Olyfboom

Leon het vir my hierdie ongeleeflike mooi foto gestuur van ‘n duisende-jare oue olyfboom.

 

 

 

” The olive tree is surely the richest gift of Heaven”

Thomas Jefferson

 

Vir meeste van ons was die eerste kennismaking seker met die takkie wat die duif terug gebring het na Noag se ark, maar by oorlewering kom dit al van Zeus se dae. Ek dink ook meeste Suid-Afrikaners het onlangs eers leer (met klem op die leer) olywe eet.

My persoonlike ondervinding kom vandat ek my oë oopgemaak het. In Johannesburg was ‘n winkel met die naam Porters. Op gereelde basis het my tannie daar op grootmaat, dis nou balies, kos gaan koop en dit dan opgedeel tussen al die huishoudings. Kos soos olywe, burgal, halva, tahina, ens. Geskiedenis het ook vir ons gewys dat die meditireense eetgewoontes baie gesond is.

Oor die jare het ek klomp brokkies kennis oor die olyfboom bymekaar gemaak. Die olyf staan bekend as “Noble Fruit”. Die olyfboom is die enigste boom, in sy wilde vorm, wat dwarsdeur die jaar vrugte dra. Dit word ook gese dat die bome teen die kranse langs die see gegroei het. Van die vrugte het dan in die seepoele beland, mense het daaraan geproe en dit was eetbaar in teenstelling met die vrug pas gepluk. Dit is dus hoe die gewoonte ontstaan het om olywe in soutwater in te lê.

Op ligter noot, hier is ‘n omie in die dorp wat met ‘n blink plan vorendag gekom het, vir die eerste proses waar die olywe net in skoon water gelaat word en dan twee keer per dag word die water vervang. Die perfekte oplossing is om dit in die reservoir van die toilet te gooi dan word dit sommer gereeld deur gespoel. Dis eintlik ‘n briljante plan, maar niemand het dit nog gebruik nie.;-)

In ons ou landjie sal ons nou nie so boom raakloop nie. Ek twyfel of ons so wingerd eers hier sal hê. Dis natuurlik iets wat my geweldig pla. Ons is ‘n volkie wat hou van uitruk en afbreek. Ek wonder of dit is omdat ons soveel goedkoop arbeid het? Ruk ‘n wingerd uit, daar is mos baie hande wat gou weer ‘n nuwe een gaan plant. Sloop die ou huis daar is mos baie geld in die bank om gou weer ‘n nuwe een te bou.

Die ou boom is ‘n baie goeie voorbeeld van evolusie. Natuurlike seleksie, oftewel die sterke word sterker en die swakke sterf uit. Hierso gee niemand iets ‘n kans om daardie weerstand op te bou nie. Dit bring my by die onstellendste nuus van alles. Die kaptein het gisteraand laat val dat Suid-Afrika nou die 4e grootste produsent ter wereld is van GM voedsel produkte. Wie van julle lees die etikette voor julle kos koop?

18 thoughts on “Olyfboom

  1. Interessant. Ek is versot op olywe. Ek stem ook saam wat die uitruk sindroom betref en ek soek soms lank na “natuurlike” voedsel – of dit noe groente, vrugte of vleis is.

  2. dankie vir jou groot aandeel daarin. Jy kan maar gerus vir my nog stuur, ek dink ek sal nogals goed in daai wereld van jou aard ๐Ÿ™‚

  3. olywe is eenvoudig en eksoties gelyk. Dis ‘n bewustheid oor kos en waar dit vandaan kom wat ons verloor het, en dis alles tot nadeel van onsself.

  4. Ai, die verplante Potchefstroomer het haar in Eden gevestig! Ek lees eenkeer ‘n storie van die ou oom op ‘n huweliksonthaal wat deur die menigte gaste in ‘n hoek vasgekeer word naby ‘n tafel wat kreun onder lekker dinge, maar al wat hy te eet te kry is “Daai pruime wat in die pie gelรช het “!

Los โ€™n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.