Profile photo of rolienv

by

Emmers vol geloof

Oktober 2, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie is nie my storie nie, ek ken dit ook nie goed nie, maar wil dit graag vertel .

‘n Chinese man wat eendag by ons geëet het, het die storie vertel omdat my kinders hom uitgevra het oor sy geloof en hardop gewonder het of Buda hemel toe gaan.Die manier waarop hy die gesprek hanteer het, het my so beïndruk dat dit my opinie oor ander gelowe en Budiste verander het. Hy was nie net volwasse genoeg om dit te hanteer nie, maar het genoeg karakter gehad om vir hulle ‘n morele voorbeeld te wees en te min ego om die aanval op sy geloof persoonlik op te neem. Die man het besef dat hulle groot geword het met net een geloof en nie verstaan dat daar baie ander gelowe is nie, hulle het aandagtig geluiser en het daarna beslis beter verstaan.

 ‘n Baie arm Chinese gesin het baie gelukkig gewoon en het elke dag in geloof geleef sonder dat dit ‘n godsdiens was. Die man het elke oggend die huis verlaat om te gaan visvang vir die gesin en die vrou het vas geglo hy gaan met ‘n vis terugkom en het klaar gemaak met die huis en die kinders sodat as hy saans tuis kom alles perfek was. Tafel was reeds gedek en alles was gereed om net daardie vis gaar te maak . Hulle het elke aand ‘n feesmaal gemaak van die vis wat hy huis toe gebring het. Die man het met tye van die vi swat hy gevang het vir die hander mans gegee wat nie gevang het nie, en met tye as hy niks gevang het nie, het hulle vir hom gegee.Hulle het nooit huis toe gegaan sonder kos nie.

 Soos die man ouer raak het die hy begin siek raak en toe hy op sy laaste was het sy vrou bitter gehuil en gesê sy sal nie sonder hom kan oorleef nie, want sy kan die visvang nie nie. Sy was gewoont daar aan om te wag vir voorsiening. Die man het geweet hy is besig om te sterf en kon nie sy vrou so hulpeloos agterlaat nie. Hy het geweet dat sy vrou honderd present geloof het in sy voorsiening en het toe sy vrou in geloof gelaat. Hy wou haar nie afhanklik maak van ander se geloof nie. Hy het vir haar gesê sy moet elke dag ‘n emmer vat en by die water gaan sit, sy moet net wag tot die vis in die emmer spring en dan kan sy maar huis toe kom. Die vrou wat so goedgelowig was het nie vrae gevra of getwyfel nie.

Vir lank daarna het sy en die kinders afgegaan na die water met die emmer en dan het hulle gewag totdat die vis in die emmer spring en dan het hulle huis toe gegaan, want haar man het so gesê. Sy het in volle geloof gaan sit met die verwagting van ‘n vis wat in haar emmer sou spring.

 Eendag het daar ‘n man gesit en gevra wat hulle doen.Sy het toe in volle geloof vetel dat hulle wag vir die vis om in die emmer te spring. Die man het gelag en gespot met hulle en hulle verseker dat ‘n vis nie sommer in die emmer spring nie, jy moet dit vang. Sy is belaglik om so te sit en wag. Die vrou en die kinders het begin twyfel en het nogal onseker en verspot gevoel so voor ‘n leë emmer, en toe hulle om hulle kyk het hulle gesien die ander lag vir hulle. Hulle het visstokke en nette gehad. Die vrou en haar kinders is toe huis toe en het nooit weer ‘n vis in die emmer gevang nie. Sy het met tye weer daar gaan sit voor die emmer as daar niemand anders was nie, maar haar geloof was geknak en haar kinders het geloof in hulle ouers verloor.

 Hulle was van daardie dag af afhanklik van ander se gunstes en gawes. Die storie is bleikbaar ‘n ou volksverhaal onder die Chinese maar het dit nog nooit weer raakgelees nie, sou graag wou, as iemand miskien die oorspronklik storie het, maar die waarde van die storie is min of meer dat ‘n mens ander se geloof moet respekteer. Dit is vir hulle die waarheid, al maak dit nie vir jou sin nie, gun elkeen die Vryheid van geloof.

14 antwoorde op Emmers vol geloof

  1. Nice – en – as jy iets glo – hou daaraan vas – wat ek dink of doen of sê verander dit nie, want dis joune…

  2. Verdraagsaamheid is beter as onverdraagsaamheid maar is dit moontlik om met liefde saggies te suggereer dat n liefdevolle lewe sonder blinde geloof moontlik is ?

  3. lora2me het gesê op Oktober 2, 2011

    Geloof is eintlik ‘n baie persoonlike ding en ek dink jy raak met die storie die essensie daarvan aan, nl. dat jy glo wat jy glo en weet wat jy weet en jou dus nie moet steur aan wat ander daarvan sê nie. Ek glo bv. persoonlik, en die Skrif sê dit ook, dat niks vir die Opperwese onmoontlik is nie en ek ervaar dit dus elke dag.

  4. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    Ek glo dit ook en kan dus ver verby my eie vermoens beweeg en daar waar ek op my bangste is rus vind.Dankie vir die lees en kommentaar.

  5. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    As jy sonder geloof lewe kan jy beslis in liefde sonder dit lewe. Liefde maak nie geloof minder of andersom nie.Dankie vir inloer en kommentaar.

  6. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    Jip!Elkeen stap sy eie padjie!Dankie vir die inloer en lees!

  7. 🙂

  8. MEleroux het gesê op Oktober 2, 2011

    Goeie storie. Dit bevestig ook my ou skrywes oor die krag van jou gedagtes. Jy kan as’t ware jou eie sukses en gesondheid bedink met jou positiwiteit en geloof, net soos wat jy jouself in armoede en ellende kan dompel met negatiwiteit, vrese en ongeloof.

  9. TS het gesê op Oktober 2, 2011

    Ja Dis ‘n persoonlike iets wat jou waardes bepaal Daar is geen geloof wat mense aanmoedig om ander te benadeel nie.

  10. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    Daar is ongelukkig, soos satanisme, heksery en vudu…daar is nogal baie negatiewe gelowe.Ek dink die negatiefste van almal is ongeloof.Baie dankie vir inloer, bly om jou weer hier te sien, was soooo lanklaas op my blog.

  11. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    Sal gaan loer, kom deesdae maar min hier op my blog.Ja dink daar is baie krag in positiewe denke, maar is oortuig dat ons verby positiewe denke moet kom om waarlik in geloof te kan stap.Brain power en mind power hou ons met tye terug van iets bonatuurlik en groter as ons eie verstand.Dit is my oortuiging dat ons ons moet oorgee aan ‘n mag wat ons verstand te bowe gaan, dan kan ons sweef.Maar ja ons sal niks regkry as ons nie eers sover kom soos positief wees nie.Lekker om jou hier te sien, en dankie vir lees en kommentaar.

  12. rolienv het gesê op Oktober 2, 2011

    Dankie vir lees en kommentaar.Lekker aand.

  13. Daai ou wat so iets vir sy vrou vertel het is verseker ‘n bose doos.

  14. rolienv het gesê op Oktober 31, 2011

    Of ‘n ou Blikskottel soos jy, dankie dat jy gelees het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.