou radiioverbinding en satelliettelefone. Du Toit Boerderye het n volbladbrief in die plaaslike koerantjie geplaas en gewaarsku dat hulle dit sterk oorweeg om met minder arbeidsintensiiewe boerdery te begin en selfs oor te skakel na meganisasie. Hou maar duim vas vir hierdie boere!

    • @skaawagter. Weet jy, as mens die ergste verwag is dit wat jy kry, en as jy die goeie verwag is dit wat jy kry. Dit hang net af waar jy jou energie sit, ek is bevrees dit het ‘n lewenswyse geword om slegte goed te verwag, en dis presies wat dan gebeur en dis waarmee ons, ons eie ondergang bewerkstellig. Ek verstaan nie dat mense dit nie kan insien nie.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.