Fracking

Val sommer met die deur in die huis, want dit is die eerste wat ons gesien het toe ons die klein dorpie, Prince Albert inry. Op die Leesfees se program is ‘n debat oor Fracking.

Ek gaan nou vir julle my indrukke gee van die debat, want toe ek met verskeie mense gesels oor die debat het ek met tye gewonder of ons by dieselfde debat was. Ek gaan nou sekerlik op tone trap,maar dit is ook maar so.

Dit was ‘n baie lewendige debat en die kundigheid vanuit die gehoor was besonders.

 

Die persoon wat die debat gelei het was Colin Bower, een van die inwoners en hy kry elf uit tien daarvoor.

Hy sit in die middel. Aan die linkerkant met “Don’t Frack with our Planet” op sy bors is Jonathan Deal. Hy het ‘n koffietafel-boek geskryf, Tmeless Karoo. Maar hy woon in Durbanville en het ook met die grootste 4×4 wat

ek nog ooit gesien het daar aangekom.Toonbeeld van ‘n ietsie in die veertig, suksesvolle Afrikaner wat sukses het met alles wat hy aanpak. Verloor is nie in sy verwysings raamwerk. Ek dink hy het per toeval in die posisie beland maar sulke mense is nodig. Die man met die wit hoedjie en knik van die oog, rooi blommetjie is Ivo Vegter. Vryskut joernalis met ‘n wye genre en skrywer van Extreme Environment. Pro Fracking, uit die aard van die saak.

Hy het die boek in opdrag van sy redakteur gedoen, en watter joernalis, met ‘n yl joernalis salaris, sal nie die kans met albei hande aangryp nie. Daar is die agtergrond. Ek gaan nou nie in meer detail ingaan nie, maar uit die aard van die saak het die stemming uitgewys dat die anti-fracking by verre in die meerderheid is, maar wat kan jy dan ook verwag, want dit was in ‘n Karoo-dorpie. Ek was een van die meerderheid maar om heel ander redes.

Na die debat het ek met verskeie mense gepraat, en dis hoofsaaklik, “not in my backyard”. Hoofsaaklik om persoonlike en finansiele redes, want kyk, hulle glo eenvoudig nie aan less is more nie. more is more en hoe meer hoe beter.

As ek ‘n stelling maak  “as ons almal ons lewenswyses afskaal, een huis een kar een badkamer, dan hoef ons nie te frack nie” kyk hulle my aan asof die kat my ingedra het. Al hierdie goed gaan oor geld en gemak, en nie een van hulle het holisties gedink nie. Holisme is nie ‘n term wat hulle hoegenaamd aanstaan nie.

Wat my ook opgeval het is die kontras tussen die ware Karoo-mense en die wat ek noem die Nieu Karoo’s. Die mense wat al geslagte daar woon is sulke deurwinterde mense, in die goeie sin van die woord. Dis nie mense wat op die Aarde woon nie, dis mense van die Aarde, een met die natuur, wat die Karoo gered het van woestyn raak. Hulle het ‘n aura om hulle van gelatenheid deur die Genade van God. Hulle stry of baklei nie want hulle weet hulle is uigelewer aan die mense wat nie begryp nie, en hulle is by verre in die minderheid.

 

Maar gelukkig was Antony Osler daar met sy nuwe boek, Zen Dust. Karooboer naby Colesberg, en ‘n Buddhis. Fyn sin vir humor en ‘n sagtheid van vrede om hom. Hy het mense eers aan die huil gehad en toe aan die lag. Hy noem dit ‘n Non-Selfhelp Book ;-)  aan die begin is ‘n  aanhaling, klein geskryf in eenvoudige letters.

Uit Japanees vertaal om in SA aan te pas, hy sê skalks; hy is seker hulle sal nie omgee nie.

“The party is over

Listen

One clear song turns the raft around.”

Ek hoop tog so dat die mense tot hulle sinne sal kom, en dat Die Karoo die skending gespaar sal bly.

Gaan koop die boek, sien die anderkant van die spieël. Dit was ‘n voorreg en hernude inspirasie om hom te ontmoet. O ja en die boek is nie oor fracking nie, dis oor om weer een te raak met die aarde, ons het mos losgeraak en aan besittings vasgeraak.

15 thoughts on “Fracking

  1. Pingback: Rodin, die Denker |

  2. Die gemiddelde Belgiese gesin het nie 2 motors nie. Die publieke vervoer is egter sodanig dat dit nie ‘n issue is nie. Ons is al hier vir ‘n jaar sonder ryding en kan kom waar ons wil wees – gaan tot by vriende kuier met die bus.
    Ek sal net nie graag die 2e badkamer wil opoffer nie – onthou nog die gevegte uit my kinderdae indien iemand (meestal ekke) wou ontspan en ‘n ander was haastig

    • Dis soos die hen en die eier. Kaapstad het nou die wonderlike busdiens, maar is nou in finansiele moeilikheid want nie genoeg mense gebruik dit nie. Hulle sal dit seker eers gebruik as petrol R50.00 ‘n liter is.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>