Swaeltjie-gesin.

             So ‘n week terug ontdek ek ‘n dooie swaeltjie in my garage. Ek het baie sleg gevoel daaroor want dit was my skuld. Hy moes daarin gevlieg het, en ek het vir omtrent vier dae nie my kar gebruik nie, so hy kon weer uit vlieg nie. Hulle het ‘n nessie gebou op my klein-stoepie bo-op die buitelig. Nodeloos om te sê ek gebruik nie nou die lig nie want hoe warm sal hulle nes dan raak. Die ander swaeltjie het baie fluks letterlik van sonsopkoms tot sonsondergang kos aan gedra vir die babies.

            Gisteraand gooi ek vir Maya die bal op die gras. Uit die hoek van my oog sien ek hoe kruip Sarah-hond na die kat toe, eienaardig optrede, die volgende oomblik vlieg die voëltjie oor my kop. Toe het Emma die swaeltjie gevang, Sarah het haar gepla en so ontsnap die swaeltjie toe. Die res van die aand is ek kort kort by die nessie, en die babies piep vir ‘n vale. Ek stap toe later die veld in om te kyk of die swaeltjie nie êrens lê nie. Later uit moedeloosheid en met ‘n baie swaar hart het ek ‘n kersie op die venster bank aan die brand gesteek en rerig ‘n baie ernstige gebed opgeskiet. Vanoggend is hier net ’n aaklige swanger stillte wat om die nessie hang. Ek begin die mis op die vloer ondersoek om te kyk hoe vars dit is. Nou is ek nie eintlik ‘n kenner van voëlmis nie, so ek word ook nie eintlik iets wys nie. Nou-nou stap ek hier uit en tweet tweet ‘n hele koor uit die nessie uit. Ek kan nie ophou glimlag nie, ek is so bly ek salsa sommer hier om die tuin, (raai wie kyk 7e-laan) Soos ek hier sit en tik gee die swaeltjie ‘n tweet, sommer twee, hulle is mos voëls van min tweete. Ek is nou meer oortuig as ooit, ‘n kersie wat brand, stuur ‘n gebedjie met turbo op….

Partykeer is dit ‘n vreeslike gewone insident wat mens perspektief gee. Dit is baie harde werk om enkelouer te wees. As ek nou vir hierdie swaeltjie moet vra of sy regkom, sal sy sê; ja natuurlik. Maar sy sal dit sê omdat sy so fokus om die bekkies vol en stil te kry, dat sy nie eers besef dat sy twee se werk doen nie.  Ons kan gerus baie meer moeite doen om enkel-ouers te ondersteun. Ek gaan nou google wat eet swaeltjies en more gaan ek begin goggas vang. En wat my betref kan hierdie hopie voëltjiemis maar groei en groei, vir die eerste keer is ek baie bly dis daar.

26 thoughts on “Swaeltjie-gesin.

  1. Ai ek is so bly vir jou en die voëltjies. Ek het so met ‘n kattgesinnetjie wat by my aangekom het en toe weer weg is en nou weer van Sondag af terug is, maar die swart katjie is weg.

  2. jare terug ‘n nessie reg by voordeur gehad. H het raampie gemaak en net onder nessie ingesit om gemors op te vang

  3. Monicelix die swaeltjie whisperer…

    Hoop die kleingoed word groot…want volgende jaar kom hulle terug na die plekkie op die stoep.

  4. Jip, dis as hulle nie verdwaal met al die satelietstrale wat meeding nie. Ek het darem al twee snywurms en ‘n papie op die vensterbank gesit en hulle is weg ;-)

  5. Ek het dit dadelik gaan lees dankie! Nou weet ek ook sommer hoekom my bye al minder word. Tenminste is hier baie bye agter al die blomme aan, veral die pampoene en die boontjies blom nou vol. Sommer hier voor haar nes.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>