Pad vat.

More-oggend vroeg vat ek en my seun die pad Prince Albert toe.

Dis mos die Leesfees en ek het nog nie verder as Barrydale

gekom van hier af nie, so ek het nuwe dorpe om te ontdek soos

Van Wyksvlei. As ek terugkom sal ek julle sê of dit Vanwyksvlei

is of Van Wyksvlei.

Dan moet ek nog iewers ‘n rerige morsige roomkoek soek, net vir

ingeval want Ivo Vegter is ook daar…….en ek wil heel voor sit.

As een van julle dalk daar is druk ‘n roos in jou oor dat ons

mekaar kan raakloop.

Lekker naweek vir julle!

16 thoughts on “Pad vat.

  1. ek is baie erg oor Prins Albert.
    Hoop nie die rose skiet wortel in daardie ore nie. 🙂
    My ma het ons altyd teruggestuur badkamer toe om ons ore te gaan was met die woorde : mens kan nartjiepitte daar plant dan sal dit groei! Ek het altyd gewonder hoe lyk iemand met nartjiebome in die ore

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.